Dis weer Brandberg Backyard Ultra-tyd! - July 17, 2025
Die vierde Brandberg Backyard Ultra is terug. Elke uur moet atlete net meer as 6,7 kilometer aflê net om op die volgende uur weer die loep te voltooi tot die laaste atleet die laaste loep voltooi. Die wedloop, wat by Brandberg Rest Camp aangebied word, ondersteun ook bewaringsprojekte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Riana […]
Shell se olie-produksie belofte goeie nuus vir die land - July 17, 2025
Reaksie word ontvang op berigte dat Shell hom daartoe verbind het om van eksplorasie na olieproduksie in Namibië oor te skakel. Shell het tydens ‘n vergadering met president Netumbo Nandi-Ndaitwah planne bevestig om tegniese struikelblokke te oorkom en produksie te begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gesels.
ECN klaar herrie oor Karas-personeellid op - July 17, 2025
Die Verkiesingskommissie het onder skoot gekom oor die werwing van een personeellid vir Karas. Een van die vereistes was bevoegdheid in Oshiwambo. De Wet Siluka, kommissie-woordvoerder, sê daar is gebiede, soos Lüderitz en Oranjemund waar Oshiwambo grootliks gepraat word en kiesersopleiding moet ook daar uitgevoer word. Hy verduidelik.
Totale vee-bemarking daal skerp op jaargrondslag - July 17, 2025
‘n Totaal van 75 768 vee is in Mei bemark, wat ‘n jaar-tot-jaar daling van 53,8 persent weerspieël vanaf die 162 638 stuks vee wat in Mei 2024 bemark is. Dit was ook ‘n maandelikse afname van die 81 763 vee wat in April bemark is, volgens die Namibië Statistieke-agentskap. Die vee bemarkte saamgestelde indeks […]
Leeuwelpie-drukkies op spyskaart in China - July 17, 2025
Teetyd-plesier in China sluit nou drukkies met leeuwelpies in tydens ‘n viergang middagete by ‘n restaurant in die noordelike provinsie van Shanxi. Gaste word in aanlyn video’s en foto’s op Chinese kletsplatforms gesien waar hulle welpies soos baba’s op hulle skoot vashou. Die Wanhui restaurant het in Junie oopgemaak en, verkoop sowat 20 kaartjies ‘n […]
Sacky wil weer Fishrot-verhoor stop - July 17, 2025
Die voormalige justisieminister, Sacky Shanghala, het weer ‘n aansoek in die hoërhof gebring om die Fishrot-verhoor wat vir 4 Augustus geskeduleer is, te stop. Hy voer aan dat waarnemende regter Moses Chinhengo, wat na verwagting die saak sal aanhoor, nie wettiglik aangestel is nie en dat die proses dus sy reg tot ‘n billike verhoor […]
Bye kan nou in Tshwane aangehou word - July 17, 2025
Die Stadsraad van Tshwane het die wysiging van ‘n munisipale verordening goedgekeur wat die aanhou van bye in stedelike gebiede reguleer. Bye is belangrik vir voedselsekerheid want hulle bestuif die meeste eetbare plante, vrugte en groente in tuine, en ook plante wat die omgewing versier. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewings- en Landboubestuur, Obakeng Ramabodu, sê die […]
Aanklaer betrokke by Epstein-, Maxwell- en Combs-sake afgedank - July 17, 2025
Die Amerikaanse Departement van Justisie het die ervare federale aanklaer, Maurene Comey, afgedank. Sy was betrokke by die saak teen die veroordeelde pedofiel, Jeffrey Epstein, wat in 2019 in die tronk selfdood gepleeg het, en sy medepligtige, Ghislaine Maxwell. Comey was ook deel van die hip-hop-magnaat, Sean ‘Diddy’ Combs’, se saak. Haar afdanking volg te […]
Curry, Tuipulotu ingesluit vir Leeus vs Australië - July 17, 2025
Rugby: Die Engelse flank, Tom Curry, en die Skotse senter Sione Tuipulotu is ingesluit in die Britse en Ierse Leeus se span vir Saterdag se eerste toets teen Australië in Brisbane. Tuipulotu is verkies bo Bundee Aki, terwyl Curry spelers soos Jac Morgan, Josh van der Flier en Henry Pollock laat terugstaan het. Marcus Smith […]
Moet nog nie die truie wegpak nie, koue kom - July 17, 2025
’n Koue front sal teen volgende week sy opwagting maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan van den Berg, weerkenner van Suid Afrika gesels. Dit kan koud word en dit is ook nie die laaste nie.