Meisie, 16, by Windhoek-tuiste vermis - July 16, 2025

‘n 16-jarige meisie van Windhoek, Zené Grobbelaar, word sedert sowat 2-uur vanmiddag by Albert Wittestraat 8 in Ludwigsdorf vermis onder onbekende omstandighede. ‘n Voertuig, ‘n wit enkelkajuit NP300 Nissan bakkie, met twee mans is deur haar suster op die toneel gesien. Haar ouers het ‘n saak van ontvoering by die Klein Windhoek polisiestasie aanhangig gemaak. […]

Read More

DA sê SA polisie ondersoek klagte teen polisieminister - July 16, 2025

Die DA sê die polisie het bevestig dat sy strafregtelike aanklagte teen die polisieminister, Senzo Mchunu, nou ondersoek word. Die minister is op spesiale verlof geplaas te midde van bewerings van korrupsie en politieke inmengery in ondersoeke. Baxolile Nodada van die DA sê Mchunu, soos alle ander Suid-Afrikaners, moet die land se wette gehoorsaam en […]

Read More

‘Hou VK-regering verantwoordelik vir Afgaanse inligtinglek’ - July 16, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat duisende Afghane waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per abuis hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel […]

Read More

Tennisspeler Tara Moore vir 4 jaar geskors oor opkikkers - July 16, 2025

Tennis: Tara Moore van Brittanje is vir vier jaar geskors nadat sy in April 2022 positief getoets het vir opkikkers. Die 32-jarige is in Desember 2023 vrygespreek nadat ’n onafhanklike tribunaal vasgestel het dat die toetsuitslag deur besmette vleis veroorsaak is. Die Internasionale Tennis-integriteitagentskap het egter teen die bevinding appelleer en het die saak gewen […]

Read More

Gasvryheidsvereniging verwelkom meer Walvis-Joburg-vlugte - July 16, 2025

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Airlink twee keer daagliks tussen Walvisbaai en Johannesburg vlieg. Die bykomende vlugte bied reisigers meer buigsaamheid tussen die Namibiese kus en die ekonomiese sentrum van Suid-Afrika, wat toerisme en sakereise ondersteun. Gitta Paetzold, hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Namibië A in Uganda vir 2025 Pêrel van Afrika T20I reeks - July 16, 2025

Krieket Namibië se jong A-span het in Entebbe in Uganda aangeland vir die 2025 Pêrel van Afrika T20 internasionale reeks. Dit is die tweede uitgawe van die gewilde reeks wat deur die Ugandese Krieketvereniging georganiseer word. Die spanne wat deelneem is die gashere Uganda, Namibië A, Kenia, Nigerië en die Verenigde Arabiese Emirate. Namibië A, gelei […]

Read More

Goedgekeurde bouplanne daal skerp in Windhoek - July 16, 2025

Windhoek het ‘n noemenswaardige sametrekking in die aantal goedgekeurde bouplanne ondervind, wat met 17 persent gedaal het vanaf 191 goedkeurings in Mei tot 158 in Junie. Die totale waarde van goedkeurings het in Junie met 27 persent gedaal tot 131 miljoen Namibiese dollar, van 178 miljoen dollar in Mei. Alhoewel hierdie daling beduidend is, kom […]

Read More

Motorvoertuig Ongelukkefonds-wet word hersien - July 16, 2025

Die Wetshervormingskommissie en die Motorvoertuig Ongelukkefonds hersien tans die Motorvoertuig Ongelukkefonds-wet. Hulle stel onder andere voor om voordeelbedrae van onder die wet na regulasies te verskuif vir vinniger opdaterings. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se hoof van korporatiewe sake, John Haufiku gepraat.

Read More

Burgerlugvaartowerheid ondersoek volhoubare lugvaartbrandstof - July 16, 2025

Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid neem vandag die koolstofverrekening en -verminderingskema vir internasionale lugvaart en volhoubare lugvaartbrandstof onder die loep. Dit vorm deel van ‘n EU-befondsde program wat Afrika- en Karibiese lande ondersteun om die Internasionale Burgerlugvaart-organisasie se omgewingstandaarde en doelwitte vir koolstofneutraliteit vanaf 2020 en netto nul teen 2050 te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

VSA deporteer ‘barbaarse’ misdadigers na Eswatini - July 16, 2025

Amerika het vyf geweldsmisdadigers van Asiatiese en Karibiese lande na Eswatini gedeporteer. Die gedeporteerdes is burgers van Kuba, Jamaika, Laos, Viëtnam en Jemen. Die Departement van Binnelandse Veiligheid het in ‘n plasing op X geskryf hierdie misdadige onwettige vreemdelinge is so uniek barbaars dat hul tuislande weier om hulle terug te vat. Hulle is skuldig […]

Read More