Lynministerie het vordering met landbou gemaak - October 22, 2025
Finansminister Ericah Shafudah, het die voltooiing van 63 boorgate en ‘n landwye vee-inentingsveldtog aangekondig, as deel van mediumtermyn-begrotingsopdaterings. Groot waterprojekte, insluitend gronddamme in sleutelstreke, is ook op koers vir voltooiing teen die einde van die jaar.
Fitch verwag SA-inflasieteiken op 3% - October 22, 2025
Fitch Ratings sê hy verwag die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal Suid-Afrika se inflasieteiken in volgende maand se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring amptelik tot 3 persent verlaag. Die land se huidige inflasiekoers is tussen 3 en 6 persent. Die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, het in Julie gesê monetêre beleidmakers verkies nou om inflasie op die laagste […]
Trump sê hy wou verkwiste vergadering met Putin vermy - October 22, 2025
President Donald Trump sê sy vergadering met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, is af omdat hy nie ‘n verkwiste vergadering wou hê nie. Dit Withuis sê die twee sal nie binnekort sal ontmoet nie. Die twee leiers het verlede week ná ʼn telefoongesprek wat Trump as uiters reguit en produktief beskryf het, ingestem om mekaar […]
Skaakgrootmeester Daniel Naroditsky sterf op 29 - October 22, 2025
Die Amerikaanse skaakgrootmeester en aanlyn kommentator Daniel Naroditsky het op 29 gesterf. Die gewilde skaakspeler se familie het sy onverwagte dood in ‘n verklaring deur sy klub aangekondig. Naroditsky het in 2007 internasionale aandag getrek toe hy die wêreldkampioenskap vir seuns onder-12 in Antalya, Turkye, gewen het. Hy het in 2010 as 14-jarige, een van […]
Botha se saak eers Februarie ’26 in die hof - October 22, 2025
Die nou beleërde kriptokoning Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove se saak is weer in die laerhof uitgestel, tot 26 Februarie. Die staat het weer uitstel gevra en landdros Olga Muharukua, wat voorheen ongeduldig geraak het, het toegegee dat die staat teruggehou word na ‘n hoërhof interdik wat ondersoekers toegang tot die twee se […]
Hernubare energie onder die loep - October 22, 2025
Namibië is die gasheer van vanjaar se Internasionale Konferensie van Sirkulêre ekonomie, Hernubare energie en Groenwaterstof in Afrika. Die konferensie beoog om gesprekke in Afrika aan te moedig om moderne en volhoubare energie bronne te implementeer. Die konferensie vind in die hoofstad plaas en sluit in akademici van regoor Afrika. Tydens die openingsseremonie het Gaudentia […]
Vlootrekrute lei honger in Simonstad - October 22, 2025
Die DA het sy verontwaardiging uitgespreek oor berigte dat 130 vlootrekrute by die SAS Saldanha-opleidingsbasis honger ly en swak akkommodasie het. Die DA se Nicholas Gotsell sê dit ontbloot diepgaande sistemiese mislukkings in die verdedigingsleierskap. Die rekrute het na bewering maande lank op die minimum rantsoene oorleef te midde van konstruksievertragings by die Simonstad-vlootbasis. Hy […]
VSA se aksies in Venezuela kan menseregte skend - October 22, 2025
Menseregtekenners van die Verenigde Nasies waarsku dat die Verenigde State se geheime optrede en dreigemente om gewapende mag teen Caracas te gebruik, Venezuela se soewereiniteit en die VN-handves skend. Die Amerikaanse president, Donald Trump, voer ‘n militêre veldtog uit wat volgens hom daarop gemik is om die vloei van dwelms uit Latyns-Amerika na die Verenigde […]
Hobatere, Ehi-Rovipuka brand - October 22, 2025
Die polisie in die Kunene-streek versoek die publiek se hulp na ‘n veldbrand Dinsdagaand aan die westelike grens van Etosha Nasionale Park ontstaan het. Dit brand vanaf Hobatere verby die Werda-kontrolepunt tot by Otakavare in die Ehi-Rovipuka-bewarea. Hoofinspekteur Vehangaiza Hindjou, hoof van gemeenskapsake in die Kunene-streek, het aan die nasionale uitsaaier bevestig dat die brand […]
GOOD sê Nsfas-geld word vir aanlyndobbel gebruik - October 22, 2025
Die GOOD-party sê onlangse berigte wat onthul dat sommige studente hulle toelae van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente gebruik om aanlyn te dobbel is nie net tragies nie, maar ‘n simptoom van ‘n baie dieper krisis. Dobbel, wat hoofsaaklik gedryf word deur toenemende digitale toeganklikheid, het op ‘n jaar grondslag met 45,7-persent in Suid-Afrika […]