Onbestede begrotings ‘ook begrotingsiklus se skuld’ - July 14, 2025

Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa kritiseer regeringsdepartemente omdat hulle nie hul begrotings bestee nie en ongebruikte fondse teruggee. Hy noem dit swak hulpbronbestuur. Hy het ook by die bekendstelling van pad-opgraderingswerk in Windhoek gesê burokrasie en die laat betaling van kontrakteurs hou ontwikkeling terug. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo […]

Read More

Huishoudelike geweld eis 3 lewens, een beseer - July 14, 2025

Drie mense is die naweek in twee afsonderlike voorvalle van huishoudelike geweld vermoor en een is beseer. In Kavango-Wes is ‘n 27-jarige man in hegtenis geneem ná hy na bewering Vrydag sy ouma van 84 jaar en oupa van 79 met ‘n byl aangeval en vermoor het. Op Rosh Pinah het ‘n rusie tussen ‘n […]

Read More

Nuwe uitbreking van bek-en-klou in Vrystaat - July 14, 2025

Die Departement van Landbou in Suid-Afrika het ‘n nuwe uitbreking van bek-en-klouseer op ‘n kommersiële plaas in die Vrystaat bevestig, wat die aantal uitbrekings in vyf provinsies op 270 te staan bring. Hiervan is 249 uitbrekings nog aktief, terwyl 21 opgelos is. Die betrokke plaas naby Kroonstad is onder kwarantyn geplaas terwyl amptenare die bron […]

Read More

Namibë verbind tot lae-koolstof, volhoubare ekonomie - July 14, 2025

Die regering het sy verbintenis tot ‘n lae-koolstof, volhoubare ekonomie herbevestig tydens die Groen Beleggingsdialoog in Walvisbaai. Minister Natangwe Ithete het gesê klimaatsaksie is sentraal tot ontwikkeling, en het kennis geneem van vordering in hernubare energie soos die Omburu-sonkragaanleg en planne om landelike skole en klinieke van sonkrag te voorsien. Namibië se groen waterstofprojekte, insluitend […]

Read More

Sassa finaliseer biometriese IS-stelsel - July 14, 2025

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid is besig met die finalisering van ’n biometriese identifikasiestelsel om sekerheid en integriteit in die administrasie van maatskaplike toelaes te verbeter. Die uitvoerende hoof van Sassa, Themba Matlou, sê dit is deel van die Tesourie se begrotingvoorwaardes vir 2025 wat op kostebesparingsmeganismes en verbeterde verifikasie aandring. Matlou sê die […]

Read More

Nog geen datum vir kerngesprekke tussen VSA, Iran - July 14, 2025

Iran sê daar is geen spesifieke datum vir ‘n vergadering met Amerika oor Teheran se kernprogram nie, nadat ‘n oorlog met Israel die onderhandelings ontspoor het. Iran het met Amerika onderhandel voor Israel verlede maand sy kernaanlegte begin teiken het. Die VSA het sy eie aanvalle op Iran se kernprogram afgevuur, met die uraanverrykingsaanleg by […]

Read More

Marc Marquez vergroot sy MotoGP-voorsprong - July 14, 2025

Motorsport: Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong oor sy broer Álex tot 83-punte vergroot toe hy die Duitse Grand Prix gewen het. Dit is die Ducati-jaer se negende MotoGP-oorwinning op die Sachsenring in die 200ste wedren van sy loopbaan. Álex het die tweede plek opgeraap vir Gresini Racing met sy spanmaat Francesco Bagnaia […]

Read More

Swakopmund mik na kussentrum vir groei, innovasie - July 14, 2025

Die burgemeester van Swakopmund, Blasius Goraseb, het die dorp se ambisie herbevestig om ‘n kussentrum vir ekonomiese groei en innovasie te word. Tydens die vierde jaarlikse sake-ontbyt het Goraseb openbare-private samewerking geprys en die geleentheid se groeiende rol in die aanpak van ekonomiese uitdagings en die bevordering van volhoubare ontwikkeling uitgelig.

Read More

Veediefstal in Windhoek-distrik aangemeld - July 14, 2025

‘n Saak van veediefstal word ondersoek ná ‘n plaaswerker Vrydag in die Windhoek-distrik tydens ‘n patrollie op verdagte voetspore afgekom het, wat na ‘n toneel gelei het waar twee koeie geslag is. Net die diere se koppe en binnegoed is gevind. Die waarde van die koeie was 30 000 Namibiese dollar. Geen arrestasies is nog […]

Read More

BOSA boos oor Cyril se plan met polisie-beweringe - July 14, 2025

Build One South Africa sê president Cyril Ramaphosa moes eerder die Spesiale Ondersoekeenheid opdrag gegee het om die provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings te ondersoek. Die president het ʼn regterlike ondersoek ingestel na die bewerings in verband met misdaadsindikate se infiltrering van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings in die strafregstelsel. BOSA-leier Mmusi […]

Read More