Sonder basislading-aanleg sal Namibië afhanklik bly vir krag - July 10, 2025
Die uitvoerende hoof van NamPower, Simson Haulofu, het die regering versoek om ‘n nasionale basislading kragsentrale te ontwikkel om elektrisiteitskoste te verminder en afhanklikheid van invoere te beëindig. Hy het parlementêre komitees toegespreek en sê dat Namibië, ten spyte van vordering met hernubare energie, nie langtermyn-energiestabiliteit het nie.
Ruto waarksu betogers, sê hulle moet in die been geskiet word - July 10, 2025
Die Keniaanse president William Ruto het gewaarsku teen pogings om die regering omver te werp, enkele dae nadat 31 mense in landswye anti-regeringsbetogings dood is. Sy ernstigste opmerkings nog volg terwyl die land worstel teen ‘n vlaag gewelddadige optogte oor die ekonomiese stilstand, korrupsie en polisiewreedheid. Hy sê die land sal nie vernietig word deur […]
Reuse Russiese aanval op Oekraïne - July 10, 2025
Rusland het die grootste lugaanval tot nog toe op Oekraïne geloods kort na Amerikaanse president Donald Trump se kritiek op sy Russiese eweknie Vladimir Putin. Volgens Oekraïnse president Volodymyr Zelensky is 728 hommeltuie en 13 kruiser- of ballistiese missiele afgevuur. Die stad Lutsk, ‘n transito-sentrum vir militêre en humanitêre hulp naby die Poolse grens, het […]
Laurent Mekies vervang Horner by Red Bull - July 10, 2025
Red Bull se Formule Een-span het die aanstelling van die Franse ingenieur Laurent Mekies as nuwe uitvoerende hoof bevestig nadat Christian Horner onseremonieel afgedank is. Die Brit was die laaste 20 jaar in die posisie en het aan die media gesê geen redes is verstrek nie. Mekies sluit aan van Red Bull se suster-span, Racing […]
FIC spoor N$60m se Namcor-betalings op - July 10, 2025
Plaaslike media berig dat die Finansiële Intelligensiesentrum 60 miljoen Namibiese dollar se betalings van Namcor wat na privaat rekenings oorbetaal is, opgespoor het. Volgens Namibian Sun, behoort van die rekenings aan sommige individue wat die week gearresteer is. Die fondse was volgens berigte bedoel om bergingsfasiliteite aan te skaf. Dit kom na die arrestasies van […]
Tariewe – waar sal dit stop? - July 10, 2025
Die heffing van 30 persent se Trump-tariewe teen Suid-Afrika vanaf 1 Augustus bly in die nuus. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die uitvoerende direkteur van die landbou-organisasie Saai, dr. Theo de Jager vir meer hieroor. Volgens De Jager is die kwessie uitdagend omdat daar ook geen uitsluitsel is oor waar die tariewe gaan stop […]
VSA stel sanksies teen Albanese in - July 10, 2025
Amerika stel sanksies in teen ʼn spesiale rapporteur van die Verenigde Nasies se Menseregteraad, Francesca Albanese. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die sanksies teen Albanese is omdat sy regstreeks met die Internasionale Strafhof kontak het in sy pogings om Amerikaanse of Israelse burgers te vervolg. Rubio beskuldig Albanese ook van anti-Semitiese uitlatings, […]
Dis Djokovic teen Sinner - July 10, 2025
Die sewemalige Wimbledon-kampioen, Novak Djokovic, en die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, takel mekaar in die halfeindronde. Die Serwiër het die Italianer, Flavio Cobolli verslaan, terwyl Sinner die Amerikaner Ben Shelton geklop het. In die vroueafdeling is Iga Swiatek van Pole en die Switser, Belinda Bencic, albei deur na hulle eerste halfeindronde in die grasbaan-Grand […]
Registreer in Augustus vir plaaslike verkiesings - July 10, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië sal van 4 tot 19 Augustus aanvullende registrasie van kiesers doen, voor die streeksraad- en plaaslike owerheidverkiesings op 26 November. Die kommissie doen ‘n beroep op alle kwalifiserende Namibiërs om te registreer en te gaan stem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder.
Honderde daag (weer) op vir enkele vakante pos - July 10, 2025
In ‘n toneel wat glad nie ongewoon vir Namibië is nie, het 581 mense opgedaag vir ‘n enkele skoonmaker pos by die Karanawa-laerskool op Nkurenkuru. In 2019 het 4 000 mense opgedaag toe nege skoonmaker poste by die Sentraal-hospitaal in die hoofstad geadverteer is. Twee jaar gelede het ‘n restaurant in Windhoek 16 poste geadverteer […]