Banke eis N$27m se skuld in 37 aansoeke - July 11, 2025

Regters Boas Usiku en Thomas Masuku het vanoggend 80 aansoeke vir verstekvonnisse in die hoofstad hanteer, waarvan 10 op die reël 108-rol was. Banke het 37 van die aansoeke gebring en eis 14 eiendomslenings met uitstaande skuld van 15,6 miljoen Namibiese dollar op. Daar is ook 23 lenings met 11,1 miljoen dollar uitstaande wat nou […]

Read More

Henk Botha reageer op Semenya-uitspraak - July 11, 2025

Die Europese Hof vir Menseregte het sy Groot Kamer-uitspraak in die hoëprofielsaak van Caster Semenya teen ‘n Switserse tribunaal gelewer, en bevind dat daar teen haar gediskrimineer is. Dit is omdat sy verbied is om deel te neem weens verskille in seksuele ontwikkeling, tensy haar hormoonvlakke medies verminder word. Kenners sê die uitspraak kan geslagsbeleid […]

Read More

Mbumba vra vir globale samewerking in Beijing - July 11, 2025

Voormalige president Nangolo Mbumba het ‘n beroep gedoen op globale samewerking om inklusiewe regerings te bou wat mense se welstand prioritiseer. Hy het tydens die Global Civilization Dialogue in Beijing gevra dat aksie teen armoede, jeugwerkloosheid en ongelyke toegang tot onderwys en gesondheidsorg onmiddellik geneem moet word.

Read More

Moord van fluitjieblasers wek kommer in SA - July 11, 2025

Die parlementêre gekose komitee oor Toewysings veroordeel die moorde op openbare ampsdraers wat in die uitvoering van hul pligte afkom op korrupsie en dit aanmeld. ‘n ANC-raadslid van Tshwane, Thabang Masemola, is Dinsdag vermoor terwyl die hoof van Ekurhuleni se Korporatiewe en Forensiese Ouditdepartement, Mpho Mafole, verlede week doodgeskiet is. Die komitee se voorsitter, Tidimalo […]

Read More

Hof keer Trump se geboortereg-bevel - July 11, 2025

ʼn Federale regter in New Hampshire het president Donald Trump se uitvoerende bevel om geboortereg-burgerskap te beëindig, gekeer. Volgens die bevel mag kinders van ongedokumenteerde ouers wat in Amerika woon, nie burgerskap kry nie. Die geding is namens ʼn swanger immigrant, immigrante-ouers en hul kinders voor die hof gebring. Regter Joseph LaPlante sê om ʼn […]

Read More

Starmer en Macron beklink ‘een in, een uit’ migrante-ooreenkoms - July 11, 2025

Britse eerste minister Sir Keir Starmer het op ‘n gesamentlike nuuskonferensie met Franse president Emmanuel Macron gesê dat onwettige immigrante wat in klein bootjies vanaf Frankryk aanland, binne weke onder ‘n nuwe loodsskema na Frankryk teruggestuur sal word. Onder die ‘Een in, een uit’-ooreenkoms sal sommige aankomelinge aangehou word en na Frankryk terugbesorg word. In […]

Read More

Nog ‘n gewapende roof by ‘n vulstasie - July 11, 2025

Nog ‘n gewapende roof het in die hoofstad plaasgevind met die Puma-vulstasie op die hoek van Talstraat en Sam Nujomarylaan wat rondom middernag beroof is. Owerhede bevestig nog besonderhede maar, drie gemaskerde mans, gewapen met haelgewere, het die plek bestorm. Tussen 4 000 en 5 000 Namibiese dollar is gesteel en niemand is in die […]

Read More

Opvoedingsveldtog sal vaardighede verbeter - July 11, 2025

Tydens ‘n sitting van die Nasionale Vergadering het die onderwysminister, Sanet Steenkamp, die amptelike bekendstelling van die veldtog “Ending Learning Poverty for All in Africa” in Namibië aangekondig. Die veldtog sal op 29 Julie in Outjo in die Kunene-streek afskop. Dit sal na verwagting help om onder meer die syfervaardigheidskrisis aan te spreek.

Read More

Navorsing toon klimaatsverandering dryf Europese hittegolf - July 11, 2025

‘n Nuwe studie het bevind dat die ernstige Europese hittegolf van 23 Junie tot 2 Julie vanjaar na raming 2 300 sterftes in 12 stede veroorsaak het. Dit is volgens die studie deur Imperial College London en die London School of Hygiene and Tropical Medicine. Van die sterftes word sowat tweederdes toegeskryf aan aardverwarming, met […]

Read More

Sinner sê hy’s 100% reg vir Djokovic vandag - July 11, 2025

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, sê hy is 100-persent fiks vir vanmiddag se halfeindstryd teen die sewemalige-kampioen, Novak Djokovic van Serwië, op Wimbledon. Die 23-jarige Italianer het sy elmboog Maandag seergemaak tydens die vierderonde-wedstryd teen Grigor Dimitrov, maar oorleef toe die Bulgaar weens ‘n besering moes onttrek. Sinner het geen ongemak getoon toe hy Ben Shelton […]

Read More