Afrikane boos oor Trump se Engels-aanmerkings  - July 11, 2025

Liberiërs en talle Afrikane is warm onder die kraag na aanmerkings deur Amerikaanse president, Donald Trump, dat sy Liberiese ampsgenoot, Joseph Boakai, vreeslik mooi Engels praat.  Die aanmerkings word as neerhalend beskou en talle menings is dat dit weer bewys is van hoe oningelig Trump werklik is. Engels is Liberië se amptelike taal en word […]

Read More

Dakar-kampioen wil om die wêreld ry, in 19 dae  - July 11, 2025

Die tweemalige Dakar-motorfietskampioen, Sam Sunderland, gaan in September probeer om in minder as 19 dae om die wêreld te ry. Die 36-jarige Brit sê hy besef dit gaan geestelik meer uitdagend wees as enigiets wat hy nog ooit gedoen het. Kevin en Julia Sanders het die rekord van 19-dae-agt-ure-25-minute in 2002 opgestel, maar die Guinness-wêreldrekords […]

Read More

Afrika Teenkorrupsiedag vandag herdenk  - July 11, 2025

Namibië sluit aan by die res van die vasteland om Afrika Teenkorrupsiedag vandag te vier. Die jaarlikse herdenking herinner aan die dringende behoefte om deursigtigheid, verantwoordbaarheid en die stryd teen korrupsie regoor die kontinent te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige Ombudsman John Walters gesels. 

Read More

Het die staat sy eie rooilyn-maatreëls oortree? - July 11, 2025

Die eerste minister dr. Elijah Ngurare het die einde van die droogtehulpprogram aangekondig. Hy sê voedselbystand is aan amper 385 000 huishoudings verskaf, gelykstaande aan 1,4 miljoen mense in al 14 streke. Dit sluit 1 835 huishoudings met wanvoedingsgevalle in. Mieliemeel, vis, olie, bone en kookolie is voorsien. Ngurare sê verder dat vleis deur Meatco […]

Read More

Nuwe landboumosie, staat kry voorkeur op kommersiële grond - July 11, 2025

Landbouminister Inge Zaamwani het ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê vir toestemming om ‘n wetsontwerp in te dien wat grond-administrasie sal transformeer. Die Grondwetsontwerp sal onder andere die staat voorkeurregte gee om kommersiële grond te bekom en buitelandse besit van sulke grond verbied. Sy sê die wetsontwerp is grootliks ingelig deur resolusies […]

Read More

Namibië poog reeds lank vir gesondheidsooreenkoms met Indië - July 11, 2025

Namibië en Indië gaan saamwerk in gesondheid en medisynevervaardiging. Die memorandum van verstandhouding is onderteken deur gesondheidminister dr. Esperance Luvindao, en Indië se buitelandse sake-minister, dr. Subrahmanyam Jaishankar, vir samewerking op gebiede soos mediese opleiding, navorsing en gesondheidsorgdienste. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku gepraat.

Read More

EU ondersoek Grok na lof vir Hitler - July 11, 2025

Die Europese Unie beskou die anti-Semitiese opmerkings van Elon Musk se klets-bot, insluitend lof vir Adolf Hitler, as uiters ernstig. Skermgrepe op X het verskeie plasings gewys deur die bot, Grok, waarin hy die Nazi-leier prys wat die moord op 6 miljoen Jode bewerkstellig het. Daar was ook beledigende aanmerkings oor Islam en die Turkse […]

Read More

Drank en tabak inflasie baie hoër as algemene koers van 3,7% - July 11, 2025

Die jaarlikse inflasie in Junie het 3,7 persent gemeet, maar die koers vir die alkoholiese drankies en tabak-kategorie was heelwat hoër op 6,9 persent. Die inflasie net vir alkoholiese drankies was 6,7 persent, teenoor 5,1 persent in Junie 2024. Die styging was hoofsaaklik te danke aan die pryse van wit harde drank wat met 7,1 […]

Read More

Finansiële waghond lê R120m se boetes op - July 11, 2025

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het onthul hy het in die afgelope boekjaar boetes van byna 120-miljoen Suid-Afrikaanse rand opgelê. Dit is ‘n afname ná die vorige jaar en word toegeskryf aan die feit dat grootskaalse bedrogsake, soos dié van Steinhoff, afgehandel is. Die finansiële waghond het voortgesette pogings uitgelig om mark-integriteit te versterk […]

Read More

Duitsland sal missiele aan die Oekraïne verskaf - July 11, 2025

Duitsland se kanselier Friedrich Merz het by ‘n konferensie in Rome oor ondersteuning aan Oekraïne gesê die land is bereid om Patriot-missiele van die VSA te koop en aan Kiëf te gee. Hy het lugverdediging met ander leiers en Oekraïnse president Volodymyr Zelensky bespreek, na nog ‘n Russiese massa-lugaanval waarin twee mense dood en 22 […]

Read More