Eskom gaan nie-kernbates verkoop - July 13, 2025
Eskom en African Bank het ooreenkomste onderteken vir die verkoop van die Eskom Finance Company, wat ‘n belangrike mylpaal vir die verkoop van nie-kernbates is. Die transaksie sluit in die finansieringsmaatskappy se personeelleningsportefeulje, verwante bates en Eskom se belang in Nqaba Finance 1. Die transaksie, deel van Eskom se skuldverligtingsvoorwaardes, dien nou voor die Mededingingskommissie vir regulatoriese […]
Noord-Korea staan bankvas agter Rusland, sê Un - July 13, 2025
Die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un het die land se onvoorwaardelike steun aan Rusland in sy oorlog teen Oekraïne beloof, berig staatsmedia in dié land. Un het met Rusland se minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, ontmoet, wat op ‘n driedaagse besoek aan Noord-Korea is. Noord-Korea verskaf reeds troepe en wapens aan Rusland. Dié twee […]
Rugby: Namibië pak Algerië vandag - July 13, 2025
Namibië draf vandag in Kampala, Uganda in die semi-finaal van die Rugby Afrikabeker teen Algerië uit. Prince !Gaoseb voer die manne aan, terwyl Danco Burger die span se onderkaptein is. Die wedstryd begin om een-uur Namibiese tyd en word regstreeks op die Facebook-blad van Rugby Afrique uitgesaai. Afrigter Jacques Burger het met Rugby Africa gepraat […]
Drie vasgetrek met 120 kg dagga - July 13, 2025
Drie mans – een Namibiër en twee Zambiërs – is Vrydagaand by die Kamenga-grenspos deur die polisie vasgetrek met twee sakke dagga van 60 kg elk in hul besit. Die verdagtes was van Zambië na Namibië onderweg. Hulle is nog nie formeel aangekla nie en die polisie in die Zambezi-streek ondersoek die saak.
Trump-tariewe kneus nie SA sitrusuitvoere - July 13, 2025
Die Sitruskwekersvereniging sê Suid-Afrikaanse sitrusuitvoere na Amerika het bestendig gebly ondanks die instelling van ‘n invoertarief van tien persent. Geen bestellings is tot dusver gekanselleer nie. Die tarief volg op ‘n afskaling van voorkeurbehandeling kragtens die Wet op Afrika Groei en Geleenthede, wat voorheen 1,7 miljard rand se sitrusverkope ondersteun het. Die vereniging sê dat hoewel […]
Vraag na olie briek skerp - July 13, 2025
Die Internasionale Energie-agentskap se Julie-verslag dui daarop dat die wêreldwye groei in die olievraag met slegs 700 000 vate per dag in 2025 sal styg. Dit is die stadigste groei sedert 2009, teenoor die wêreldwye styging van 950 000 vate in Junie tot 105,6 miljoen vate per dag. Die verslag dui daarop dat raffinadery-aktiwiteit ook […]
Tennis: Iga Swiatek maak skoonskip op Wimbledon - July 13, 2025
Iga Swiatek het Saterdag die eerste Pool geword om ‘n Wimbledon-enkelspeltitel te wen toe sy Amanda Anisimova van Amerika met 6-0, 6-0 in net 57 minute verslaan het. Dit is die eerste keer in meer as ‘n eeu dat ‘n speler ‘n Wimbledon-finaal in skoon stelle verloor. Saterdag se oorwinning beteken Swiatek het 100 wedstryde […]
Tennis: Swiatek, Anisimova spook om Wimbledon-kroon - July 12, 2025
Vir beide die agtste-gekeurde Iga Swiatek van Pole en die dertiende-gekeurde Amanda Anisimova van die VSA, sal dit vandag hul eerste eindstryd by Wimbledon wees. Anisimova het nog nooit tevore ‘n Grand Slam-eindstryd op enige oppervlak gespeel nie, en hoewel Swiatek al voorheen in vyf Grand Slam-eindstryde was, kon sy slegs die kwarteindronde by Wimbledon […]
Hernubare energie blom in 2024 - July 12, 2025
Hernubare energie het in 2024 wêreldwyd met 15 persent gegroei, hoofsaaklik deur die vinnige oprigting van wind- en sonkragprojekte in Asië. Dit is volgens die 2025-verslag oor statistieke wat die Internasionale Agentskap vir Hernubare Energie vrygestel het. Asië het verlede jaar 71 persent hernubare-energievermoë gehad, Europa 12,3 persent en Noord-Amerika 7,8 persent. Die agentskap sê […]
Drie voertuigmodelle in SA herroep - July 12, 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig hy herroep sekere Range Rover Evoque- en Mercedes-Benz-modelle weens veiligheidsrisiko’s. Jaguar Land Rover herroep die 2021 tot 2025 Evoque-modelle oor foutiewe lugsakke wat kan skeur wanneer dit geaktiveer word, terwyl ‘n fout op die stroombaanpaneel in sekere 2023 Mercedes-Benz-modelle kragverlies kan veroorsaak of die gevaar van ‘n brand kan verhoog. […]