Rusland blyk om hom nie veel aan Trump se steur nie - July 16, 2025
Die minister van Buitelandse Sake van Rusland sê hy is seker dat Moskou enige nuwe sanksies vanuit Amerika sal kan hanteer. Sergei Lavrov het tydens ‘n vergadering by die Shanghai-organisasie in China, gesê Rusland sal graag wil sien wat agter Trump se verklarings skuil. Hy sê dit is nou 50 dae, maar dit was ook […]
Airlink se Jhb-WB-roete verwelkom - July 16, 2025
Airlink bied vanaf 4 Julie ‘n tweede daaglikse vlug tussen Walvisbaai en Johannesburg aan. Die bykomende vlugte bied reisigers meer buigsaamheid tussen die Namibiese kus en die ekonomiese sentrum van Suid-Afrika, wat toerisme en sakereise ondersteun. Die nuwe skedule bied nou twee vlugte per dag in albei rigtings. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese […]
Presidensie sê DA teister Jonas - July 16, 2025
Die Presidensie veroordeel wat hy bestempel as die DA se teistering van die Spesiale Gesant na Noord-Amerika, Mcebisi Jonas. Die DA beweer die VSA het in Mei Jonas se diplomatieke visum geweier en sy geloofsbriewe verwerp. Die Presidensie sê dit is ‘n feit dat spesiale gesante nie diplomatieke geloofsbriewe aan gasheerlande voorlê op dieselfde wyse […]
Mike Johnson wil ook Epstein-lys sien - July 16, 2025
Die Republikeinse Speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson, het hom by oproepe aangesluit dat die Departement van Justisie dokumente wat verband hou met die onteerde finansier Jeffrey Epstein, openbaar gemaak moet word. Die aanklaer-generaal Pam Bondi gesê daar is geen bewyse dat Epstein ‘n kliëntelys gehou het of invloedryke mense afpers nie. Dit […]
Hoof van Wes-Indiese Eilande hou noodvergadering na 27-lopie-verlies - July 16, 2025
Die president van die Wes-Indiese Eilande se beheerliggaam, Kishore Shallow, vra ‘n noodvergadering van voormalige ster-spelers nadat die span vir slegs 27 lopies uitgeboul is in die derde toets teen Australië. Die snelbouler Mitchell Starc het ses paaltjies vir nege lopies geneem en die Windies is op Sabinapark met 176-lopies verslaan. Die gasheer het die […]
Kelp Blue oes meer as 200 ton - July 16, 2025
Kelp Blue het vanjaar meer as 200 ton kelp geoes by Lüderitz. Die maatskappy het ‘n 15-jaar kommersiële lisensie om reuse-kelp (Macrocystis pyrifera) oor 6 400 hektaar te kweek. The Brief berig die uitvoerende hoof, Daniel Hooft, sê die oesmetode fokus op langtermyn volhoubaarheid deur slegs die bokant van die kelp te snoei om gesonde […]
AfriForum vra Cachalia om plaasaanvalle as voorkeurmisdaad te klassifiseer - July 16, 2025
AfriForum doen ‘n beroep op die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om plaasaanvalle as nasionale voorkeurmisdade te klassifiseer ná die wrede moord op die 79-jarige Valery Ezner op ‘n plaas in Van Wyksdorp. Jacques Broodryk van AfriForum sê plaasmoorde word toenemend gewelddadig, is geteiken en strategies, en hou ‘n bedreiging vir landelike veiligheid en […]
Trump praat oor Butler-skietery - July 16, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het vir die eerste keer in ‘n onderhoud kommentaar gelewer op die sluipmoord-aanval op hom in Butler, Pennsilvanië op 13 Julie 2024. Trump was op die verhoog by ‘n verkiesingsaamtrek toe die 20-jarige Thomas Matthew Crooks op hom geskiet en in die regter-oor beseer het. Trump het met die BBC se […]
Severance loop voor in Emmy-benoemings - July 16, 2025
Apple TV+ se reeks Severance het 27 benoemings ontvang vir die 77ste Emmy-toekennings. Dit sluit in beste dramareeks en beste hoofrolspeler vir Adam Scott. HBO Max se The Penguin het 24 ontvang en The Studio en The White Lotus albei 23. Die 77-jarige Matlock-ster, Kathy Bates, is nou die oudste vrou in die kategorie vir […]
Aanspreeklikheid in bestuur van natuurlike hulpbronne ononderhandelbaar - July 16, 2025
Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, dr. Tobie Aupindi, sê aanspreeklikheid in die bestuur van die land se natuurlike hulpbronne is ononderhandelbaar. Hy het tydens ‘n belanghebbendes-werkswinkel in Swakopmund beklemtoon dat daar verder as oppervlakkige samewerking beweeg en ten volle met die parlement geskakel moet word. Hy het Namibië se potensiaal […]