Dis Proteas teen Zim vandag in driehoekige reeks - July 14, 2025
Krieket: Suid-Afrika speel vandag in Harare teen die gasheer, Zimbabwe, in die eerste wedstryd van die driehoekige T20-reeks waaraan Nieu-Seeland ook deelneem. Rassie van der Dussen voer die span aan terwyl die gereelde kaptein, Aiden Markram, en nog ‘n hele paar ander hoëprofiel-spelers ruskans kry. Die jong kolwer Lhuan-dré Pretorius kan sy T20-buiging vir Suid-Afrika […]
SME’s kry aandag by ontwikkelingsraad en NSI - July 14, 2025
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad en die Namibiese Standaarde-instituut het ‘n samewerkingsooreenkoms onderteken om produkgehalte, markgereedheid en gemak van sake doen te verbeter. Die ooreenkoms ondersteun SME-geleide groei, gehalteversekering en mededingendheid, met ‘n fokus op die bou van ‘n nasionale beleid vir volhoubare belegging. Die uitvoerende hoof van die raad, dr. Nangula Uaandja, sê die […]
SABC se befondsingmodel word ontwikkel - July 14, 2025
Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê die proses om ‘n nuwe befondsingsmodel vir die SABC te ontwikkel is aan die gang. Die regering het 704 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor drie jaar aan die openbare uitsaaier toegeken, insluitend 43 miljoen vir inhoud, 464 miljoen vir sy mandaat en 197 miljoen rand vir […]
Tronk en dwangarbied vir 44 wat Boko Haram finansier - July 14, 2025
Vier-en-veertig mense in Nigerië is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir die finansiering van die militante groep Boko Haram. Die verhore van 10 ander mense is uitgestel, volgens die land se teen-terrorisme-agentskap. Die beskuldigdes het voor vier spesiaal saamgestelde howe verskyn wat op ‘n militêre basis in die dorp Kanji, in die sentrale staat van Niger, […]
Bibi-adviseur kan aangekla word oor uitlek van Gaza-inligting - July 14, 2025
‘n Adviseur van die Israeliese premier Benjamin Netanyahu staan tereg op aanklagte rakende sekuriteit hangende ‘n verhoor vir die beweerde uitlek van topgeheime militêre inligting tydens Israel se oorlog in Gaza. Jonatan Urich het enige oortreding in die saak, wat sowerhede laat in 2024 begin ondersoek het, ontken. Netanyahu beskryf die ondersoeke as polities gemotiveerd en […]
PathCare borg groot staptog vir kanker - July 14, 2025
Sluit aan by die stryd teen kanker by die Nasionale Kankerstaptog op Saterdag 26 Julie 2025, met trots aangebied deur PathCare Namibia. Hierdie 5 km-pretstaptog, wat in Windhoek, Rehoboth, Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund plaasvind, bring gemeenskappe bymekaar vir ‘n saak wat saak maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die […]
Bek-in-klouseer in SA kan hele streek negatief raak - July 14, 2025
Namibië het streng biosekuriteitsmaatreëls ingestel by grensposte weens BKS-uitbrekings in buurlande. Voertuigwiele en skoene moet ontsmet word, insluitend skoene in bagasie. Vragmotors wat vee terugbring, benodig ’n geldige ontsmettingssertifikaat. Onverwerkte veevoer en diere-produkte soos rou vleis, suiwel en ongaar biltong of droëwors sal gekonfiskeer word. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Dr. Kobus Laubscher gepraat […]
Vraag na olie daal vanjaar - July 14, 2025
Die Internasionale Energie-agentskap se Julie-verslag dui daarop dat die wêreldwye groei in die olievraag met slegs 700 000 vate per dag in 2025 sal styg. Dit is die stadigste groei sedert 2009, teenoor die wêreldwye styging van 950 000 vate in Junie tot 105,6 miljoen vate per dag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse […]
Helfte van Omaheke-inwoners moes droogtehulp ontvang - July 14, 2025
Tydens sy streeksrede het goewerneur van Omaheke, Pijoo Nganate, onthul dat droogtehulp versprei is na die helfte van die streek se inwoners. Meer as 22 575 huishoudings is bereik wat 67 725 mense dek. Die regering het verlede week die einde van die droogtehulpprogram aangekondig.
Jane Goodall gevier op Wêreld-sjimpansee-dag - July 14, 2025
Dit is vandag Wêreld-sjimpansee-dag en die Verenigde Nasies vereer Jane Goodall vir haar onvermoeide toewyding aan sjimpansees. Goodall het op hierdie dag in 1960 haar navorsing by die Gombe Nasionale Park in Tanzanië begin oor die belangrikheid van dié primate en die dringende behoefte om hulle en hul habitat te beskerm. Die VN sê weens […]