Eise vir Ramaphosa se bedanking - July 17, 2025

Die Forum vir Suid-Afrika beskuldig president Cyril Ramaphosa van magsmisbruik om korrupsie te beskerm ten koste van belastingbetalers. Die forum se woordvoerder, Tebogo Mashilompane, sê Ramaphosa beskerm die elite en ignoreer gewone Suid-Afrikaners se stryd. Mashilompane kritiseer ook sy versuim om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, af te dank, omdat hy na bewering onder […]

Read More

Afgaan vertel oor sy leed na data-lek - July 17, 2025

‘n Herrie het in Brittanje losgebars oor die inligting van duisende Afgaanse burgers wat aansoek gedoen het vir asiel in die land wat uitgelek het. Eerste minister Sir Keir Starmer sê voormalige Konserwatiewe ministers het ernstige vrae om te beantwoord oor hoe die name van Afgane wat met Britse magte saamgewerk het, ontbloot is. Sky […]

Read More

VN vergader oor tweestaatoplossing - July 17, 2025

Internasionale gesante sal hierdie maand by die VN-hoofkwartier in New York ‘n tweestaatoplossing vir die Israel-Palestynse konflik bespreek, voor nasionale leiers in September vergader. Die konferensie, onder die mede-voorsitterskap van Frankryk en Saoedi-Arabië, was oorspronklik beplan vir die middel van Junie, om aandag te gee aan die langdurige diplomatieke poging om ‘n manier te vind […]

Read More

Vennote gekies in GIPF huisleningskema - July 17, 2025

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het 900 miljoen Namibiese dollar toegewy aan sy nuwe Pensioengesteunde Behuisingsleningskema, wat lede toelaat om tot een derde van hul pensioenspaargeld te leen om huise te koop of te bou. Lenings sal ‘n rentekoers van 9,25 persent dra, laer as Namibië se gemiddelde verbandkoers. Kosmos 94.1 Nuus het met Katrina Sikeni, bestuurder […]

Read More

GOOD sê almal moet bedien word met Jhb-grond, nie net elites nie - July 17, 2025

Die GOOD-party sê openbare grond in Johannesburg moet al die inwoners bedien, nie net die bevoorregte groepe nie. Dit volg na voorstelle om groot gedeeltes van openbare grond in Ruimsig en Emmarentia te verhuur of te verkoop, insluitende die Killarney Buiteklub, wat tans vir so min as 1 000 Suid-Afrikaanse rand per jaar verhuur word. […]

Read More

Strafhof weier om Bibi, Yoav se lasbriewe terug te trek - July 17, 2025

Die Internasionale Strafhof het Israel se versoek verwerp dat lasbriewe teen eerste minister, Benjamin Netanyahu en voormalige minister van Verdediging, Yoav Gallant, teruggetrek word. Die hof het in November verlede jaar lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik vir Netanyahu, Gallant en ʼn Hamas-leier, Ibrahim al-Masri, vir vermeende oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Gaza. Die lasbrief […]

Read More

Emma Watson se lisensie vir 6 maande opgeskort - July 17, 2025

Die Britse aktrise Emma Watson is vir ses maande verbied om te bestuur nadat sy die spoedgrens oortree het. Watson het die rol van Hermione Granger in die Harry Potter-rolprente vertolk. Sy het net oor 60-kilometer per uur gery in ‘n 50-kilometer-sone, maar reeds nege strafpunte op haar rybewys gehad. Die 35-jarige, wat sedert 2023 […]

Read More

Selfmoord-epidemie blootgelê  - July 17, 2025

Die hoë gevalle van selfmoord is al ‘n geruime tyd bekend en in die media. Nou het die Namibiese polisie statistieke bekend gemaak. In die eerste drie maande van die jaar, 89 dae, is 124 selfmoorde aangeteken waaronder 108 mans was. Oshana het die hoogste getal, 20, aangeteken, gevolg deur Omusati op 17 en Kavango […]

Read More

SA-regering fokus op hervorming, misdaad en meer  - July 17, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid sal fokus op ekonomiese hervorming, misdaadbekamping en die bou van ‘n bekwame staat. Ramaphosa het tydens die begroting van die Presidensie in die Parlement gesê alle departemente moet saamwerk om die ekonomie te laat groei, armoede te verminder en dienslewering te verbeter. Hy voeg by die […]

Read More

Trump sê hy sal nie Powell afdank nie, al fouteer hy  - July 17, 2025

Amerikaanse president Donald Trump sê hy beplan nie om Jerome Powell, die voorsitter van die Federale Reserwe af te dank nie, selfs al het hy Powell weer gekritiseer. ‘n Bloomberg-berig Woensdag dat Trump Powell waarskynlik sal afdank het ‘n daling in aandele en die Amerikaanse dollar tot gevolg gehad. Trump, wat Powell byna daagliks kritiseer […]

Read More