Rise vra vir ondersoek-kommissie na KZN-aantygings - July 10, 2025
Rise Mzansi sê die parlementêre ondersoek na bewerings van politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nie genoeg nie, en moedig president Cyril Ramaphosa aan om dringend in te tree. Die party vra vir ’n kommissie van ondersoek, onder leiding van ’n afgetrede regter, om die aantygings wat polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak het, ten volle […]
Nog reisbeperkings na VSA, die keer Nigerië - July 10, 2025
Die Amerikaanse-ambassade in Nigerië het aangekondig dat visums vir tydelike verblyf in die VSA vir Nigeriese burgers nou tot drie maande verminder is. Dit is die nuutste in ‘n reeks van reisbeperkings wat deur Washington aangekondig is, met baie daarvan wat Afrika-lande raak. Nigeriërs kon voorheen verskillende lengte visums kry, afhangend van die aard van […]
Somalië op die rand van ‘n hongersnood-krisis - July 10, 2025
Somalië staar tans ernstige voedselonsekerheid in die gesig, met 4,6 miljoen mense wat voedseltekorte ervaar. Stéphane Dujarric, die VN-woordvoerder vir die sekretaris-generaal, het verslaggewers meegedeel dat 1,8 miljoen kinders onder vyf jaar na verwagting vanjaar akuut ondervoed sal wees. Hy sê voedselbystand het met 50 persent afgeneem in vergelyking met die vorige jaar, en byna […]
Bestuurskenner sê oor Namcor se geldsake en onreëlmatighede - July 10, 2025
Namcor bly in die nuus, vir al die verkeerde redes. Behalwe vir onreëlmatighede, lyk sy finansies bedroef en het hy in sy 2022/23-boekjaar ‘n rekord netto verlies van bykans 1,3 miljard Namibiese dollar gely. Dit kom na die nasionale oliemaatskappy verlede jaar ‘n reddingsboei van 1,2 miljard dollar van die regering gekry het, wat gehelp […]
Inflasie vir Junie bekend, alles is op - July 10, 2025
Hooflyninflasie in Junie het op 3,7 persent ingekom, effe hoër as Mei se 3,5 persent. Mirjam Shihepo van die Namibiese Statistieke-agentskap het meer. Intussen het voedselpryse so gestyg op ‘n jaargrondslag: Vrugte is 16 persent duurder met vis wat 10,3 persent op is. Groente jaag jou 10,2 persent meer uit die sak en vleis, 9,8 […]
Kenner reageer op kommer oor elektrisiteitsekerheid - July 10, 2025
Reaksie kom in oor die kommer van die drie parlementêre staande komitees oor die land se energietoekoms. Die energie-uitdagings verg vinnige en beslissende optrede, veral oor voortdurende kragbeperkings en hoë invoere. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner Harald Schütt.
Dangote wil brandstof in streek, vanaf Namibië versprei - July 10, 2025
Nigerië se Dangote-petroleumraffinadery beplan om stoortenks in Namibië te bou om ten minste 1,6 miljoen vate petrol en diesel te berg, met die doel om geraffineerde brandstof aan Suider-Afrika te verskaf. Volgens Reuters beklemtoon die stap die raffinadery se ambisie om brandstofvoorraad in Afrika en verder te oorheers, wat moontlik energiehandelsvloei in die streek sal […]
Pakkette aangebied vir Brave Warriors-ondersteuners na Botswana - July 10, 2025
Die Namibiese Sokkervereniging sal ten minste 10 busse mobiliseer om Brave Warriors-ondersteuners na Francistown in Botswana te vervoer vir die komende FIFA Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde. Ondersteuners word aangemoedig om by die konvooi aan te sluit wanneer Namibië op 1 September teen Malawi en op 8 September teen São Tomé te staan sal kom. Ondersteuners het slegs ‘n […]
Geen duidelike raamwerk in sekuriteitstelsel in Namibië nie - July 10, 2025
Tydens ‘n sitting van die Nasionale Vergadering het die AR-leier, Job Amupanda, die gebrek aan ‘n duidelike raamwerk binne Namibië se nasionale sekuriteitstelsel uitgelig. Daar is ook ‘n behoefte aan ‘n kode om die gedrag en bestuur van personeel in uniform te lei.
MK lê kriminele klagte teen Mchunu en Sibiya - July 10, 2025
Die MK-party het ‘n strafsaak teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu en adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya by Pretoria se Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. Dit is vir meineed en regsverydeling ná bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het beweer dat Mchunu en Sibiya medepligtig is by ‘n sindikaat, beheer deur dwelmkartelle en sakelui, wat […]