Namcor: ACC op soek na Malima, sê hy is in Angola - July 16, 2025
Die Teenkorrupsie-kommissie het ‘n lasbrief vir inhegtenisname vir Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima bevestig. Malima is die eienaar van Eco Fuels en voormalige besturende direkteur van Enercon, wat met die Namcor-bedrogskandaal verbind word. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata gepraat, wat sê hy is vermoedelik in Angola. borgverhoor duur vandag in die […]
Vraag na plaaslike speenkwalwers bly hoog - July 16, 2025
Namibië is amptelik in die speenkalf veilingseisoen, met vraag wat sterk bly veral met bek-en-klouseer in die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die bemarking bestuurder by die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad oor die pryse gesels. Hy sê vraag na slagbees bly ook hoog.
Staat sukkel met onopgeëiste oorskot by lykshuise - July 16, 2025
Plaaslike media berigte lui dat 169 doodgebore babas steeds nie opgeëis is in Windhoek en Oshakati nie. Volgens die gesondheidsministerie se woordvoerder Walters Kamaya is daar 186 lyke waarvan 17 volwassenes is. Volgens Kamaya as ‘n liggaam in 14 dae nie gehaal word nie, word dit as onopgeëis geklassifiseer. Die lykshuis by Sentraal Hospitaal het […]
Nasria teken sterkste prestasie nog, aan - July 16, 2025
Die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, het sy sterkste finansiële prestasie ooit aangeteken. Totale bates het in 2024 tot 869 miljoen Namibiese dollar gestyg, met ‘n netto wins wat die 100 miljoen dollar-kerf vir die eerste keer oorskry het. Dit is volgens besturende direkteur John Uusiku, wat tydens die Makelaars-toekennings die 2024 finansiële jaar as ‘n […]
SA se kankermedisyne van hoë gehalte - July 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte sê alle plaaslik-beskikbare kankermedisyne voldoen aan die vereiste gehalte-, veiligheids- en doeltreffendheidstandaarde. Dit volg nadat Lancet se internasionale gesondheids-opname swak gehalte teen-kankermiddels in lande soos Ethiopië, Kenia, Malawi en Kameroen geïdentifiseer het. Die owerheid se woordvoerder, Yuven Gounden, bevestig die spesifieke handelsmerke in die studie word nie in Suid-Afrika geregistreer […]
Cocobod waarsku oor skerp kakao-oes afname - July 16, 2025
Ghana se kakao-reguleerder, Cocobod, sê dat meer siektes wat veroorsaak word deur langdurige reënval en nie genoeg sonlig nie tot matige produksie-afname kan lei. Dit volg na boere ‘n beroep op staatsingryping gedoen het om die impak van slegte weer te verminder. Nana Oboadie Bonsu, die president van ‘n boerevereniging, het aan Reuters gesê hulle […]
VN het kommer oor stamgevegte in Sirië - July 16, 2025
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy diepe kommer uitgespreek oor sektariese gevegte tussen Droese-milisies en Bedoeïne-stamme in Sirië. Sowat 100 mense is dood in die gevegte wat Sondag in die oorwegend Droese-stad Suweida uitgebreek het. Siriese sekuriteitsmagte het Dinsdag die stad binnegegaan na ‘n wapenstilstand uitgeroep is, waarna Israel magte om […]
NamPol soek inbrekers by Imms Mulunga se huis - July 15, 2025
Die polisie het bevestig dat hulle ‘n inbraak ondersoek by die huis van die voormalige Namcor-baas Imms Mulunga, wat in hegtenis geneem is vir beweerde bedrog. Die huis in Klein-Windhoek is geplunder, het sy prokureur aan die Windhoekse laerhof gesê, waar ‘n borgaansoek voortgaan. Die inbrekers het na bewering deur ‘n elektriese heining en diefwering […]
Mac Hengari sit borgaansoek voort - July 15, 2025
Voormalige landbouminister Mac Hengari en sy medebeskuldigde, Simon Hanga, het weer in die Windhoek laerhof verskyn in sy borgtog-aansoek. Hengari het getuig dat sy inhegtenisname deel van ‘n lokval was en dat hy nie met enige dokumentasie bedien is nie, ook nie ‘n lasbrief vir inhegtenisname nie. Hy het verklaar dat sy volgehoue aanhouding sedert […]
SA Misdaadopsporingshoof op verpligte verlof geplaas - July 15, 2025
Die polisie se adjunk-nasionale kommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, is gevra om verlof te neem. Dit volg op plofbare bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat Sibiya met die inligtingsmous Brown Mogotsi en die polisieminister, Senzo Mchunu, saamgespan het om die taakspan vir politieke moorde in die provinsie te ontbind. Nasionale kommissaris Fannie Masemola […]