Digitale geregtigheid-taakmag in Windhoek gestig - July 16, 2025
‘n Nasionale taakmag vir digitale geregtigheid is opgestel om die strategiese visie vir Namibië se geïntegreerde elektroniese saakbestuur en -inligtingstelsel te definieer. Die taakmag sal deur Hoofregter Peter Shivute gelei word, en sluit verteenwoordigers van sleutelregterinstellings in, wat doelstellings en tydlyne sal stel en toesig hou oor die gefaseerde implementering daarvan. Die taakmag sal ook […]
Cyril ‘moet bedank oor Mantashe se aanstelling’ - July 16, 2025
Activists and Citizens Forum sê die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, se aanstelling as waarnemende minister van Polisie versterk sy oproep dat president Cyril Ramaphosa bedank. Mantashe sal in die posisie bly tot professor Firoz Cachalia die amp in Augustus oorneem. Dennis Bloem van die forum beskryf Mantashe se aanstelling as ʼn […]
Trump-administrasie ondersoek Brasilië se ‘onbillike’ handelspraktyke - July 16, 2025
Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, het ‘n ondersoek van stapel gestuur na wat hy beskryf as Brasilië se onbillike handelspraktyke. Dit volg ‘n week na president Donald Trump gedreig het met ‘n tarief van 50-persent op invoere van Latyns-Amerika se grootste ekonomie. Die ondersoek sal fokus op digitale handel en elektroniese betalingsdienste, voorkeurtariewe en teen-korrupsie-inmenging, […]
Blou Bulle stel Johan Ackerman aan as hoofafrigter - July 16, 2025
Rugby: Die Bulle het die driemalige Suid-Afrikaanse Afrigter van die Jaar, Johan Ackermann, as nuwe hoofafrigter aangestel. Jake White en die Bulle het vroeër die maand ooreengekom dat hulle paaie na vyf jaar skei nadat hy die span tot drie Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryde in vier seisoene gelei het. Ackermann beskryf sy aanstelling as ‘n droom wat […]
Erongo skenk boerbokke aan kommunale boere - July 16, 2025
Nathalia Goagoses, die Erongo-goewerneur het haar streeksrede gelewer. Onder andere het sy gepraat oor bystand aan behoeftige boere. Daar is 80 boerbokke aan agt kommunale boere in die Karibib-distrik geskenk om landbouproduskie ‘n hupstoot te gee. Die inisiatief het ten doel om landelike boere te help om ekonomies te herstel ná erge droogte.
SA Kommunistiese Party pak ANC eerste keer by stembus - July 16, 2025
Die SAKP pak sy alliansievennoot, die ANC, vandag in ‘n hewig betwiste tussenverkiesing in Wyk 13 in Polokwane, Limpopo. Dit is die SAKP se eerste onafhanklike verkiesing sedert hy sy verkiesingsbande met die ANC in 2024 verbreek het. Die SAKP-kandidaat, Obed Thabana, het die swak dienslewering gekritiseer, en Reuben Madadzhe van die ANC het kiesers […]
Daar’s niks oor in Gaza: Unicef - July 16, 2025
Die VN se Veiligheidsraad vergader oor toestande in Gaza veral met amper 900 sterftes van Palestyne by voedselverspreidingspunte van die Gaza Humanitêre Stigting. Intussen word daar beraam dat een uit elke 10 kinders in Gaza aan wanvoeding ly terwyl noodvoorrade op die grens wag. Unicef se woordvoerder Rosalia Bollen sê daar is niks in die […]
Wanneer kom Frankryk se Dupont terug? - July 16, 2025
Rugby: Die Franse kaptein, Antoine Dupont, sê hy sal ná sy land se toetse in November weer in aksie wees. Die 28-jarige skrumskakel het ‘n ernstige knie-besering opgedoen in die Sesnasies-toets teen Ierland op 8 Maart. Dit beteken hy sal die toetse teen Suid-Afrika, Fidji en Australië misloop. Dupont sê hy wil nie oorhaastig terugkeer […]
SAOG-forum neem 4IR en tegnologie onder die loep vir staatsdiens - July 16, 2025
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, beklemtoon die behoefte aan ‘n ontwikkelingsgerigte openbare diens wat ekonomiese groei dryf. Hy het by die SAOG-forum vir openbare dienskommissies in Windhoek lidlande aangespoor om die Vierde Industriële Revolusie en digitalisering te omarm. Mbuende het meer.
SA se staatsdiens nie produktief nie - July 16, 2025
Daar is groot gapings in die Suid-Afrikaanse staatsdiens se produktiwiteit as dit met lande soos Kanada, Singapoer en Rwanda vergelyk word. Dis volgens ʼn verslag met die titel “Productivity as a Frontier in the South African Public Service”. Die verslag lig positiewe en negatiewe elemente in die land se staatsdienswetgewing uit en beklemtoon die behoefte […]