11 vas vir dwelms - July 14, 2025
Elf mense is die naweek in dwelmverwante voorvalle in hegtenis geneem. Twee Zambiërs en een Namibiër verskyn vandag in die hof ná hulle Vrydagaand by die Kamenga-grenspos deur die polisie vasgetrek is met twee sakke dagga van 60 kg elk in hul besit. In die Oshikoto-streek is ‘n man in hegtenis geneem ná ses daggaplantjies […]
Gedragskodes, werwingstandaarde onder loep by SAOG-dienskommissie - July 14, 2025
By die opening van die SAOG se Openbare Dienskommissieforum het die voorsitter van die Openbare Sektor-kommissie, Salmaan Jacobs, gesê die forum bevorder gedeelde leer en strategiese belyning in die openbare sektor. Hy het die behoefte beklemtoon om werwingstandaarde, etiese kodes en prestasiestelsels meer vaartbelyn te maak om vaardigheidsmobiliteit regoor die streek moontlik te maak.
Ondersoek na Mchunu-herrie kan nie jare duur nie - July 14, 2025
Die DA-leier John Steenhuisen sê alhoewel hulle die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof verwelkom, volg dit ná nasionale ontsteltenis. President Cyril Ramaphosa het ook ʼn kommissie van ondersoek aangewys om bewerings van misdaadsindikate se infiltrasie van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings in die strafregstelsel te ondersoek. Steenhuisen sê hulle sal nie ʼn […]
Superman nommer een by VSA-loket - July 14, 2025
Die langverwagte Superman, die nuwe strokiesprent-avontuur met David Corenswet in die hoofrol, was die naweek nommer een by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Die fliek se regisseur is James Gunn, wat veral bekend is vir Guardians of the Galaxy en The Suicide Squad. Universal se Jurassic World Rebirth is nou tweede en Apple se F1: The Movie met […]
Nog ‘n gewapende roof, N$100 000 gebuit - July 14, 2025
Nog ‘n gewapende roof het in die hoofstad plaasgevind. Twee mans, een met ‘n panga en die ander met ‘n handwapen het ‘n bekende winkel by die Shoprite-kompleks op Monte Christo beroof. Volgens berigte vanaf die toneel het die man met die geweer gedreig dat as een skree sal hy skiet. Die twee, wat te […]
Mchunu verwelkom onmiddellike verlof - July 14, 2025
Die buurland se polisieminister, Senzo Mchunu, sê hy verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om hom met onmiddellike ingang op spesiale verlof te plaas. Dit is terwyl ʼn kommissie van ondersoek bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek. Hy beskuldig die minister dat hy inmeng by sensitiewe polisieondersoeke en met sakepersone, insluitend moordbeskuldigdes, saamgespan […]
Biya staan weer, of is dit steeds? - July 14, 2025
Kameroen se jarelange leier, president Paul Biya, het amptelik aangekondig dat hy vir nog ‘n termyn in die amp sal staan. Die 92-jarige het die aankondiging op sosiale media gemaak en sy voortgesette vasberadenheid om te dien verklaar en belowe dat die beste nog moet kom. Biya is al meer as 40 jaar aan die […]
Vir Trump is vriendskap gelyk aan goeie betrekkinge - July 14, 2025
Die Kyiv Independent het ‘n onderhou met die oud-Amerikaanse nasionale sekuriteit-adviseur John Bolton gepraat. Bolton meen dat groot besluite voorlê maar Amerikaanse president Donald Trump is dalk nou meer oop vir voortgesette hulp aan Oekraïne. Hy sê as Trump ‘n staatshoof as ‘n vriend af, dan is bande tussen daardie land en die VSA Oekraïne […]
Inflasie sal verder styg - July 14, 2025
Namibië se jaarlikse inflasie het in Junie tot 3,7 persent gestyg, teenoor 3,5 persent in Mei, wat ontleders wat ‘n daling verwag het, verras het. Die toename is gedryf deur stygende voedsel-, behuisings- en alkoholpryse. Kerninflasie het tot 4,2 persent gestyg, wat volgehoue druk op behuisingspryse weerspieël. Ontleders verwag nou dat inflasie teen die einde […]
Mashatile is in China, soek beleggings - July 14, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile lei ‘n hoëvlak-afvaardiging na die weeklange China Internasionale Voorsieningsketting-ekspo. Suid-Afrika sal beleggingsprojekte ten toon stel en sektore soos hernubare energie en digitale tegnologie bevorder onder die tema: Suid-Afrika: Jou Pad na Voorsieningsketting-veerkragtigheid. Die waarnemende woordvoerder, Keith Khoza, sê die besoek wil handelsbande te versterk, beleggings lok en ekonomiese samewerking in die SA-China […]