Verdedigingskenner sê Trump se Navo-transaksie sal verskil maak - July 16, 2025
Daar is steeds reaksie op Amerikaanse president Donald Trump se wapentransaksie met Navo, wat die wapens aan Oekraïne sal gee, hoewel Oekraïne nog wag op details van wat hulle sal kry. Die militêre analis prof. Michael Clarke het aan Britse media gesê daar is sprake van ‘n innoverende aspek in die transaksie, wat ‘n verskil […]
Prins Harry besoek Angola oor landmyn-trust - July 16, 2025
Prins Harry het met die Angolese president vergader tydens ‘n verrassingsbesoek om bewustheid te skep oor ‘n liefdadigheidsorganisasie vir die verwydering van landmyne wat beide hy en sy ma prinses Diana ondersteun het. Tydens die vergadering het president João Lourenço sy steun vir die HALO Trust herbevestig, wat sedert 1994 myne in Angola verwyder. Die […]
Epstein, Trump en Bondi… die herrie is los in die VSA - July 16, 2025
Die herrie is in die VSA los oor die Jeffrey Epstein-aangeleentheid. Is president Donald Trump deel daarvan of nie? Epstein is onder die eerste Trump-administrasie in 2019 gearresteer en is in aanhouding dood. Trump wou eers nie dat die inligting oor die ondersoek bekend gemaak word nie maar sê nou net geloofwaardige inligting moet versprei […]
Thieme sê alle opsies word by Farmers Meat Market oorweeg - July 16, 2025
Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê fase een van sy studie oor die betrek van skaapboere by die waardeketting is voltooi. Cirrus is aangestel om uitvoeropsies te ondersoek, en het bevind dat hoewel op-die-hoe-uitvoere na Suid-Afrika steeds belangrik is, oormatige afhanklikheid riskant is. Toegang tot EU-markte is nodig. Boere kan ook aandele in Farmers Meat Market verkry, […]
Sintana kry nog ‘n jaar in PEL 79 - July 16, 2025
Sintana Energy het ‘n 12-maande verlenging van PEL 79 in blokke 2815 en 2915 in die Oranje-bekken ontvang. PEL 79 word bedryf deur ‘n gesamentlike onderneming gelei deur Namcor, wat ‘n 67 persent belang hou, terwyl Giraffe Energy Investments die oorblywende 33 persent besit. Sintana Energy behou ‘n 49 persent indirekte belang in Giraffe. Sintana […]
Namcor: Peter Elindi steeds op getuiebank - July 16, 2025
Die Namcor-borgaansoek deur nege verdagtes duur voort. Peter Elindi het vanoggend getuig dat Enercon nege vulstasies by die verdedigingsministerie se persele gebou het met sy eie belegging van 58 miljoen Namibiese dollar, onder ‘n 15-jaar kosteverhalingsooreenkoms. Hy het gesê die stasies is later aan Namcor vir 53 miljoen dollar verkoop, maar beweer dat hulle Enercon […]
Braaibroodjies effe goedkoper in Junie - July 16, 2025
Junie was ‘n goeie maand vir braaibroodjie-liefhebbers, aangesien die prys met 1,9 persent gedaal het tot 21,14 per broodjie. Dit is volgens die Suid-Afrikaanse ekonoom Johan Biermann. Hy sê sy Braaibroodjie-indeks het die eerste helfte van die jaar 3,7 persent hoër afgesluit. Die daling in Junie is grootliks gedryf deur ‘n 3,1 persent daling in […]
Steenkamp rig ernstige boodskap aan onderwysers - July 16, 2025
Onderwysminister Sanet Steenkamp doen ‘n beroep op alle onderwysers en leerders om persoonlike doelwitte te stel en hul vordering dop te hou. Sy beklemtoon die belangrikheid van respek en dissipline namate skole vir die laaste semester heropen. Sy voeg by dat die onlangse Streek 5 Jeugspele ‘n sukses was, en dat plaaslike talent ontwikkel moet […]
Padongelukkefonds se raad ontbind - July 16, 2025
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Padongelukkefonds se raad ontbind, weens bestuursmislukkings en operasionele onbestendigheid. Daar is kommer oor die uitvoerende hoof Collins Letsoalo se skorsing wat roekeloos hanteer is, duur litigasie en die versuim om kritieke uitvoerende rolle te vul. ‘n Tussentydse rekeningkundige gesag sal aangestel word, en ‘n nuwe raad word […]
Vyf misdadige migrante vanaf VSA na Eswatini vanoggend gedeporteer - July 16, 2025
Die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid sê sy derde deportasievlug met immigrante uit verskillende lande het vandag in Eswatini geland. Dit kom na die hooggeregshof se opheffing van perke op die deportasie van migrante na derde lande. Departementele woordvoerder Tricia McLaughlin het op X gesê die vlug het individue so uniek barbaars, dat hul tuislande geweier […]