Engelse draaibouer Bashir uit Indië-toetsreeks - July 15, 2025
Krieket: Die Engelse draaibouer Shoaib Bashir moes onttrek aan die oorblywende twee toetse teen Indië weens ‘n gekraakte vinger. Die 21-jarige is beseer toe hy probeer het om die bal te vang van sy eie boulwerk op die derde dag van die derde toets op Lord’s. Engeland het met 22 lopies gewen vir ‘n voorsprong […]
Filmkommissie soek voorleggings vir befondsing - July 15, 2025
Die Namibiese Filmkommissie het voorleggings vir sy befondsingsiklus vir die huidige boekjaar geopen, wat gemik is op eerstekeer-vervaardigers. Ondersteuning sal gaan na drie kortfilms, drie webreekse, wat beperk tot aansoekers buite Khomas, en een mini-dokumentêr. Die doel is om streeksdiversiteit en vars narratiewe te bevorder. Voorleggings sluit op 11 Augustus. Nicola Muranda, senior mediabeampte by […]
Oop-water swemmers takel Wêreld Akwatiese Kampioenskappe - July 15, 2025
Namibië se oop-water swemspan neem van vandag af deel aan die Wêreld Akwatiese Oop-water Kampioenskappe in Singapoer. Die kampioenskappe duur tot Sondag. Die span bestaan uit Madison Bergh, Reza Westerduin, Tristan Nell en Nico Esslinger, vergesel deur afrigter Jörn Diekmann en spanbestuurder Angelika Diekmann. Esslinger, wat in Antibes in Frankryk studeer, sal aan die 3km, […]
Regering sit kernkrag-bal aan die rol - July 15, 2025
Namibië het amptelik gesprekke begin met die Internasionale Atoomenergie-agentskap rakende ‘n ondersoek om ‘n kernkragaanleg te bou, wat na verwagting ten minste tien jaar sal duur. Die uitvoerende direkteur in die Ministerie van Mynwese en Energie, Ben Nangombe, sê die projek moet aan 19 belangrike infrastruktuurstandaarde voldoen, insluitend regulatoriese aangeleenthede. Die regering oorweeg ‘n reeks […]
Uiters streng maatreëls vir droogtehulpvleis uit Noorde - July 15, 2025
Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het met die aankondiging van die einde van die droogtehulpprogram, gesê dat vleis noord van die rooilyn bekom is, gevries is en suid van die rooilyn versprei is as deel van die program. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux. Hy sê van die abattoirs is uiters streng. […]
Voëlgriep onder die loep by dringende vergadering - July 15, 2025
Die Pluimveeprodusentevereniging het ’n dringende vergadering belê om Namibië se voëlgriepbeheer en -monitering te versterk. Voëlgriep is volgens die vereniging ’n ernstige streek- en wêreldbedreiging. Die vergadering vind môre om twee-uur by die Namibië Landbou-unie se raadsaal in Windhoek plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die vereniging, Louis Kleynhans gesels.
Wêreld se oudste marathonatleet, 114, sterf in ongeluk - July 15, 2025
Die wêreld se oudste marathonatleet, die 114-jarige Fauja Singh van Indië, is in ‘n tref-en-trap-ongeluk dood. Hy het ‘n dekade gelede na sy 100ste verjaardag steeds deelgeneem. Singh is in 1911 op die Indiese platteland gebore en het later na Londen verhuis, waar hy bekendheid verwerf het as Die Tulband-tornado. Hy het eers in sy […]
Namibië moet nou ekonomies loskom van SA: Quinton van Rooyen - July 15, 2025
As Amerikaanse president Donald Trump ‘n invoertarief van 30 persent op Suid-Afrikaanse goedere instel, sal Namibiërs dit aan hul sakke voel, aangesien die land versuim het om sy eie vervaardigingsektor te ontwikkel. Dit is volgens dr. Quinton van Rooyen, Trustco Group Holdings se groep-uitvoerende hoof, wat byvoeg dat die dalende rand reeds alles duurder maak. […]
Koeberg nou eers einde Augustus aanlyn - July 15, 2025
Eskom sê Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad sal nou teen die einde van Augustus weer aanlyn wees. Daar is aanvanklik verwag dat die eenheid dié maand weer in diens sou wees. Die eenheid van 930-megawatt is tans afgeskakel vir die tweede fase van ‘n langtermyn-bedryfsverlenging. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die hersiene […]
VK moet klimaat-kwessies dringend aanpak - July 15, 2025
Die Britse minister van Energie en Klimaatsverandering, Ed Miliband, sê die jongste klimaatverslag is ‘n duidelike waarskuwing oor die dringendheid om klimaatsverandering aan te pak. Die verslag bevestig dat die Verenigde Koninkryk se klimaat aansienlik verskil van vorige dekades, met uiterste hitte en reënval wat die norm word as gevolg van mensgemaakte aardverwarming. Die verslag […]