Joburg burgemeester wil slaggate takel - July 11, 2025
Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het herbevestig dat hy vasberade is om die padinfrastruktuur te prioritiseer, mobiliteit te verbeter en dienslewering te herstel. Hy het gister Die Stryd teen Slaggate in Streek B, Wyk 90, van stapel gestuur. Die korttermynversekeraar, Santam, het in April gesê eise vir slaggatskade in Gauteng het van Januarie tot […]
Bernie Sanders voer veldtog teen VSA oligargie - July 11, 2025
Die onafhanklike senator Bernie Sanders is tans op toer in die VSA op sy Fighting Oligarchy Tour. Hy spreek sy misnoeë uit oor president Donald Trump se Big, beautiful bill en sê die top 1 persent in die VSA besit meer as die onderste 93 persent en Elon Musk alleen besit meer as 52 persent […]
Brian Lara sê Mulder moes sy rekord probeer oortref - July 11, 2025
Krieket: Die veelsydige Protea-speler Wiaan Mulder sê die voormalige Windie-ster-speler Brian Lara voel hy moes probeer het om sy toetsrekord van 400 lopies te verbeter. Mulder was kaptein van Suid-Afrika in die tweede toets teen Zimbabwe en onoorwonne op 367 toe hy die eerste beurt gesluit het, wat tot ‘n oorweldigende oorwinning gelei het. Mulder […]
Recon het onwettig eksplorasie begin - July 11, 2025
Die parlementêre staande komitee op natuurlike hulpbronne sê ReconAfrica het onwettig begin met eksplorasie in die Okavango-bekken. Die verslag dui volgens berigte verskeie oortredings deur die Kanadese maatskappy wat insluit dat hy geen ooreenkoms vir grondgebruik gehad het nie, en ook die nodige permitte nie. Die tradisionele owerheid se toestemmingsbrief is eers uitgereik twee maande […]
Mega-SOE maak plek vir meer korrupsie – DA - July 11, 2025
Die DA maak beswaar teen die ANC se voorstel vir ʼn mega-staatsinstelling en sê dit sal ʼn geleentheid wees vir grootskaalse korrupsie. Dit sal Suid-Afrikaanse belastingbetalers volgens berigte meer as 600-miljoen-rand kos om die instelling te stig wat alle staatsondernemings sal beheer. Darren Bergman van die DA sê geldige kommer bestaan oor die Wetsontwerp op […]
Von der Leyen oorleef mosie van wantroue - July 11, 2025
Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, het ʼn mosie van wantroue in die Europese Parlement oorleef. Die mosie hou verband met haar weiering om teksboodskappe bekend te maak wat tydens die Covid-19-pandemie met die uitvoerende hoof van die entstofvervaardiger Pfizer uitgeruil is. Slegs 175 parlementslede het die mosie ondersteun terwyl 360 daarteen […]
Wimbledon-vroue eindstryd: Twee newbies op die baan - July 11, 2025
Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek, kom môre in die Wimbledon-eindstryd teen die Amerikaner, Amanda Anisimova, te staan. Die gewese wêreld-nommer-een van Pole het gemaklik met Belinda Bencic van Switserland afgereken terwyl Anisimova die wêreld se voorste vrouespeler, Aryna Sabalenka of Belarus verslaan het. Dit is beide Swiatek en Anisimova se eerste Wimbledon-eindstryd. Die 23-jarige […]
Ed Sheeran verf tussen toer en ateljee - July 11, 2025
Oorspronklike kunswerke en afdrukke deur die bekroonde sanger-liedjieskrywer Ed Sheeran is tot 1 Augustus te sien in ‘n nuwe uitstalling by die Heni Gallery in sentraal-Londen. Geld wat met die uitstalling ingesamel word, sal aan die Ed Sheeran-stigting gaan om om inklusiewe, hoëgehalte-musiekonderrig aan kinders van alle agtergronde te bied. Die uitstalling heet Cosmic Carpark […]
LPO en Cirrus voltooi eerste fase van ondersoek na skaapwaardeketting - July 11, 2025
Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê die eerste fase van sy ondersoek na hoe skaapprodusente meer betrokke kan raak by die waardeketting, is voltooi. Cirrus is aangestel om geleenthede vir die boere te ondersoek met die klem op internasionale lamuitvoere. Daar is bevind dat op-die-hoef-uitvoere na Suid-Afrika steeds ‘n top-geleentheid is maar, dat oorafhanklikheid van die mark […]
Rou, gevriesde vleis suid van die rooilyn vervoer vir droogtehulp - July 11, 2025
Dit wil voorkom asof die regering sy eie maatreëls oortree het tydens sy droogteverligtingsprogram. Die eerste minister dr. Elijah Ngurare sê dat vleis deur Meatco in die noordelike kommunale gebied bekom is, gevries is en in 1,5-kilogram pakkies in Kavango Wes, Kavango Oos en Zambezi versprei. Maar, hy het bygevoeg dat die rou, bevrore vleis, […]