Jasper en Cobus Wiese dalk 37ste stel Bokke-broers - July 9, 2025

Rugby: Jasper en Cobus Wiese word dalk die 37ste stel broers om Suid-Afrika te verteenwoordig indien hulle Saterdag saam op die veld is in die tweede toets teen Italië in Gqeberha. Agsteman Jasper het reeds 28 wedstryde vir die nasionale span gespeel en is in die beginspan gekies. Cobus, wat slot of flank vir die […]

Read More

Swakopmund se YEDI-program teiken jeug-entrepreneurs - July 9, 2025

Die Swakopmund-munisipaliteit het sy YEDI-program bekend gestel. Die Youth Entrepreneurial Development-inisiatief is daarop gemik om jeug en kleinsake-eienaars toe te rus met noodsaaklike toerusting, opleiding en ondersteuning om hulle besighede te help groei. Die amptelike bekendstelling vind Vrydag plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale woordvoerder Linda Mupupa gepraat.

Read More

Young Gladiators takel SA in Vroue Onder-20 halfeindronde - July 9, 2025

Namibië se Young Gladiators en Botswana het gekwalifiseer vir die halfeindronde van die Vroue Onder-20-kompetisie by die Streek 5-spele, na die Gladiators Botswana met 2-1 verslaan het. Namibië het eerste in Groep A geëindig en sal teen Suid-Afrika, die naaswenner in Groep B, in die halfeindronde te staan kom. Botswana was tweede in Groep A […]

Read More

NNN sien groot geleenthede in Indië-samewerking - July 9, 2025

Tydens besprekings oor die verhouding tussen Namibië en Indië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah verklaar dat beide lande die kapasiteit het om handel en belegging uit te brei. Sy het die enorme potensiaal vir die verdieping van samewerking in sleutelsektore soos groen waterstof, mynbou en waardetoevoeging, olie en gas, landbou- en voedselontwikkeling beklemtoon.

Read More

Korrupsie-ondersoeke ‘moet verder gaan as Namcor’ - July 9, 2025

Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat altesaam agt verdagtes gearresteer is oor vermoedelike korrupsie by Namcor. Voormalige bestuurders by Namcor Imms Mulunga, Jennifer Hamukwaya, Cedric Willemse en Olivia Dunaiski is gister in hegtenis geneem. Die broers Peter Elindi en Malakia Elindi, wat die militêre brandstof-voorsiener Enercon besit, is vandag gearresteer saam met een van Malakia se […]

Read More

Deepsea Mira gaan Volans-1x-eksplorasieput begin boor - July 9, 2025

Rhino Resources het ‘n kontrak vir olieboorwerk aflandig van die Namibiese suidkus aan Northern Ocean se Deepsea Mira toegeken. Die kontrak behels die boor van ‘n put vir Rhino Resources, nog ‘n put vir ‘n ander operateur, en drie opsionele putte. Die boorwerk sal in die middel van die maand begin en na raming 112 […]

Read More

Mattel stel Barbie met tipe 1-diabetes bekend - July 9, 2025

Die speelgoedvervaardiger Mattel het sy eerste Barbie-pop met tipe 1-diabetes bekendgestel om insluiting en empatie onder kinders te bevorder. Die nuwe pop dra ʼn klein toestel wat haar bloedsuiker voortdurend meet. Sy het ʼn foon met ʼn toepassing wat haar help om haar bloedsuikervlakke te monitor en ʼn klein, draagbare insulienpomp wat outomaties ʼn dosis […]

Read More

Namibië, Egipte gaan saamwerk op landbougebied - July 9, 2025

‘n Namibiese afvaardiging gelei deur Paulus Mbangu, voorsitter van die Nasionale Raad se landbou- en besproeiingskomitee, het met Egipte se landbouminister, Alaa Farouk, vergader. Dit was volgens Egiptiese media om landbou-samewerking tussen die twee lande te versterk. Daar is ooreengekom dat tegniese komitees gevorm sal word om ‘n memorandum van verstandhouding op te trek met […]

Read More

Cyril moet dringend ingryp oor tariewe: Solidariteit - July 9, 2025

Solidariteit vra president Cyril Ramaphosa om dringend op te tree om reuse-werksverliese te voorkom na Amerika se besluit om van volgende maand ‘n heffing van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere op te lê. Die vakbond sê die regering se gebrek aan optrede kan belangrike uitvoere belemmer en moontlik die voordele van die Wet op Groei en […]

Read More

Eerste middel vir malaria in babas, kleuters ontwikkel - July 9, 2025

Novartis het goedkeuring ontvang in Switserland vir Coartem Baby, die eerste middel wat malaria in babas en baie jong kinders behandel. Babas is tot dusver formulerings gegee wat vir ouer kinders bedoel is, wat die risiko van oordosis verhoog. Malaria-entstowwe word ook nie vir die jongste babas goedgekeur nie. Agt Afrika-lande wat aan die assessering […]

Read More