Man wat Indiese atleet, 114, doodgery het, gearresteer  - July 17, 2025

Die polisie in Indië het ‘n man in hegtenis geneem in verband met die dood van die wêreld se oudste marathonatleet, Fauja Singh, in ‘n tref-en-trap ongeluk. Die polisie sê die beskuldigde het in ‘n sportnutsvoertuig gejaag toe hy die 114-jarige Brits-Indiese atleet getref het. Die ongeluk het Maandag in Punjab in die noorde van […]

Read More

Nampharm-stigting herdenk 20 jaar met galadinee  - July 17, 2025

Die Nampharm-stigting sal sy 20ste bestaansjaar vier met ‘n galadinee op 20 Augustus by die Windhoek Country Club and Resort. Die geleentheid sal twee dekades se werk ter ondersteuning van Namibiese kinders vier. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cari-Ane van der Walt, Nampharm se administratiewe en fondsinsamelingskoördineerder, wat meer inligting gee. 

Read More

Kuberkrakers kry toegang tot Otji se munisipaliteit - July 17, 2025

Die Namibiese Kuberveiligheid-voorvalreaksiespan wat by Cran gevestig is, het ‘n kuberveiligheid voorval geïdentifiseer wat stelsels of netwerke van die Otjiwarongo-munisipaliteit betrek. Die voorval is Woensdag opgespoor. Voorlopige aanduidings dui op moontlike data-kaping en ‘n losprys-eis deur ‘n groep wat as “INC Ransom” geïdentifiseer is. Die groep het onder andere toegang tot bankrekening nommers. Die dorpsraad […]

Read More

Ontleder sê oor kernkragaanleg, en kostes van N$106 miljard - July 17, 2025

Reaksie word ontvang op Namibië wat gesprekke met die Internasionale Atoomenergie-agentskap begin het rakende ‘n uitvoerbaarheidstudie om ‘n kernkragsentrale te bou. Die regering oorweeg verskeie opsies, soos klein modulêre reaktore en grootskaalse aanlegte, teen ‘n koste van 106 miljard Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die politieke kenner dr. Ndumba Kamwanyah.

Read More

Zené: Twee agter tralies terwyl polisie klagtes ondersoek - July 17, 2025

Chaos het in die hoofstad ontaard met die verdwyning Donderdagmiddag van die 16-jarige Zené Grobbelaar. Sy is uiteindelik rondom half-agt veilig in Otjiwarongo gevind. Sy was saam met twee mans, waaronder een ‘n Chinese man, wat haar na die polisiestasie op die dorp geneem het. Daar was talle gerugte maar, dit wil voorkom asof sy […]

Read More

Aborsie, voorbehoed en vroueregte onder die loep - July 17, 2025

Aktiviste in SAOG-lidlande vra vir riglyne oor veilige aborsies om aborsiewette oor die streek te harmoniseer. Dit kom te midde van sowat 6,2 miljoen onveilige aborsies wat jaarliks plaasvind. Aktiviste vra ook vir beter toegang tot voorbehoedmiddels vir tienermeisies, met vroeë onbedoelde swangerskappe wat dikwels deur seksuele geweld veroorsaak word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat […]

Read More

Bouplanne vir Swakopmund groei sterk - July 17, 2025

Goedgekeurde bouplanne in Swakopmund het in Junie maand-tot-maand met 22 persent gestyg, van 64 tot 78, en was jaar-tot-jaar 18 persent hoër. Dit dui op die verbetering van vertroue onder ontwikkelaars en huiseienaars, volgens Simonis Storm se jongste verslag. Junie het ook ‘n herstel in projekwaarde gesien, met goedkeurings wat tot 49 miljoen Namibiese dollar […]

Read More

Omvang van kommissie wat polisie ondersoek moet bekend gemaak word - July 17, 2025

RISE Mzansi sê president Cyril Ramaphosa moet dringend die omvang van die regterlike kommissie van ondersoek na die Polisiediens publiseer sodat dit met sy werk kan begin. Die kommissie sal die rol van huidige of voormalige senior ampsdraers in sekere instellings ondersoek wat moontlik beweerde misdadige bedrywighede aangehelp of aangemoedig het. Makashule Gana van RISE […]

Read More

Derde dag wat Israel teikens in Sirië aanval - July 17, 2025

Die Israeliese weermag het Woensdag twee keer die Siriese verdedigingministerie in Damaskus in lugaanvalle getref, terwyl dit ingryp in die botsings tussen die Siriese leër en Droese-vegters in die suide van Sirië. Een persoon is dood in die aanvalle en 18 beseer, volgens Siriese amptenare. Dit was die derde dag agtereenvolgens wat Israel lugaanvalle teen […]

Read More

N$2,8 miljard oorweeg vir doelskieter Isak - July 17, 2025

Liverpool oorweeg ’n reusebod van 2,8-miljard Namibiese dollar vir die Newcastle-doelskieter, Alexander Isak, ondanks die Magpies se begeerte om die Sweedse ster te behou. Die Premierligakampioen moet nog ‘n aanbod maak maar Isak is skynbaar hoog op die klub-baas Arne Slot se lys van moontlike spelers om die plek te neem van die Diogo Jota […]

Read More