Jacques Burger gesels oor Saterdag se maak of breek wedstryd - July 18, 2025
Namibië se nasionale rugbyspan moet nog oor een hekkie kom om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Die hekkie is in die vorm van Zimbabwe, in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker-toernooi in Uganda. Afskop in die wenner-vat-alles stryd is Saterdag om 3-uur Namibiese tyd. Die direkteur van die Namibiese Rugby-unie […]
NamPol het kommer oor visvang by Goreangab, onwettig en onveilig - July 18, 2025
Adjunk-kommissaris Chrispin Mubebo, NamPol se Khomas streekmisdaadondersoek-koördineerder, is bekommerd oor die voortgesette onwettige visvangery by die Goreangab-dam. Hy waarsku dat mense kan verdrink sonder dat enigiemand dit agterkom. Die dam is ook nie bedoel om vir swem, visvang of ander ontspanningsaktiwiteite gebruik te word nie. Mubebo vra dat inwoners die beperkings gehoorsaam vir hul eie […]
Maimane sê SA se moordsyfer vergelyk met oorlogsone - July 18, 2025
Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy nie die land se moordkrisis aanpak nie. Maimane het in die parlement die meer as 26 000 moorde verlede jaar vergelyk met ‘n oorlogsone. Hy vra Ramaphosa om beslissende stappe te doen. Maimane beklemtoon onmiddellike optrede word benodig, veral […]
Geporteerde migrante word alleen aangehou – Eswatini - July 18, 2025
Eswatini se regering sê die vyf buitelandse misdadigers wat van die VSA na die land gedeporteer is, word in geïsoleerde gevangenis-eenhede aangehou. Die vyf mans is van Jamaika, Viëtnam, Kuba, Laos en Jemen. Eswatini se waarnemende regeringswoordvoerder, Thabile Mdluli, sê in ‘n verklaring die regering erken die wydverspreide kommer oor die deportasies, wat gekom het […]
Brand in Irak-hiperwinkelsentrum dood 67 - July 18, 2025
‘n Brand het ‘n nuut-geopende winkelsentrum in die oostelike Irakse stad Kut in puin gelê en minstens 67 mense is dood. Amptenare sê baie mense het in badkamers versmoor, terwyl ‘n man gesê het dat sy vyf familielede in ‘n hysbak dood is. Die vlamme het volgens berigte op die eerste verdieping begin voordat dit […]
Oshakati watersuiweringsaanleg-projek skop af - July 17, 2025
Die sooispit seremonie vir die Oshakati watersuiweringsaanleg verlengingsprojek het vandag plaasgevind. Die belangrike waterinfrastruktuur-inisiatief sal die voorsiening van skoon water in die Oshana-, Ohangwena- en Oshikoto-streke aansienlik verhoog. Die nuwe aanleg sal 50 000 kubieke meter per dag byvoeg tot die huidige behandelingskapasiteit van 40 000 kubieke meter per dag om aan die stygende vraag […]
EFF behou Malema se wyk in Polokwane - July 17, 2025
Die EFF het Wyk 13 in Seshego, Polokwane, met 57,34-persent van die stemme in ʼn tussenverkiesing behou. Dit is Julius Malema se wyk. Die ANC is tweede met 40,91-persent, en die SAKP derde met 1,19-persent. Die tussenverkiesing het gevolg ná die skorsing van EFF-raadslid, Mafiwa Leballo. Die party se nuwe wyksraadslid, Mongatane Ramaphoko, sê die […]
EU probeer handelsoorlog met VSA voorkom - July 17, 2025
Die Europese Unie berei ‘n pakket tariewe voor wat op goedere ter waarde van 84 miljard Amerikaanse dollar teen die VSA gehef sal word, terwyl hy pogings verskerp om ‘n handelsooreenkoms te bereik en ‘n trans-Atlantiese handelsoorlog met president Donald Trump te voorkom. Dit kom na president Donald Trump 30 persent tariewe opgelê het, geldig […]
Windies se Andre Russel tree uit - July 17, 2025
Krieket: Die veelsydige Wes-Indiese speler, Andre Russell, gaan uit internasionale krieket tree na die tweede T20-wedstryd teen Australië wat op 22 Julie in sy tuisstad, Kingston in Jamaika, plaasvind. Die 37-jarige Russel, ʼn tweemalige T20-wêreldbekerwenner, het 84 internasionale wedstryde in die formaat gespeel en 70 paaltjies platgetrek. Russell sê hy wil sy internasionale loopbaan op […]
Speaker moedig vroue aan om ander vroue te bemagtig - July 17, 2025
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê dat vroue in leierskap, beide binne politieke partye en in die parlement, ‘n verantwoordelikheid het om ‘n omgewing te skep wat breër vroulike deelname aan die politiek en die samelewing aanmoedig. Sy het tydens die Kapasiteitsbouwerkswinkel vir Vroue in Politiek en Besluitneming in Swakopmund gepraat.