Wanbesteding vuur behuisingskrisis in KZN  - July 13, 2025

Die DA in KwaZulu-Natal sê die departement van menslike nedersettings het ‘n begroting van 3,9 miljard rand vir 2024/25 bestee, maar kon nie daarin slaag om belangrike teikens te haal nie. Riona Gokool van die DA sê slegs 28 persent van die aanwysers is bereik. Sy sê geen titelaktes, opgraderings van informele nedersettings en gemeenskapseenhede […]

Read More

Kajuitchaos in Air India-lugramp  - July 13, 2025

‘n Voorlopige verslag dui op verwarring in die kajuit kort voordat ‘n Air India-straler verlede maand neergestort en die lewens van 260 aanboord geëis het. Volgens ondersoekbeamptes van Indië se Vliegtuigongeluk-ondersoekburo het die vliegtuig se brandstof-afsnyskakelaars amper gelyktydig uitgeskakel, wat die brandstof na die enjins kort na opstyging afgesny het. Die verslag sê nie hoe […]

Read More

Rugby: Ierland verpletter Portugal en verbeter rekords  - July 13, 2025

‘n Begeesterde Ierland het Saterdag 16 drieë gedruk en ‘n tweedevlak Portugal met 106-7 in ‘n vriendskaplike wedstryd in Lissabon verpletter. Dit was die grootste oorwinning in hul 150-jarige bestaan en ook die eerste keer dat hulle meer as 100 punte aangeteken het. Die verskil van 99 punte oortref hul vorige beste toe hulle in […]

Read More

Okahandja trek nie sakelui voor, sê munisipaliteit - July 13, 2025

Die Okahandja-munisipaliteit het reageer op bewerings dat dit polities-verbinde sakemense bevoordeel het in die onlangse grondtoekenningsproses. Woordvoerder Penna Master sê dat alle wetlike prosedures en raadsprotokolle gevolg is. Hy sê bewerings van vooroordeel is vaag en ongegrond, en kritici moet bewyse daarvan deur die korrekte kanale indien.

Read More

Swart fluitjieblasers geteiken, sê geskorste hoof  - July 13, 2025

Die geskorste uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds in Suid-Afrika, Collins Letsoalo, sê hy en die hoofbeleggingsbeampte, Sefotle Modiba, word geteiken oor die blootlegging van korrupsie. Dit volg op ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na ‘n huurkontrak van 79 miljoen rand wat na bewering onwettig aan Mowana Properties toegeken is. Letsoalo ontken enige wangedrag en bevestig verkrygingsprosedure […]

Read More

Addo nóg twee katte ryker  - July 13, 2025

Twee leeumannetjies uit die Twee Rivieren-gedeelte in Kgalagadi is in die Addo-olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap vrygelaat, na weke van akklimatisering in ‘n boma. Hul aankoms volg kort na die onlangse bekendstelling van twee leeuwyfies uit die !Khamab-reservaat, wat genetiese diversiteit ‘n hupstoot sal gee. Dit bring die totale aantal leeus by Addo op […]

Read More

Krieket: Derde toets tussen Indië en Engeland op ‘n mespunt  - July 13, 2025

Die derde toets tussen Engeland en Indië op Lord’s het Saterdag ‘n boeiende derde dag beleef, met beide spanne wat hul eerste beurt op 387 afgesluit het, ‘n seldsame gebeurtenis in toetskrieket. KL Rahul se honderdtal, ondersteun deur Rishabh Pant op 74 en Ravindra Jadeja op 72, het Indië gehelp om Engeland se totaal te ewenaar. […]

Read More

Nóg ‘n Namibiese jagluiperd in Indië dood  - July 13, 2025

Nabha, die agtjarige jagluiperdwyfie in die Kuno Nasionale Park in Indië, is Saterdag dood aan beserings wat sy ‘n week gelede vermoedelik tydens ‘n jagtog opgedoen het. Volgens die owerhede was een van haar bene onder meer gebreek en het behandeling nie gehelp nie. Nabha was een van agt jagluiperds wat Namibië in 2022 na […]

Read More

Malema se polisieminister se kop - July 13, 2025

Die EFF-leier Julius Malema voer aan die polisieminister Senzo Mchunu en lede van die polisiebestuur moet ontslaan word in die lig van bewerings van politieke inmenging in die uitvoerende gesag. Malema het tydens die begrafnis van oud-adjunkpresident David Mabuza in Mbombela gesê die publiek het vertroue in wetstoepassing verloor en president Cyril Ramaphosa moet optree […]

Read More

Rusland looi Oekraïene opnuut  - July 13, 2025

Die president van Oekraïene, Volodymyr Zelensky, sê Rusland het 597 hommeltuie en 26 missiele in ‘n oornag-aanval op sy land gelanseer. Plaaslike owerhede sê ten minste twee burgerlikes is dood in die westelike Oekraïense stad Chernivtsi. Intussen het die Russiese minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov, in Noord-Korea aangekom vir ‘n vergadering met die land […]

Read More