‘SA moet aanhou verlede konfronteer’ - July 12, 2025
#NotInMyName International sê Suid-Afrika moet daartoe verbind bly om sy verlede te konfronteer en ‘n regverdige en verenigde toekoms te bou. Die organisasie se president, Siyabulela Jentile, sê dit volg ná die Hooggeregshof in Pretoria ‘n polisiebeampte uit die apartheidsera, Johan Marais, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het vir die moord op die studente-aktivis Caiphus […]
Dooiepunt dreig vir Israel, Hamas - July 12, 2025
Onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Katar oor ‘n nuwe wapenstilstand- en gyselaarsvrystellingsooreenkoms in Gaza dreig om in duie te stort, sê Palestynse amptenare na aan die proses. Een senior amptenaar het aan die BBC gesê dat Israel “tyd gekoop” het tydens premier Benjamin Netanyahu se besoek aan Washington hierdie week en die proses doelbewus […]
Rugby: Australië-Nieu-Seelandse span reg vir Britse, Ierse Leeus - July 12, 2025
Die Australies-Nieu-Seelandse span is reg om lewe te blaas in die toer van die Britse en Ierse Leeus en wil hulle planne ontwrig in die laaste opwarmingswedstryd voor volgende Saterdag se eerste toets. Daar is 17 toetsspelers in Les Kiss se groep vir die wedstryd in Adelaide. Al vyftien spelers in die opdrafspan het al […]
Hoës sit koppe bymekaar oor groenwaterstof - July 12, 2025
‘n Hoëvlak-groenbeleggingsdialoog, wat parlementslede en energieleiers van ses Afrikalande bymekaarbring, word tans in Walvisbaai gehou. Die dialoog wat môre eindig, ondersoek die rol van groenwaterstof in Afrika se toekomstige energie- en nywerheidslandskap. Jona Musheko van die Groenwaterstofprogram in Namibië sê die dialoog kyk na maniere om klimaatfinansiering vir groen energiesones en deurgange regdeur die vasteland […]
Malawi lok reuse-beleggings uit China - July 12, 2025
Malawi het ooreenkomste ter waarde van 214 miljard rand vir mynbou- en infrastruktuur uit China beveilig, wat die land as ‘n belangrike speler op die wêreldwye mineralemark posisioneer. ‘n Transaksie van 125 miljard rand met Hunan Sunwalk sal titanium-myne in Salima ‘n hupstoot gee, met 89 miljard rand wat vir ‘n spesiale ekonomiese sone in Chipoka geoormerk […]
Brandstoftoevoer oorsaak van Indiese lugramp - July 12, 2025
Brandstofbeheerskakelaars na die enjins van ‘n Air India-vlug wat verlede maand kort ná opstyging neergestort het, is oomblikke voor die impak van die aan na af-posisie verander, volgens ‘n voorlopige verslag. Dié verslag, wat vroeg vanoggend deur Indië se Vliegtuigongelukondersoekburo uitgereik is, het geen gevolgtrekkings gemaak oor die ramp op 12 Junie wat 260 mense in die […]
Tour de France: Pogacar neem weer voortou - July 12, 2025
Tadej Pogacar het die sewende skof van die Tour de France gewen en weer die algehele voortou geneem. Jonas Vingegaard was op Pogacar se agterwiel en is tweede oor die wenstreep, met die Brit Oscar Onley derde. Pogacar is die verdedigende kampioen, en het Vingegaard met vier sekondes ingehaal. Op die algehele punteleer is Remco […]
Aantygings teen Namcor kom ‘n lang pad, sê IPPR - July 12, 2025
Vier voormalige Namcor-werknemers en vyf private individue is vandeesweek in Windhoek in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie gekoppel aan vorige transakies met die nasionale oliekorporasie. Die Anti-Korrupsiekommissie sê al nege staan tereg op aanklagte onder die Teenkorrupsiewet. Die hoë-profiel name sluit die voormalige besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, in. Frederico Links van die […]
Ramaphosa lewer huldeblyk by Mabuza se begrafnis - July 12, 2025
President Cyril Ramaphosa sal vandag die huldeblyk lewer tydens die staatsbegrafnis van die voormalige adjunkpresident David Mabuza by Hoërskool Bergvlam in Mbombela. Mabuza, wat Donderdag oorlede is, sal vereer word met ‘n staatsbegrafnis-kategorie 2. Hy het van 2018 tot 2023 as adjunkpresident gedien en sleutelrolle gespeel in die bekamping van MIV en TB, vredespogings in […]
Brittanje kikker handel met Afrika op - July 12, 2025
Brittanje het hervormings aan sy Handelskema vir Ontwikkelende Lande aangekondig om Afrikalande se uitvoere te bevorder en ekonomiese bande te versterk. Die hersiene skema vereenvoudig die reëls van oorsprong en gee nul of verlaagde heffings vir duisende items. Die Britse minister van ontwikkeling, Jenny Chapman, sê ontwikkelende lande wil handel dryf, en nie hulp ontvang […]