Opwinding bruis oor Eagles vs Proteas - July 11, 2025

Daar heers groot opgewondenheid oor die Suid-Afrikaanse Proteas wat op 11 Oktober ‘n internasionale T20-wedstryd teen die Namibiese FNB Eagles in Windhoek speel. Hierdie wedstryd sal die eerste internasionale wedstryd ooit tussen die twee spanne wees en sal ook die amptelike opening wees van die nuwe FNB High Performance Oval. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Voertuigverkope styg dramaties in Junie - July 11, 2025

Totale voertuigverkope het in Junie tot 1 313 gestyg, ‘n toename van 29,9 persent vanaf Mei en 32,3 persent meer as in Junie 2024. Dit is die tweede hoogste totaal in 2025, net agter die 1 320 voertuie wat in Maart verkoop is, sê Cirrus in sy jongste verslag. Beide passasiers en kommersiële verkope het gestyg, […]

Read More

Grondspanning in Okahandja op kookpunt - July 11, 2025

Grondspanning kook in Okahandja en die aktivis Johannes Gaseb beskuldig die dorpsraad daarvan dat hulle polities-verbinde besighede bo langtermyn-inwoners bevoordeel het in onlangse grondtoekennings. Die munisipaliteit ontken dit. Gaseb sê die raad het ‘n hofbevel van 2020 geïgnoreer om grond aan uitgesette inwoners toe te ken. Hy eis ‘n bevriesing van huidige transaksies, ‘n onafhanklike […]

Read More

Nujoma se droom van 5 000 huise aan skerwe - July 11, 2025

Die Khomas-goewerneur Sam Nujoma, wat by sy aanstelling in Maart 5 000 nuwe huise vir die streek in sy eerste jaar beloof het, het sy streeksrede vandag gelewer. Tot dusver is 11 huise voltooi met nog wat beplan word. Nujoma het die syfers en die kostes daarvan.

Read More

Omstrede Chris Brown pleit onskuldig op meer aanklagte - July 11, 2025

Die Amerikaanse R&B-sanger Chris Brown het onskuldig gepleit op verdere aanklagte wat voortspruit uit ‘n beweerde Londense nagklub-bakleiery in 2023. Die sanger is tans op ‘n internasionale toer en sy aanhangers het die openbare gallery in die Southwark-hof in Londen volgepak. Brown, wat in ‘n ingewikkelde verhouding met die sangeres Rihanna was, het ná die […]

Read More

2025 Mynbou-ekspo heeltemal uitverkoop - July 11, 2025

Die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Veston Malango, het aangekondig dat vanjaar se Mynbou-ekspo en Konferensie heeltemal uitverkoop is. Hy het by ‘n perskonferensie in die hoofstad gesê meer as 180 uitstallers 320 stalletjies sal beset. Verlede jaar het die ekspo 7 831 besoekers gelok na 196 uitstallers in 313 stalletjies. Die skou […]

Read More

12 Spesmag-lede kry borg in Valke-moordsaak - July 11, 2025

Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand elk toegestaan aan 12 lede van die Weermag se Spesiale Magte wat teregstaan vir die moord op ‘n ondersoeker van die Valke, Frans Mathipa. Die hoof-ondersoeker in misdade teen die staat is in Augustus 2023 op die N1 naby die Hammanskraal-tolplaza vermoor terwyl […]

Read More

Trump gaan wapens, Patriot-stelsels na Oekraïne stuur - July 11, 2025

Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal wapens, insluitend Patriot lugverdediging-stelsels, vir Oekraïne stuur via Navo. Hy het aan die BBC gesê Navo sal die Patriot-stelsels versprei en ook daarvoor betaal. Dit kom na Oekraïnse president Volodymyr Zelensky gesê het hy het ‘n positiewe gesprek met Trump gehad om te verseker dat wapens betyds opdaag, […]

Read More

All Blacks vervang twee vir Hane-toets - July 11, 2025

Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, moes twee veranderinge maak aan sy opdrafspan vir Saterdag se tweede toets teen Frankryk in Wellington. Patrick Tuipulotu vervang kaptein Scott Barrett, wat op die kantlyn is weens ʼn geskeurde kuitspier, terwyl Caleb Clarke instaan vir Sevu Reece wat in die eerste toets harsingskudding opgedoen het. Die All Blacks […]

Read More

Plaaslike owerhede moet ingryp oor onopgeëiste lyke - July 11, 2025

Meer as 30 onopgeëiste lyke en meer as 200 doodgebore babas is steeds in staatslykshuise landwyd. Met stygende begrafniskoste en beperkte openbare steun, waarsku gesondheidsamptenare dat die stelsel onder druk is. Die gesondheidministerie doen ‘n beroep op nie-regeringsorganisasies en plaaslike owerhede om in te gryp, aangesien munisipaliteite die mandaat het om begraafplase te bestuur. Kosmos […]

Read More