Olie styg na Trump-Putin-beraad afgeskaf is - October 22, 2025

Die olieprys het vanoggend vir ‘n tweede dag gestyg met ongeveer 2 persent, ondersteun deur sanksieverwante voorraadrisiko’s en hoop op ‘n handelsooreenkoms tussen die VSA en China. Die VSA is ook op soek na olie vir lewering aan sy strategiese reserwes. ‘n Vat Brend verhandel tans net bo 62 Amerikaanse dollar na die kommoditeit Maandag […]

Read More

Teler van rekord Simbrabul sê dis genade van Bo - October 22, 2025

’n Nuwe Namibiese rekordprys van 650 000 Namibiese dollar is Dinsdagaand by die Sim Xtravaganza-veiling by die Bank Windhoek Agra-ring in die hoofstad behaal. Dié prestasie behoort aan teler Hardus Breedt en dekende Simbrabul Rumba Kelloggs. Rumba Kelloggs is ook onlangs by die Grootfontein- en Windhoek Skou vereer. Kosmos 94.1 Nuus het met Breedt gesels […]

Read More

Gesondheid sal bemiddel met vrou wat dagvaar na operasie skeefloop - October 22, 2025

Die saak waar Esme Jacobs die gesondheidsministerie dagvaar vir skadevergoeding van 670 000 Namibiese dollar sal na verwagting vandag vir bemiddeling gestuur word. In haar stukke sê sy, sy is in September 2018 by die Walvisbaai-staatshospitaal opgeneem en daar is bevind sy het ‘n buisswangerskap gehad. Sy is geopereer en daarna ingelig haar regterbuis moes […]

Read More

SA sal nie beleid aanpas vir VSA-handel nie - October 22, 2025

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê handelsgesprekke met Amerika vorder goed. Dis egter onwaarskynlik dat die regering toegewings oor plaaslike beleid sal maak as deel van die onderhandelinge. Amerika het in Augustus tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na dié land gehef wat duisende werksgeleenthede in die voertuig- en sitrusbedryf in […]

Read More

Putin lei Trump rond met die spreekwoordelike wortel – kenner - October 22, 2025

Dit gons internasionaal oor die beraad wat Amerikaanse president Donald Trump met sy Russiese eweknie Vladimir Putin oor die Oekraïnse oorlog sou gehad het, wat skielik afgestel is. Die verdedigingsanalis Michael Clarke het aan SkyNews gesê Rusland en Amerika se buitelandse sake-ministers sal in elk geval eers moet vergader, voordat die twee leiers kan vergader […]

Read More

Dis bewys – ons oer-voorvader kon gereedskap manipuleer - October 22, 2025

Navorsers het naby die Turkana-meer in Noord-Kenia fossiele van hand- en voetbene wat aan ‘n uitgestorwe menslike voorvader behoort, wat 1,52 miljoen jaar gelede dateer, opgegrawe. Dit onthul dat hierdie spesie voorwerpe soos klipgereedskap sou kon gryp en manipuleer en volledig tweevoetig was. Dit word toegeskryf aan ‘n oer-familielid Paranthropus boisei. Hierdie spesie was ‘n […]

Read More

NAC presteer goed, nog nuwe roetes op pad - October 22, 2025

Die Namibië Lughawensmaatskappy het wins aangeteken in die vorige boekjaar. Die maatskappy skryf die sukses toe aan internasionale vlugte wat toeneem, en meer groei word verwag. In die komende jaar gaan Edelweiss en Proflight direkte vlugte van Namibië na Zurich en Lusaka aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die lughawemaatskappy, Dan Kamati […]

Read More

Israel vorder met identifisering van oorskot - October 22, 2025

Die Israelse weermag sê forensiese ondersoekers het die oorskot van een van twee gyselaars geïdentifiseer wat Hamas Dinsdag oorhandig het. Dis die liggaam van die 85-jarige Aryeh Zalmanovich wat op 17 November 2023 in aanhouding dood is. Sodra die tweede persoon uitgeken is, sal dit beteken Hamas het die liggame van 15 van die 28 […]

Read More

Getuie A betrek Malema in Madlanga-getuienis - October 22, 2025

Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Katiso “KT” Molefe, wat beskuldig word van moord, tenderbedrog en beweerde bande met die ‘Groot Vyf’-misdaadkartel, word verbind aan ‘n groep van vyf mense betrokke by mynbou in Noordwes. Hy sê een lid, ‘n man bekend as Ze van Sandton, is na bewering na aan die […]

Read More

Italianers boos vir Jannik oor Davisbeker onttrekking - October 22, 2025

Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, verduur kritiek in Italië oor sy besluit om nie sy land te verteenwoordig in die Davisbeker-eindtoernooi nie. Hy het Italië die vorige twee jaar na agtereenvolgende titels gelei, maar besluit om nie vanjaar te speel nie. Die Davisbeker word die week na die ATP-eindtoernooi gespeel en Sinner sê hy het daardie […]

Read More