Trump gaan kuier vir koning Charles - July 14, 2025
Buckingham-paleis het bevestig dat koning Charles en koningin Camilla die Amerikaanse president Donald Trump en presidentsvrou Melania van 17 tot 19 September by Windsor-kasteel sal ontvang. Dit sal Trump se tweede besoek aan Brittanje wees, nadat wyle koningin Elizabeth in 2019 die gasvrou was. Volgens berigte sal dit onwaarskynlik wees dat Trump die parlement sal […]
Berettini, Zverev sit Switserland uit - July 14, 2025
Die verdedigende kampioen, Matteo Berrettini van Italië, en die wêreld-nommer-drie, Alexander Zverev van Duitsland, gaan albei die Switserse Ope misloop wat Maandag begin. Zverev het gesê hy voel leeg en oorweeg terapie na verlede week se nederlaag teen die Fransman Arthur Rinderknech in die eerste ronde van Wimbledon. Berrettini is beseer nadat hy ook in […]
NamRA vorder reeds 22% van sy teiken in - July 14, 2025
NamRA het gedurende die eerste kwartaal van die 2025/26-boekjaar 19,9 miljard Namibiese dollar in netto inkomste ingevorder, wat 22,4 persent van sy jaarlikse teiken van 88,999 miljard dollar bereik het. Volgens NamRA se jongste syfers het bruto inkomste teen 30 Junie vanjaar 22,5 miljard dollar beloop. Nadat belastingterugbetalings ter waarde van 2,6 miljard dollar verwerk […]
SA kort onafhanklike korrurpsie-kommissie - July 14, 2025
Accountability Now sê Suid-Afrika het dringend ‘n korrupsiebestrydingsliggaam nodig wat onafhanklik van die uitvoerende gesag is. Die direkteur van Accountability Now, Paul Hoffman, sê die werklike probleem is sistemiese mislukking, aangesien korrupsie ongestraf bly. Hy het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika gesê ‘n ondersoek is nodig nie – slegs gewaagde regshervorming oor korrupsie, insluitend […]
Veiligheidsdiens in Oekraïne dood Russiese agente - July 14, 2025
Die Oekraïne se Veiligheidsdiens het erken dat hy gister agente van Rusland se Federale Veiligheidsdiens doodgemaak het, wat daarvan verdink word dat hulle ‘n senior Oekraïnse intelligensie-offisier vermoor het. Kolonel Ivan Voronych is verlede Donderdag verskeie kere in ‘n parkeerterrein in Kiëf geskiet, in wat owerhede sê ‘n oënskynlike sluipmoord was. Volgens berigte was Voronych […]
Wêreld nommer 158 ontsê McIlroy Skotse Ope-titel - July 14, 2025
Die wêreld se nommer 158, Chris Gotterup, het Rory McIlroy ‘n tweede Skotse Ope-titel ontsê. Die Amerikaner het die finale ronde met 66 afgesluit om met twee houe te wen – die grootste oorwinnng van sy loopbaan. McIlroy deel die tweede plek met Marco Penge van Engeland. Nicolai Højgaard van Denemarke, saam met Gotterup, het […]
Gaseb verskyn weer na 1 Mei se gru-ongeluk - July 14, 2025
Die 37-jarige Ronnie Gaseb, wat met vyf klagtes strafbare manslag in verband met 1 Mei se gru-ongeluk, aangekla is, sal weer vandag in die laerhof op Karibib verskyn. Die ongeluk, wat tussen Okahandja en Karibib plaasgevind het, het die lewens van vyf mense, wat die evangeliste Eddie en Linda van der Merwe, sowel as Fritz […]
NaCC doen uitreik in Noorde - July 14, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie sal van vandag tot 18 Julie openbare konsultasies in die noordelike streke aanbied. Die uitreiksessies in Kunene, Omusati, Ohangwena, Oshana en Oshikoto is daarop gemik om bewustheid te verhoog oor billike mededinging en die kommissie se rol in die bevordering van ‘n voorspoedige, inklusiewe ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder […]
‘Foutiewe aanval’ dood ses kinders in Gaza - July 14, 2025
Tien Palestyne, waaronder ses kinders, is gister dood in ʼn missielaanval op ʼn waterstasie in Sentraal-Gaza. Sestien mense is beseer. Die Israelse Weermag sê die teiken was ʼn Islamitiese Djihad-militant, maar ʼn tegniese fout het veroorsaak dat die missiel tientalle meter van die teiken land. Hy sê die voorval word ondersoek, en voeg by alles […]
Chelsea vat FIFA-klubwêreldbeker - July 14, 2025
Chelsea het die Kampioeneliga-wenners, Paris Saint-Germain, met 3-0 afgeransel om die FIFA-klubwêreldbeker op die MetLife-stadion in New Jersey te wen. Die Engelse voorspeler Cole Palmer het met twee doele geslaag en ʼn derde opgestel vir nuweling João Pedro. Dit het Chelsea die wêreldkampioen-titel besorg ná hul oorwinning in die UEFA-konferensieliga vroeër vanjaar. Palmer, wat as […]