SAOG-span vind tekortkominge tydens verkiesing - July 15, 2025
Die finale verslag van die SAOG se Verkiesings Waarnemingspan rakende die chaotiese November verkiesings is gepubliseer. Terwyl die stemmery vreedsaam was is erge tekortkominge in logistiek en administrasie deur die verkiesingskommissie waargeneem. Die span sê dit kan vertroue in die land se demokratiese prosesse ondermyn. Die grootste uitdaging was die tekort aan stembriewe by talle […]
Oliepryse daal effe na Trump se 50-dag sperdatum - July 15, 2025
Oliepryse het vanoggend met meer as 2,5 persent gedaal nadat die Amerikaanse president Donald Trump se lang sperdatum van 50 dae vir Rusland om die oorlog in die Oekraïne te beëindig en sanksies te vermy, onmiddellike kommer oor voorraad verlig het. Brent is net onder 69 Amerikaanse dollar ‘n vat. Oliepryse het aanvanklik gestyg op […]
Rutte verheug na ontmoeting in Oval Office - July 15, 2025
Mark Rutte, die sekretaris-generaal van Navo, was sigbaar verheug in die Oval Office met Amerikaanse president Donald Trump se besluit om Oekraïne van wapens vir verdediging te voorsien. Hoewel die details van die wapens nog nie bekend is nie, behalwe dat dit Patriot-missiele sal insluit, het Rutte gesê daar sal aansienlike hoeveelhede wees.
Kaapstad wen weer Beste Stad ter Wêreld - July 15, 2025
Telegraph-lesers het Kaapstad in die 2025 Telegraph-reistoekennings weer aangewys as die Beste Stad ter Wêreld. Meer as 20 000 reisigers uit die Verenigde Koninkryk het deelgeneem en vir die sewende keer dié gesogte titel aan Kaapstad toegeken. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Kaapstad word geloof vir sy pragtige natuurskoon en opwindende stadslewe […]
Trump-beleid stoot Bitcoin verder op - July 15, 2025
Bitcoin se prys klim steeds, en het in die laaste week met sowat 11 persent gestyg. Die kripto-geldeenheid het Maandag vir die eerste keer bo 120 000 Amerikaanse dollar verhandel. Dit het effe teruggesak en verhandel tans bo 117 000 dollar. Die BBC se sake-verslaggewer, Kirsten Silva, sê dit het baie met die presidentskap van […]
Namcor-borgaansoek gaan voort vandag - July 15, 2025
Die verdagtes in die Namcor-bedrogsaak staar nou 71 aanklagte in die gesig met die aansoeke vir borg wat vandag voor landdros Linus Samunzala in die Windhoek laerhof voortduur. Die Staat se Basson Lilungwe staan borgtog teen weens die erns van die aanklagte, die risiko van inmenging in ondersoeke en die moontlikheid van verdere arrestasies. Peter […]
Ekonoom sê die land het in werklikheid armer geword - July 15, 2025
Daar is steeds reaksie op Namibië se verskuiwing van die boonste middelinkomstegroep na die laer middelinkomstegroep deur die Wêreldbank. Van die voordele hiervan sluit in die vermoë om toegang tot internasionale lenings teen laer rentekoerse te verkry. Namibië se buitelandse skuld sal na verwagting vanjaar tot 172 miljard Namibiese dollar groei, of 62 persent van […]
Amper 5 miljoen kubiek in een week uit damme onttrek - July 15, 2025
Daar word uiters ruim gebruik aan die land se waterbronne met amper 760 000 kubiek wat in ‘n week uit die drie sentrale damme onttrek is, met 4 miljoen kubiek wat uit Hardap, Naute en Neckartal gepomp is. Die drie sentrale damme het tans bronne van 79,2 persent. In die suide staan Hardap op 70,5 […]
Inkumbi rig waarskuwing aan GIPF-begunstigdes - July 15, 2025
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het verduidelik dat sy Pensioengesteunde Huisleningskema streng vir behuisingsdoeleindes is en nie vir troues, besighede of ander persoonlike uitgawes nie. Uitvoerende hoof Martin Inkumbi beklemtoon dat die skema, wat deur die Pensioenfondswet beheer word, beperkte pensioentoegang slegs toelaat vir eiendom.
Agro-verwerkingsaanleg kom dalk vir Kavango Oos - July 15, 2025
Die Shambyu tradisionele owerheid in die Kavango Oos-streek het ‘n stuk grond geïdentifiseer waar ‘n agro-verwerkingsfasiliteit ontwikkel kan word. Eerste minister Elijah Ngurare, wat op ‘n besoek aan die streek is saam met landbouminister Inge Zaamwani, het Maandag met die tradisionele owerheid vergader. Hy sê fondse is goedgekeur om ‘n agro-verwerkingsfasiliteit in die streek op […]