Bok Jasper Wiese geskors vir 4 wedstryde - July 15, 2025

Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Jasper Wiese is vir vier wedstryde geskors na sy rooikaart tydens verlede naweek se toets teen Italië in Gqeberha. Hy sal dus Suid-Afrika se volgende wedstryd teen Georgië misloop, asook die eerste drie kragmetings van die Rugbykampioenskap – in Johannesburg en Kaapstad teen Australië, en teen die All Blacks in Auckland. Wiese […]

Read More

Petrofund staan agter Jeug in Olie en Gas-beraad - July 15, 2025

Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, het amptelik die 2025 Jeug in Olie en Gas-beraad, wat op 24 en 25 Julie in Walvisbaai onder die tema “Boor die toekoms binne” plaasvind, onderskryf. Die beraad het ten doel om die Namibiese jeug toe te rus met vaardighede en kennis om deel te neem aan die groeiende […]

Read More

Uile-smous in hof oor verkoop van wild - July 15, 2025

‘n Agt-en-veertig-jarige verdagte verskyn vandag in die hof vir die verkoop van wild in Nelspruit, Mpumalanga. Die Valke se Ondersoekeenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad in Nelspruit het die man betrap toe hy sonder ‘n permit vier kerkuile vir 1 000 Suid-Afrikaanse rand elk by ‘n plaaslike winkelsentrum wou verkoop. Die verdagte word aangekla ingevolge die […]

Read More

EU sê Trump-tariewe kan handel met VSA uitwis - July 15, 2025

Die Europese Unie waarsku sy handel met die VSA kan uitgewis word indien president Donald Trump sy dreigement uitvoer om ‘n 30-persent-tarief op invoere op die 27-nasies-blok in te stel. Die bilaterale handelsverhouding tussen die EU en die VSA verteenwoordig byna 30-persent van die wêreldwye handel in goedere en dienste. Trump het die EU herhaaldelik […]

Read More

Australië boul Windies uit vir 27, wen toetsreeks 3-0 - July 15, 2025

Krieket: Australië het 3-0 skoonskip gemaak in die toetsreeks teen die Windies toe hulle die gashere in die laaste wedstryd in Kingston, Jamaika, vir slegs 27 uitgeboul het. Dit is slegs een lopie meer as Nieu-Seeland se rekord in 1955. Mitchell Starc het die meeste verwoesting aangerig en ‘n wêreldrekord opgestel vir die vinnigste vyf […]

Read More

Van der Linden se plaaswerkers in sak en as - July 15, 2025

Plaaslike media berig dat die werkers van die vermeende Hochveld-daggaboer, David van der Linden in sak en as gelaat is na sy arrestasie, reeds op 28 Mei vanjaar. Van die werkers wat met Namibian Sun gepraat het, werk reeds 18 jaar vir Van der Linden en sê hulle het nêrens om heen te gaan nie […]

Read More

Solidariteit verwelkom bevinding oor SAPD se onbillike arbeidpraktyke - July 15, 2025

Die vakverbond Solidariteit verwelkom ’n uitspraak deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wat bevind het dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens skuldig is aan onbillike arbeidspraktyke. Dit volg nadat ‘n Valke-offisier in Kimberley in die Noord-Kaap, Ralda Breedt, oor die hoof gesien is vir ‘n bevordering wat aan ‘n swakker gekwalifiseerde kandidaat toegeken is. Theunis […]

Read More

Vrae oor G20 se lewensvatbaarheid sonder VSA - July 15, 2025

Nog ‘n versuim deur die Amerikaanse Tesourie-sekretaris, Scott Bessent, Donald Trump se tariefdreigemente en toenemende spanning tussen Washington en Brics-lande lyk asof dit hierdie week se vergadering van G20-finanshoofde in Durban, Suid-Afrika, sal oorskadu. Verskeie sleutelamptenare, insluitend Bessent, het Februarie se Kaapstadse byeenkoms van ministers van finansies en sentrale banke in die groepering oorgeslaan. Volgens […]

Read More

Oekraïne LP verwelkom Trump se ‘ommekeer’ - July 15, 2025

Die Oekraïnse LP, Oleksandr Merezhko, het aan Britse media gereageer op president Donald Trump se ommekeer rakende die Oekraïne, dat hy wapens aan Navo sal voorsien en ook, dat hy sekondêre sanksies wil instel teen Rusland se handelsvennote. Hy sê dit is uiters goeie nuus, veral op drie punte…

Read More

Organiese landbou plaaslik onder die loep - July 15, 2025

Die Namibiese Organiese Vereniging en die Namibiese Natuurstigting het saam met streekvennote van Zambië, Malawi en Suid-Afrika ‘n gesamentlike strategie ontwikkel vir die bevordering van organiese landbou en agro-ekologie. Dit volg op samewerkings wat deur die Kennissentrum vir Organiese Landbou en Landbou-ekologie in Suidelike Afrika-projek gevestig is. Kosmos 94.1 Nuus het met Vera Corry, die […]

Read More