6,2 miljoen onveilige aborsies jaarliks in SAOG - July 16, 2025
Onveilige aborsies in SAOG-lidlande bly ‘n wesenlike uitdaging met 6,2 miljoen gevalle wat jaarliks plaasvind en ongeveer 77 persent van totale aborsies uitmaak. Steeksaktiviste vra nou vir ‘n SAOG riglyn oor veilige aborsies. Daar is ook kommer oor toegang tot voorbehoedmiddels met toegang vir meisies tussen 15 en 19 wat tussen 10 tot 24 persent […]
Cyril moet sê oor diplomatieke strategie vir VSA - July 16, 2025
Die GOOD-party sê president Cyril Ramaphosa moet dringend die volk oor die diplomatieke strategie vir die VSA inlig. Dit volg na die DA se bewerings dat Ramaphosa maande reeds geweet het dat die spesiale gesant, voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, ‘n visum deur Amerika geweier is. Die sekretaris-generaal van die GOOD-party, Brett Herron, sê […]
Amper 900 Palestyne sterf terwyl hulle kos soek - July 16, 2025
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê 875 Gaza-inwoners is die afgelope weke dood terwyl hulle kos gaan haal het. Altesaam 674 sterftes word verbind met privaat hulpsentrums wat deur die sogenaamde Gaza Humanitêre Stigting bedryf word, terwyl 201 slagoffers dood is op roetes na of naby hulpkonvooie. Die kantoor sê die stigting, ʼn privaat organisasie […]
Namibië moet bankvas agter Welwitschias staan - July 16, 2025
Namibië en Zimbabwe speel Saterdag in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker nadat die twee spanne hul halfeindronde wedstryde teen onderskeidelik Algerië en Kenia in Kampala, Uganda, gewen het. Saterdag kan daar net een wees – die wenner kwalifiseer vir ‘n plek by die Mansrugby Wêreldbeker in Australië in 2027. Namibië se onder-kaptein Danco Burger […]
Shifeta sê verkragtingsklag is in weerwraak vir beskermingsbevel - July 16, 2025
Nampol se Khomas streeksmisdaadkoördineerder, adjunk-kommissaris Chrispin Mubebo, het bevestig dat ‘n saak van verkragting teen parlementslid en voormalige omgewingsminister, Pohamba Shifeta, aanhangig gemaak is. In sy verdediging het Shifeta dokumente bekend gemaak wat aandui dat hy en sy vrou ‘n beskermingsbevel teen die 27-jarige vrou wat nou die saak teen hom aanhangig gemaak het, toegeken […]
Cyril weet sedert Mei Mcebisi is deur VSA verwerp - July 16, 2025
Die DA sê president Cyril Ramaphosa het maande gelede reeds geweet Amerika het ‘n diplomatieke visum aan die voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, geweier en dat sy geloofsbriewe reeds in Mei verwerp is. Hy het egter steeds Suid-Afrika se amptelike gesant gebly en uit die land vertrek sonder voldoende verteenwoordiging in Washington. Emma Louise […]
Meer as 7 000 Afghane is in VK hervestig na inligting uitlek - July 16, 2025
Duisende Afghaanse mense waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per ongeluk hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel hulle bloot aan ernstige geweld of […]
China, Rusland, Iran versterk bande teen Navo - July 16, 2025
President Xi Jinping van China het senior Russiese diplomate tydens besprekings by die Shanghaise Samewerkingsorganisasie meegedeel dat hulle lande wedersydse ondersteuning moet versterk. Beijing probeer al lankal om die organisasie as ‘n teenwig vir Westers-geleide magsgroeperinge soos Navo te bevorder en het gepleit vir groter samewerking tussen die 10 lede. Senior diplomate van die groepering […]
CCF sê oor Nabha-jagluiperdwyfie - July 16, 2025
Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Nabha, die agtjarige wyfiejagluiperd in Indië se Kuno Nasionale Park, wat Saterdag vrek is aan beserings wat sy na bewering ‘n week gelede tydens ‘n jagtog opgedoen het. Volgens owerhede was een van haar bene gebreek en was behandeling ondoeltreffend. […]
Meatco se Liebenberg betrek by onreëlmatige betalings aan dagga-beskuldigde se voerkraal - July 16, 2025
‘n Regeringsverslag betrek die geskorste uitvoerende hoof van Meatco, Patrick Liebenberg met nie net 473 verlore bees nie maar beskuldig hom ook dat hy onreëlmatige betalings aan dagga-beskuldigde David van der Linden se Linden-voerkraal gemaak het. Die maatskappy het volgens The Namibian ‘n ooreenkoms met Linden-voerkraal gehad en Lienbenberg het onlangs vir leiding by die […]