Ekonomieë moet by tariewe aanpas: Reserwebank - July 17, 2025
Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku dat Amerikaanse tariewe die voertuigvervaardigings- en die landbousektor in Suid-Afrika die ergste sal raak. Amerika gaan vanaf begin volgende maand ‘n tarief van 30 persent op uitvoere uit Suid-Afrika instel. Ongeveer 100 000 werksgeleenthede in die motor- en die landbousektor is in gevaar, insluitend 35 000 net […]
180 sterf in Pakistan-moesonreën - July 17, 2025
Vier-en-vyftig sterftes binne die afgelope 24-uur word gekoppel aan die swaar reën in Pakistan, wat die dodetal op ongeveer 180 te staan bring sedert die moeson die land aan die einde van Junie getref het. Daar was sedert Woensdagoggend aanhoudende stortreën in dele van die Punjab-provinsie, wat gelei het tot stedelike oorstromings. Inwoners wat naby […]
All Blacks maak 10 veranderings vir laaste Hane-toets - July 17, 2025
Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het tien veranderings aan sy span aangebring vir Saterdag se derde en laaste toets teen Frankryk in Hamilton. Sewe spelers is die eerste keer hierdie seisoen opgeroep. Die haker Brodie McAlister kan sy toetsbuiging van die bank maak. Die stut Tyrel Lomax, die losvoorspeler Luke Jacobson en […]
Sink-klaskamers steeds ‘n uitdaging in die Noorde - July 17, 2025
Ohangwena, Omusati en Oshana het 967 informele, sinkplaat klaskamers met Ohangwena wat voorloop met 600. Volgens plaaslike media sê die streek se onderwysdirekteur Isak Hamatwi, dat die tekort aan infrastruktuur uiters uitdagend is vir leerders en onderwysers. Hulle word gereeld deur sterk winde stukkend gewaai en moet dan herbou word voor lesse kan hervat. Dit […]
Buurland begin ent, getalle van M-pokke styg - July 17, 2025
Die Departement van Gesondheid sê hy is besig met ‘n inentingsveldtog teen M-pokke, aangesien die aantal laboratoriumbevestigde gevalle in die land geleidelik aan die toeneem is. Twee laboratoriumbevestigde gevalle is onlangs in Gauteng en die Wes-Kaap aangeteken, wat die totale aantal bevestigde gevalle tot tien verhoog. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle het […]
Rutte waarsku Rusland se handelsvennote - July 17, 2025
Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte sê Amerikaanse wapens vanuit Europa kom aan in die Oekraïne en word deur Europa befonds word. Hy sê land soos Indië, China en Brasilië moet oplet omdat hulle die slagoffers van sekondêre sanksies sal wees as Rusland nie binne 50 dae tot verhaal kom nie.
Klimaat dwing Steve Miller Band om sy toer af te stel in VSA - July 17, 2025
Die Steve Miller Band het alle toerdatums afgestel weens natuurrampe wat deur klimaatsverandering veroorsaak word. Die groep wat bekend is vir liedjies soos The Joker en Fly Like an Eagle, sou van 15 Augustus af 31 vertonings in Amerika hou. Hulle sê die kombinasie van hittegolwe, onvoorspelbare oorstromings, tornado’s, orkane en massiewe veldbrande maak die […]
Vergeet van Opul, kom ons kry eers die olie uit - July 17, 2025
Namibië kan moontlik in die toekoms by die Organisasie van Petroleumuitvoerlande, bekend as Opul, aansluit. Opul se sekretaris-generaal, Haitham al-Ghais, sê die organisasie is in gesprek met verskeie Afrikalande oor moontlike lidmaatskap en Namibië is een van die lande wat potensiaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut […]
Oshikoto oorweeg rysproduksie - July 17, 2025
Die Oshikoto-streek het sy visier op rysproduksie. Die nuus kom op die hakke van sy uiters suksesvolle aartappel-oes waar 200 ton in die plaaslike mark ingestuur is. Streeksgoewerneur Sacky Kathindi het drie rysplase in die Onayena-kiesafdeling besoek en sê water is ‘n uitdaging omdat rys in water verbou word maar, het onderneem om die uitdaging […]
NNN eis deursigtigheid van Shell rakende sy eksplorasie - July 17, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Shell Namibia versoek om deursigtig te wees oor die vordering van sy olieprojek en verduidelik wanneer produksie sal begin. Shell het reeds meer as ‘n miljard Amerikaanse dollar in die land belê in die Oranje-bekken. Nandi-Ndaitwah het vergader met Shell se vise-president vir eksplorasie Eugene Okpere vergader.