Wetsontwerp oor grond kom in September - July 12, 2025
Landbouminister Inge Zaamwani het vandeesweek ‘n mosie in die parlement ingedien om in September vanjaar ‘n omvattende wetsontwerp oor grondbestuur ter tafel te lê. Die wetsontwerp sal onder meer voorsiening maak vir die stigting van kommunale grondrade en ‘n ontwikkelingsfonds vir kommunale grond. Dit sal ook grondverkryging en –vervreemding deur die regering uiteensit. Voorst sal die […]
Ongwediva kry onkologie-, diagnostiese sentrums - July 12, 2025
Die Namibiese Onkologiesentrum in die Noorde en Medical Imaging beplan ‘n gesamentlike belegging van 150 miljoen Namibiese dollar in twee nuwe private gesondheidsorgsentrums op Ongwediva. Die onkologie- en diagnostiese sentrums sal na verwagting verwagting teen Augustus 2026 open. Medical Imaging belê ongeveer 80 miljoen dollar aan die fasiliteit, wat MRI-, CT-skanderings, X-strale, ultraklank- en mammografiedienste sal bied. Die […]
Solidariteit vra VSA-optrede teen Bidvest - July 12, 2025
Die vakbond, Solidariteit, het die Amerikaanse regering en beleggers gevra om teen Bidvest op te tree oor sy beleid wat die kinders van lae-inkomste wit werknemers verhoed om skoolhulp te ontvang. Briewe is gestuur aan die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio en groot aandeelhouers in die VSA, wat hulle aanmoedig om die diskriminerende […]
Israel skepties oor Iran en uraan - July 12, 2025
Israel glo Iran kan moontlik verrykte uraan herwin wat begrawe is onder een van die drie aanlegte wat Amerikaanse magte verlede maand aangeval het. ‘n Israelse amptenaar sê egter dit sal uiters moeilik wees om dit by Isfahan te bereik en enige pogings sal hernude Israeliese aanvalle ontlok. Israel is van mening Iran se kernprogram […]
Sokker: Banyana Banyana gelykop teen Tanzanië - July 12, 2025
Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, is tot ‘n een elk gelykopuitslag beperk deur Tanzanië se Twiga Stars in ‘n Afrikabeker-vrouetoernooi Groep C-wedstryd. Tanzanië het eerste ‘n doel aangeteken, voordat Bambanani Mbane vir Suid-Afrika in die 70ste minuut die telling gelyk gemaak het. Die afrigter, Desiree Ellis, sê Banyana se wedstryd het nie volgens plan verloop […]
Charles Namoloh kritiek in hospitaal - July 12, 2025
Afgetrede generaal-majoor Charles Namoloh, ‘n voormalige minister van veiligheid en sekuriteit, is reeds die afgelope twee weke in ‘n private hospitaal in Windhoek. Sy toestand is kritiek, het die verdedigingsministerie vanoggend bevestig. Namoloh, ‘n voormalige bevelvoerder van Plan en die Namibiese weermag, is 75 jaar oud. Die ministerie het die publiek versoek om hom en […]
Beskerm senior burgers beter teen kubermisdaad - July 12, 2025
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê Suid-Afrika het beter bewustheid, duideliker leiding en sterker ondersteuningstelsels nodig om ouer mense aanlyn te beskerm. Dit is die bevindings van ‘n navorsingstudie oor kubermisdaad teen senior burgers waarin daar gekyk is na ouderdomsdiskriminasie, ideale slagofferskap en die deurslaggewende rol van sosio-ekonomie. Die universiteit se kommunikasiebeampte, Harriet Box, sê […]
Trump-regering steek meer as duisend amptenare in die pad - July 12, 2025
Die Amerikaanse regering het gister begin om meer as 1 350 werknemers af te dank, as deel van president Donald Trump se ongekende hervorming van sy diplomatieke korps. Die afleggings raak 1 107 staatsamptenare en 246 buitelandse afgevaardigdes wat in die Verenigde State gebaseer is. Dit volg terwyl Washington worstel met verskeie krisisse op die […]
Sokker: Liverpool onttrek nr.20 ter ere van Jota - July 12, 2025
In sokkernuus het premierliga-kampioene Liverpool spannommer 20 onttrek ter ere aan die oorlede voorspeler Diogo Jota, wat verlede Donderdag in ‘n motorongeluk dood is. Die klub het Vrydag die emosionele aankondiging gemaak ná oorlegpleging met Jota se vrou, Rute, en familie. Sy nommer sal nie meer op enige vlak gebruik word nie, insluitend Liverpool FC Women and […]
Kwarteeu tronkstraf elk vir drie wat ondersoekbeampte vermoor - July 12, 2025
Drie mans wat skuldig bevind is aan die moord op ‘n veediefstalondersoekbeampte in die Gobabis-distrik in Desember 2012, is Vrydag elk tot effektiewe tronkstraf van 25 jaar gevonnis. Die drie mans – Stockley Kauejao, Matheu Kakururume en Muvare Kaporo – is voorts tronkstraf van 15 jaar op ‘n aanklag van veediefstal en vyf jaar gevangenisstraf […]