Trump se koper-tarief veroorsaak breuk in koperpryse - July 10, 2025

Die Amerikaanse besluit om ‘n 50 persent tarief op invoere van geraffineerde koper in te stel, het onmiddellik gevolge gehad. Kopermarkte het skerp reageer, met Amerikaanse Comex-termynkontrakte wat met meer as 12 persent gestyg het tot ‘n rekord 12 330 Amerikaanse dollar per ton, terwyl Londense pryse met 1,5 persent gedaal het, wat ‘n ongekende […]

Read More

Parlementêre herrie: Het sy gevloek of nie? - July 10, 2025

Die Nasionale Vergadering het ‘n ondersoek van stapel gestuur teen Sophia Shaningwa wat blykbaar F-jou gesê het aan ‘n LP van die opposisie tydens ‘n die sitting. Die speaker, Saara Kuukongelwa-Amadila het bevestig dat sy wag op die Hansard-verslag, wat transkripsies van parlementêre debat bevat, met direkte uitsprake. Die aantyging is deur die Huis se […]

Read More

Wit Afrikaners moet opsies heroorweeg vir toekoms in Afrika - July 10, 2025

Die Vryheidsfront Plus sê tydens die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se begrotingspos in die Parlement, was vooroordeel teen wit mense, veral Afrikaners, baie duidelik. Wynand Boshoff van die party sê verteenwoordigers van die MK-party en EFF het herhaaldelik na wit mense as “gronddiewe” verwys en gesê die teiken dat 30-persent van alle grond […]

Read More

NamWater het groot kommer oor onwettige water-tap en vandalisme teen kanaal - July 10, 2025

NamWater sê hy is diep bekommerd oor toenemende gevalle van onwettige water-tap en vandalisme langs die kanaalsisteem in die Omusati-streek, veral in die omgewing van Ongongo en Ombalantu. Dit beskadig kritiese infrastruktuur en ontwrig die vloei en verspreiding van water na gemeenskappe. Sommige van die onwettige water-konneksies word direk onder die kanaal aangebring, wat die […]

Read More

Miljoene liters riool daagliks in Sand- en Bloedrivier gestort - July 10, 2025

Die DA vra onmiddellike ingryping by die Polokwane-munisipaliteit se voortslepende storting van onbehandelde riool in die Sand- en Bloedrivier. Dit word veroorsaak deur die munisipale waterbehandelingsaanleg se vervalle infrastruktuur. Johan Retters van die DA sê ondersoeke het onthul meer as 70 megaliter onwettige riool word daagliks in die riviere gestort:

Read More

Trump vergader met vyf Afrika-leiers - July 10, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag met leiers van vyf Afrika-lande vergader terwyl hy ‘n internasionale handelsoorlog opskerp wat ontwikkelende lande bedreig. Sy administrasie het ook groot dele van Amerikaanse buitelandse hulp vir Afrika geskrap, wat teen 2030 tot meer as 14 miljoen bykomende sterftes kan lei, volgens navorsing wat deur die Lancet mediese joernaal […]

Read More

Robot kan galblaasoperasie uitvoer - July 10, 2025

‘n Eksperimentele robot kan nou op sy eie ‘n delikate, ingewikkelde fase van ‘n galblaasoperasie uitvoer. Dit is ‘n belangrike stap in die rigting van outomatiese mediese prosedures, sê Axel Krieger, ‘n navorser van die Johns Hopkins-universiteit in Amerika. Bestaande chirurgiese robotte word op ‘n afstand deur chirurge beheer. Die nuwe stelsel gebruik egter kunsmatige […]

Read More

Waak teen brande, veral as jy partytjie hou - July 9, 2025

NamPol het ‘n verklaring uitgereik oor toenemende brande by huise. Kinders wat sonder volwasse toesig gelaat is sterf soms in hierdie brande, terwyl ander slagoffers beseer word en huise met waardevolle besittings afbrand. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat, wat ‘n ernstige waarskuwing rig.

Read More

Lesotho verklaar noodtoestand oor werkloosheid - July 9, 2025

Lesotho het ‘n nasionale noodtoestand aangekondig oor die drastiese toename in werkloosheid en massiewe werksverliese terwyl dit steier onder die ekonomiese gevolge van VSA-tariewe en minder buitelandse hulp. Die ekonomie, wat tekstiel-intensief is, het reeds met hoë werkloosheid, veral onder jongmense, gesukkel voor president Donald Trump hulp gesny en invoertariewe verhoog het. Die wet, wat […]

Read More

Wêreld moet Hamas se seksuele geweld erken - July 9, 2025

Hamas het seksuele geweld tydens die aanval op Israel op 7 Oktober 2023 gebruik, volgens ‘n vrouegroep van Israeliese regs- en geslagskundiges. Die Dinah-projek sê die verslag is gebaseer op ‘n oorsig van bewyse, insluitend eerstehandse getuienis van ‘n oorlewende van ‘n poging tot verkragting. Daar is ook getuienis van 15 voormalige gyselaars in Gaza, […]

Read More