Wimbledon: Dis Alcaraz teen Sinner in manseindstryd - July 12, 2025
Dit het die wêreldnommer-een, Jannik Sinner, van Italië Vrydagaand slegs drie stelle geneem om ‘n sukkelende Novak Djokovic in hul halfeindstryd by Wimbledon uit te skakel. Die 38-jarige Serwiër, wat Woensdag in sy kwarteindstryd met Flavio Coboli geval het, was nie homself nie en is oorheers deur die 23-jarige Sinner. Dit het Djokovic se hoop […]
Dringende gesprek oor voëlgriep krities belangrik - July 12, 2025
Die Pluimveeprodusentevereniging het volgende week ‘n dringende vergadering belê om Namibië se gereedheid, monitering en beheerstelsels rakende voëlgriep te versterk en sodoende die plaaslike bedryf en die land se voedselsekuriteit te beskerm. Volgens die vereniging is voëlgriep ‘n kritieke kwessie en is dit nie net ‘n streeksbedreiging nie, maar ook ‘n wêreldwyde een. Die vergadering […]
SA se Nasionale Dialoog geen grondwetlike bedreiging - July 12, 2025
President Cyril Ramaphosa het herbevestig die nasionale dialoog sal nie die grondwetlike rol van die parlement en die regering vervang nie. Ramaphosa het tydens ‘n gesprek met die groep vooraanstaande persone by die Uniegebou in Pretoria, beklemtoon die doel van die dialoog is om vooruitgang in die land te ondersteun en te lei, maar mag nie […]
Nóg ‘n storm op pad na Texas - July 12, 2025
Inwoners in Texas staal hulself vir nóg ‘n storm ná kitsvloede verlede naweek die lewens van ministens 120 mense geëis het en 160 nog vermis word. President Donald Trump van Amerika het Vrydag rampgebiede in die staat besoek, waar vrae toenemend opduik oor onder meer die doeltreffendheid van die vroeë-waarskuwingstelsel. Die media het Trump hieroor […]
Agt rugbytoetse die naweek gespeel - July 12, 2025
Liefhebbers van die spel kan die naweek uitsien na agt toetse. Fidji en Skotland het vroegoggend die aksie afgeskop in Suva, gevolg deur Japan en Wallis in Kobi, en die tweede toets tussen die All Blacks en Frankryk in Wellington. Net na vyfuur vanmiddag draf die Springbokke en Italië op die veld in Gqeberha vir […]
Negende Namcor-bedrog beskuldigde in hof - July 11, 2025
Die negende gearresteerde verdagte in die Namcor bedrogskandaal, Leo Stefanus, het vlugtig in die Windhoekse laerhof verskyn. Landdros Olga Muharukua sê hy sal by Maandag se formele borgaansoek van die ander agt beskuldigdes gevoeg word. Stefanus word aangekla van rampokkery, geldwassery en die korrupte oorhandiging van gratifikasie. Hy is ‘n aandeelhouer in Erongo Petroleum, ‘n […]
Media mag nie hofsaak van omstrede tenderpreneur uitsaai - July 11, 2025
Die media is verbied om die hofsaak van die omstrede tenderpreneur Vusimuzi “Cat” Matlala in Alexandra, Gauteng regstreeks uit te saai. Hy staan tereg op aanklag van poging tot moord en sameswering om moord te pleeg oor ‘n beweerde komplot om sy gewese vriendin, die aktrise en entrepreneur Tebogo Thobejane, te vermoor. Matlala word ook […]
VN vies oor VSA-sanksies teen spesiale gesant - July 11, 2025
Die Verenigde Nasies sê sanksies teen spesiale gesante skep ʼn gevaarlike presedent. Dit volg nadat Amerika sanksies ingestel het teen die VN se spesiale gesant vir die Wesoewer en Gaza, Francesca Albanese. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die sanksies teen Albanese is omdat sy regstreeks met die Internasionale Strafhof kontak het in […]
James O’Connor onverwags terug vir Wallabies - July 11, 2025
Rugby: Die losskakel James O’Connor keer die eerste keer sedert 2022 terug na die Wallabies se groep van 36 vir die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die 35-jarige O’Connor vervang Noah Lolesio, wat ʼn nek-operasie ondergaan het. Die eerste toets is volgende naweek op die Suncorp-stadion in Brisbane. O’Connor, wat in 2013 vir […]
Unam vertel van nuwe Unicef-netwerk insluiting - July 11, 2025
Die Universiteit van Namibië is die land se enigste akademiese instelling wat by Unicef se nuutgestigte Academia for Social and Behavior Change-netwerk in Nairobi aangesluit het. Die netwerk sluit 24 universiteite in en beoog om kinderregte te bevorder deur navorsing, vaardigheidsontwikkeling en beleidsinvloed. Unam het hom daartoe verbind om sosiale en gedragswetenskappe in ontwikkelings- en […]