Eerste Birkin-handsak verkoop vir N$178m - July 11, 2025
Die oorspronklike Birkin-handsak, wat deur die modehuis Hermes vir die sanger en aktrise Jane Birkin gemaak is, is op ‘n Sotheby’s veiling in Parys vir net meer as 178,3 miljoen Namibiese dollar verkoop. Dit het die vorige rekord vir die duurste handsak om opgeveil te word, sowat 9,1 miljoen dollar, verpletter. Die swart leersak is […]
71 olifante gejag, lewer 142 000kg droogtehulp-kos - July 10, 2025
Eerste minister Elijah Ngurare het in die Nasionale Vergadering die einde van die droogtehulp-program aangekondig, hoewel voedselhulp nog tot einde Augustus versprei sal word weens vertragings. Ses-en-tagtig olifante is deur die omgewingministerie beskikbaar gestel as voedselhulp, waarvan 71 in agt streke van kant gemaak is. Dit het sowat 142 000 kilogram vleis gelewer, wat in […]
SA hef verbod op Brasiliaanse hoender op - July 10, 2025
Die landboudepartement het ná agt weke amptelik die verbod op Brasiliaanse meganies-ontbeende vleis en hoender opgehef. Die verbod is ingestel nadat voëlgriep op ‘n plaas in Rio Grande do Sul ontdek is, wat veroorsaak het dat 95-persent van Suid-Afrika se meganies-ontbeende vleisvoorraad afgesny is. Georg Southey van Merlog Foods verwelkom die ooreenkoms tussen die departement […]
Kos moet dadelik in Gaza toegelaat word, sê Unicef - July 10, 2025
Die woordvoerder van Unicef, James Elder sê daar is genoeg kos op die grens van Israel om ‘n miljoen mense vir vier maande te voed maar, dit staan net daar. Hy sê dit kan nie genormaliseer word nie. Hulp moet onmiddellik toegelaat word in Gaza.
Daar was diskriminasie teen Caster: Europese Menseregtehof - July 10, 2025
Die Groot Kamer van die Europese Hof vir Menseregte het vandag ‘n uitspraak van 2023 gehandhaaf dat die dubbele 800 meter Olimpiese kampioen Caster Semenya se appèl na ‘n Switserse Federale Tribunaal teen regulasies wat haar verbied het om mee te ding, nie behoorlik aangehoor is nie. Semenya appelleer teen Wêreldatletiek se regulasies dat vroulike […]
Werklose gegradueerde onderwysers soek antwoorde - July 10, 2025
Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het bevestig dat hy ‘n petisie van werklose gegradueerde onderwysers ontvang het. Meer as 15 000 word vanjaar geraak. Hulle eise sluit in massawerwing en die skrapping van onderhoude. Ballotti sê die ministerie is in gesprek met die groep en sal later vandeesmaand antwoord gee.
Khan toor met kolf, lei Eagles na oorwinning - July 10, 2025
Die nasionale vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, het ‘n handige 1-0 voorsprong oor die Suid-Afrikaanse Ontluikende Vrouespan in hul 50-boulbeurt reeks van drie wedstryde opgebou. ‘n Briljante vertoning met die kolf deur Yasmeen Khan het die Eagles op die voorvoet geplaas. Khan het haar eerste internasionale honderdtal aangeteken, met ‘n telling van 145 nie uit nie […]
Namcor-bedrogsaak uitgestel vir borgtog-aansoeke - July 10, 2025
Die Teenkorrupsie-kommissie het altesaam 13 individue en entiteite formeel aangekla vir beweerde korrupsie by Namcor. Die verdagtes, meesal voormalige senior bestuurders by Namcor, het vandag vir die eerste keer in die hof verskyn aangekla van oortredings van die Teenkorrupsiewet en die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad-wet. Die lang lys aanklagte sluit in die korrupte ontvangs van […]
Almal moet pensioen as kollateraal vir huislenings kan gebruik - July 10, 2025
Reaksie word ontvang op die finansminister, Namfisa, en Regeringsinstellings Pensioenfonds wat ‘n pensioengesteunde huisleningskema ingestel het, wat lede toelaat om ‘n deel van hul pensioenspaargeld as kollateraal vir huislenings te gebruik. Dit dek die koop van grond, opknappings of die terugbetaling van eiendomslenings. Kosmos 94.1 Nuus het met Tucna sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha gepraat. Hulle is […]
BoN sal plaaslike goud in buiteland laat raffineer - July 10, 2025
Die Bank van Namibië sê die gebrek aan ‘n plaaslike goudraffinadery sal nie hul plan beïnvloed om goud by die nasionale reserwes te voeg nie. Adjunk-goewerneur Ebson Uanguta verduidelik dat Namibië se rou goud in die buiteland geraffineer sal word om aan die suiwerheidstandaard van 99,9 persent te voldoen. Goewerneur Johannes !Gawaxab het opgemerk dat […]