Cosatu eis vinnige ondersoek na polisie-leierskap - July 15, 2025

Cosatu sê die onafhanklike Regterlike Kommissie van Ondersoek na bewerings oor die polisie-leierskap moet ten volle ondersteun word en die nodige hulpbronne ontvang om sy mandaat te kan vervul. Cosatu sê die plofbare bewerings van korrupsie en ernstige misdadige bedrywighede deur die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, is uiters kommerwekkend en kan burgers se vertroue […]

Read More

Oekraïne: Trump beloof 100% sekondêre tariewe na 50 dae - July 15, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het planne aangekondig om gesofistikeerde wapens deur Navo aan Oekraïne te lewer, wat Patriot-lugverdedigingstelsels insluit. Hy het tydens ‘n vergadering met Navo sekretaris-generaal Mark Rutte in die Withuis ook gesê hy is baie ongelukkig met Rusland. Trump sê hy sal sekondêre handelstariewe van 100 persent instel teen lande wat met Rusland […]

Read More

So lyk die top-tien na Wimbledon - July 15, 2025

Die Italianer Jannik Sinner het sy plek bo-aan die wêreldranglys bevestig nadat hy sy eerste Wimbledon-titel en vierde Grand Slam-titel verower het. Die naaswenner, Carlos Alcaraz van Spanje, bly in die tweede plek met Alexander Zverev van Duitsland derde. Die Amerikaner Taylor Fritz verbeter na vierde en het Jack Draper van Brittanje verbygesteek, gevolg deur […]

Read More

Venaani kritiseer regering vir ‘voorkoms bo inhoud’ - July 14, 2025

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, het president Nandi Netumbo-Ndaitwah se eerste 100 dae in die amp as ‘n “handboekgeval van politieke traagheid” bestempel. Venaani het tydens ‘n perskonferensie in Windhoek die administrasie gekritiseer omdat hulle ‘n goeie voorkoms bo inhoud prioritiseer.

Read More

TLU-SA bekommerd oor Brasiliaanse hoenderinvoere - July 14, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is bekommerd oor die invoer van enige hoenderprodukte uit Brasilië na Suid-Afrika. Dit volg nadat die regering die verbod op invoer van pluimveeprodukte uit Brasilië gedeeltelik opgehef het. Die Departement van Landbou laat nou invoere toe uit alle Brasiliaanse provinsies, behalwe Rio Grande do Sul, waar voëlgriep voorgekom het. […]

Read More

Boeings se brandstofbeheerskakelaars veilig, sê FAA - July 14, 2025

Die Amerikaanse federale lugvaartadministrasie, die FAA, sê dat brandstofbeheerskakelaars in Boeing-vliegtuie veilig is, na hul berigde betrokkenheid by die Air India-ongeluk waarin 260 mense gesterf het. Die veiligheid van die skakelaars het ‘n sleutelpunt geword nadat ‘n voorlopige verslag oor die ramp Vrydag vrygestel is. Die verslag sê dat brandstof na die Boeing 787-8 Dreamliner […]

Read More

Swiatek verbeter tot derde op tennis-wêreldranglys - July 14, 2025

Tennis: Iga Swiatek van Pole het tot derde op die wêreldranglys verbeter nadat sy Saterdag haar eerste Wimbledon-titel en sesde Grand Slam-kroon ingepalm het. Aryna Sabalenka van Belarus bly eerste nadat sy in die halfeindronde teen Amanda Anisimova verloor het. Die Amerikaner het met vyf plekke tot sewende verbeter. Die Amerikaner Coco Gauff is steeds […]

Read More

Land het uitdagings met rook, drank en dwelms - July 14, 2025

Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het by die opening van die werkswinkel oor tabak- en alkoholbeheer in Windhoek gesê dat voorkoming beter is as behandeling, maar daar is nog baie om te doen. Die land het geen wetgewing rakende damprook nie en drank en dwelms bly ‘n reuse-uitdaging.

Read More

Skopboksers presteer by Desert Storm 5 internasionale toernooi - July 14, 2025

Namibiese skopboksers het presteer by die Desert Storm 5 internasionale skopboks-toernooi wat die naweek deur die Namibië Skopboks-federasie in Walvisbaai aangebied is. Julian Müller het sy Sub-Sahara-titel suksesvol verdedig teen Suid-Afrika se Micardo du Preez met ‘n tegniese uitklophou in die tweede rondte. Sy broer, Delano Müller, het eweneens Alen Mhango van Zimbabwe met ‘n […]

Read More

Regering fouteer deur amptelike opposisie uit te sluit - July 14, 2025

Die IPC het die regering gekritiseer omdat hulle die amptelike opposisie van nasionale gebeure uitgesluit het en dit ondemokraties en doelbewus genoem. Die party het die ironie hiervan tydens die besoek van die Indiese premier Modi beklemtoon en gesê dat dit demokrasie ondermyn. Dit het ook die Kantoor van die Leier van die Amptelike Opposisie […]

Read More