Bek-en-klouseer kan ons ekonomie oornag lamlê - July 15, 2025
Reaksie word ontvang op nog ‘n bevestiging van bek-en-klouseer in die buurland, die keer in die Vrystaat wat die aantal uitbrekings in vyf provinsies op 270 te staan. Hiervan is 249 uitbrekings nog aktief. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jako van Wyk, die voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie wat sy kommer uitgespreek het […]
Brit wat blykbaar San-kinders naak afneem wil borg hê - July 15, 2025
Die Britse toeris, Douglas Robert Brooks, wat daarvan beskuldig word dat hy naakfoto’s van San-kinders in Tsumkwe geneem het, sal Vrydag hoor of sy aansoek vir borg geslaag het of nie. Hy het Grootfontein-landdros Boniface Konga gevra vir 50 000 Namibiese dollar. Sy regsman Thomas Andima vra dat sy kliënt toegelaat word om ‘n hotel […]
Wetlike raamwerk kom vir groenwaterstof - July 15, 2025
Namibië is besig om ‘n wetlike raamwerk op te stel om die groenwaterstof-bedryf te ondersteun, met ‘n beleid wat tans deur die energieministerie hersien word. Groenwaterstof-kommissaris James Mnyupe sê die konsep-beleid sal na hersiening aan die kabinet voorgelê word. Befondsing is verseker vir wetlike opstellers, met ‘n tender wat reeds uitgereik is.
Duitse doeane kom af op 1 500 tarantulas in koekies versteek - July 15, 2025
Duitse doeanebeamptes het op ongeveer 1 500 tarantulas afgekom wat in ‘n besending koekies versteek was. Die besending van 7 kilogram uit Viëtnam is op die Keulen-Bonn-lughawe onderskep nadat ‘n vreemde reuk opgemerk is. Die giftige spinnekoppe was in plastiekbuise verpak en baie het nie oorleef nie. Die oorblywende spinnekoppe is daarna onder professionele sorg […]
Opul-hoof sê Namibië kan moontlik aansluit - July 15, 2025
Namibië kan moontlik in die toekoms by die Organisasie van Petroleumuitvoerlande, bekend as Opul, aansluit. Volgens Namibia Mining and Energy het die Opul-sekretaris-generaal Haitham al-Ghais gesê die organisasie is in gesprek met verskeie Afrikalande oor moontlike lidmaatskap en Namibië is een van die land wat potensiaal het. Die land sal moet voldoen aan die nodige […]
Gwarube beklemtoon Graad R gereedheid - July 15, 2025
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die befondsing van vroeë kinderontwikkeling is van kritieke belang, aangesien dit deel is van die departement se vyf sleutelprioriteite. Die voorwaardelike toelae vir vroeë kinderontwikkeling het tot meer as 1,7 miljard Suid-Afrikaanse vir die 2025/2026-boekjaar gestyg, met meer as 230 miljoen rand wat aan ‘n ontwikkelingvoedingsprojek en […]
Trump sê Navo gee die steun aan Oekraïne en betaal die wapens - July 15, 2025
President Donald Trump sê volgens ʼn nuwe ooreenkoms sal Amerika van sy beste wapens aan Navo-lede verkoop, wat dit dan aan Oekraïne sal verskaf. Die wapens sluit in grond tot lug Patriot-missielstelsels en -batterye wat Kiëf aangevra het om homself teen Russiese lugaanvalle te verdedig. Trump sê bykomende Patriot-stelsels sal binne dae in Oekraïne aankom. […]
Burano is wêreld se kleurvolste - July 15, 2025
Burano in Italië is aangewys as die wêreld se kleurvolste bestemming. Die kreatiewe ateljee, Berlew, het ʼn ontleding gedoen om te bepaal hoe kleurvol 125 van die wêreld se gewildste reisbestemmings is. Elke straat in Burano se geboue is van die mure en vensterrame tot die deure en hortjies in blou, rooi, groen en geel […]
Meatco skors sy hoof, Patrick Liebenberg - July 15, 2025
Die direksie van Meatco het sy waarnemende uitvoerende hoof, Patrick Liebenberg, geskors hangende ‘n ondersoek. Woordvoerder Undamuje Hambira wou geen kommentaar lewer nie en het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is ‘n interne saak. Die voorsitter van die direksie, Stephanie de Klerk, nie die rede vir die skorsing bekend gemaak nie en sê Kingsley […]
Kabinet versterk regulering van medisyne - July 15, 2025
Inligtingsminister Emma Theofelus het die kabinet se goedkeuring aangekondig om die Namibië Medisyne Reguleringsraad te versterk, insluitend die aanstel van meer personeel om doeltreffendheid te verhoog. Dit volg op bewerings van ongelisensieerde medisyneverkope en -diefstal, wat nou deur die Teenkorrupsie-kommissie ondersoek word. Die kabinet steun ook gesondheidsinisiatiewe na Namibië se deelname aan die Africa Health […]