Asiel-aansoeke vir Noord-Afrikane in Griekeland gestaak - July 10, 2025

Griekeland gaan alle asielverhore vir migrante wat op skepe van Noord-Afrika aankom, vir drie maande staak, te midde van ‘n toename in migrante uit Libië. Die eerste minister, Kyriakos Mitsotakis, het aan die parlement gesê die pad na Griekeland is gesluit en alle migrante wat onwettig die land wil betree, sal in hegtenis geneem en […]

Read More

Texas-amptenare kan nie vrae beantwoord nie - July 10, 2025

Amptenare in Texas word al hoe meer deur die media en die gemeenskap gekritiseer oor hoeveel hulle gedoen het, of nie gedoen het nie, voor die Guadaluperivier oorstroom het. Vyf dae na die vloede kan amptenare nog steeds nie ‘n tydskaal van die gebeure voorsien nie. Minstens 120 mense is dood en nog 170 mense […]

Read More

Bewaringsgebiede verdien groot - July 10, 2025

Namibië se beskermde gebiede genereer inkomste van 140 miljoen Namibiese dollar per jaar en ondersteun ongeveer 500 000 mense. Dit is volgens die hersiene beleid rakende mynwese in beskermde gebiede. Die beleid moet nog aan die Kabinet voorgelê word vir goedkeuring. Dit lui dat Etosha Nasionale Park jaarliks sowat 90 miljoen Namibiese dollar uit toegangs- […]

Read More

Rassekwotas in aanstelling skend vryhede - July 10, 2025

Sakeliga sê die gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming bevat rasgebaseerde aanstellingskwotas wat onmoontlik is om te bereik en is skadelik vir die ekonomie. Die sake-instelling en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, voer aan die nuwe regulasies is ongrondwetlik en sê dit skend die vryheid van werkgewers en werknemers. Sakeliga se uitvoerende hoof, Piet le Roux, […]

Read More

Hittegolf in Europa dood 2 300 - July 10, 2025

Die onlangse rekord-hittegolf in Europa het die dood van 2 300 mense veroorsaak, volgens ‘n wetenskaplike studie. Die studie het 12 stede ondersoek en bevind dat sowat 1 500 van die sterftes toegeskryf kan word aan die uitwerking van klimaatsverandering. Friederike Otto, ‘n professor in klimaatswetenskap aan die Imperial College London, het meegewerk aan die […]

Read More

Trump dreig 50% tariewe oor Bolsonaro-vervolging - July 10, 2025

President Donald Trump van Amerika sê sy administrasie gaan ʼn tarief van 50-persent instel op alle invoere uit Brasilië. Hy beskuldig dié land van aanvalle op Amerikaanse tegnologiemaatskappye en van ʼn heksejag teen die verregse oudpresident, Jair Bolsonaro. Hy word beskuldig dat hy ʼn staatsgreep beplan het na sy naelskraapse nederlaag in die 2022-verkiesing. Brasilië […]

Read More

Namibië neem Indiese betaalstelsel aan - July 10, 2025

Namibië is die eerste land wat Indië se Unified Payment Interface-tegnologie aanneem. Die stelsel is in daardie land ontwikkel om interbank-transaksies deur selfone moontlik te maak. Dit kom na die Indiese premier Narendra Modi se besoek aan Namibië. Hy het tydens ‘n gesamentlike sitting by die Nasionale Vergadering gepraat.

Read More

Outjo se vermeende beesslagters verskyn weer - July 10, 2025

Die vier vermeende beesslagters van Outjo sal weer vandag in die hof op die dorp verskyn. Landdros Peingonjabi Shipo het op 8 April die saak uitgestel en beveel hulle bly in aanhouding. Killian Masela, 47, Matheus Kataeko, 34, Vevangapi Kambampa, 30, en Titus Nekongo, 41 word daarvan beskuldig dat hulle 31 beeste in die Outjo-distrik van […]

Read More

VF+ sê tariewe is as gevolg van geopolitiek - July 10, 2025

Die Vryheidsfront Plus sê Amerika se aangekondigde handelstariewe van 30-persent het waarskynlik ‘n onderliggende geopolitieke motivering en is ‘n regstreekse aanval op die ekonomiese voordele wat AGOA vir Suid-Afrika inhou. Jaco Mulder van die party sê die tariewe is ook ‘n reaksie op Suid-Afrika se groeiende diplomatieke en ekonomiese bande met lande wat deur Amerika […]

Read More

Houthi’s sink skip, dood vier in Rooi See - July 10, 2025

Minstens vier mense is dood na Houthi-rebelle ‘n vragskip in die Rooi See gesink het terwyl talle ander bemanningslede ontvoer is. Altesaam 22 bemanningslede, meestal Filippyne, was aan boord, asook ‘n sekuriteitspan van drie lede. Beeldmateriaal wat die militante groep vrygestel het, toon hoe gewapende mans aan boord van die skip gaan wat deur Griekeland […]

Read More