Lukato berei voor vir November - July 11, 2025
Die Nasionale Demokratiese Party het ‘n landwye mobiliseringsveldtog van stapel gestuur voor die streek- en plaaslike verkiesings in November. Die party beplan om in al 14 streke en dorpe met munisipale status mee te ding. NDP-leier Martin Lukato sê komende aktiwiteite sluit in die vorming van ‘n skadukabinet en mobilisering op grondvlak. Die NDP sê […]
GNU het dubbele standaarde met openbare veiligheid - July 11, 2025
Action Society beskuldig die regering van dubbele standaarde in sy benadering tot openbare veiligheid. Hy beweer nasionale veldtogte en polisiesigbaarheid word opgeskerp vir padveiligheid in vakansies, maar geweldsmisdade soos verkragting en moord word geïgnoreer. Die organisasie se woordvoerder, Juanita du Preez, sê onlangse statistieke dui op meer as 10 000 verkragtings en byna 5 800 […]
Afrika beïndruk in eerste helfte van 2025 - July 11, 2025
Die VN-organisasie vir Handel en Ontwikkeling sê Afrika was die enigste ontwikkelende vasteland wat ‘n handelstoename in die eerste helfte van 2025 getoon het. Uitvoere het met 5 persent gestyg en binne-Afrika handel het met 16-persent opgeskiet. Daarenteen het wêreldwye suid-tot-suid, wat handel tussen ontwikkelende lande is, dieselfde gebly en invoere het met 2 persent […]
Bedrogspul oopgevlek in Pakistan - July 11, 2025
Pakistanse polisie het 149 mense, insluitende 71 buitelanders, in ‘n swendel-oproepsentrum arresteer. Wetstoepassers sê hulle het opgetree na ’n wenk oor die netwerk wat uit die stad Faisalabad werk. Die klopjag was by die woning van die voormalige hoof van die stad se kragnetwerk, Tasheen Awan. Die aangehoudenes sluit 78 Pakistani’s en 48 Chinese burgers, […]
Hardap meld 285 veediefstal voorvalle in 180 dae aan - July 11, 2025
Plaaslike berigte lui dat tussen Januarie en Junie vanjaar is 1 894 stuks vee gesteel in die Hardap-streek. Slegs 8 persent is teruggevind. Die streeksgoewerneur Riaan McNab sê 285 gevalle van veediefstal is in die 180 dae gerapporteer en 222 verdagtes is gearresteer, almal mans. Die waarde van die gesteelde vee beloop amper 7 miljoen […]
Afrika-regerings moet fondse aan MIV/Vigs toewys - July 11, 2025
Die uitvoerende direkteur van UNAIDS, Winnie Byanyima, het ‘n beroep op Afrika-lande gedoen om, ten spyte van fiskale uitdagings, bronne toe te wys om MIV/Vigs te beveg. Tydens die bekendstelling van die Wêreldwye Vigs-opdatering by die Bertha Gxowa-hospitaal het sy regerings aangemoedig om kostedoeltreffende, bereikbare programme, eerder as duur, skenkerbefondsde modelle, aan te neem. Sy […]
Tien kinders dood na IDF Gaza-kliniek aanval - July 11, 2025
Minstens 15 mense waaronder tien kinders is gister dood in ʼn Israelse aanval buite die Amerikaanse Project HOPE-kliniek in Sentraal-Gaza. Die aanval voor die Altayara-kliniek het volgens berigte plaasgevind terwyl mense buitekant gewag het vir behandeling teen wanvoeding, infeksies, chroniese siektes en meer. Die Israelse Weermag sê hy het ʼn Hamas-terroris in sy visier gehad […]
Oos-Kaapse regering vra Bok-ondersteuners om toe te tree - July 11, 2025
Die Oos-Kaapse regering vra mense om die Springbokke te ondersteun in môre se tweede toets teen Italië in Gqeberha. Nelson Mandelabaai se eerste toets in vier jaar sal ‘n tuiskoms wees vir afrigter Rassie Erasmus en spelers soos Makazole Mapimpi, wat van Mdatsane kom. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê die wedstryd is […]
Oorgrens smokkelary in Noorde kos N$3m - July 11, 2025
NamRA sê oorgrens smokkelary vanaf Angola en Zambië het die regering ‘n verlies van 2,8 miljoen Namibiese dollar gekos in 2024. Zambiërs is die grootste sondebokke met goedere ter waarde van 1,8 miljoen dollar waarop beslag gelê is. Goedere van net meer as ‘n miljoen dollar is vanaf Angola gekonfiskeer. NamRA sê goedere sluit in […]
Cyril sal Sondagaand praat oor KZN-aantygings - July 11, 2025
President Cyril Ramaphosa gaan Sondagaand die nasie toespreek oor ernstige nasionale veiligheidskwessies. Dit volg nadat die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, skokkende bewerings gemaak het wat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en top polisie- en politieke leiers met dwelmkartelle en misdaadsindikate verbind. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa was by ‘n […]