Red Bull dank spanhoof Christian Horner af - July 9, 2025
Motorsport: Die Formule Een-spanhoof van Red Bull, Christian Horner, is met onmiddellike effek afgedank, na 20 jaar in beheer. Hy het sedert 2005 die span tot ses vervaardigers- en agt bestuurderskampioenskappe aangevoer. ‘n Vroulike kollega het in Februarie verlede jaar bewerings van onbehoorlike gedrag teen Horner gemaak, wat later op appèl van die hand gewys […]
FIC ontdek dermiljoene se vermeende geldwassery - July 9, 2025
Die Finansiële Intelligensiesentrum het die afgelope jaar byna 100 miljoen Namibiese dollar in verdagte transaksies geïdentifiseer, wat tot verskeie kriminele ondersoeke gelei het. Die sentrum se direkteur Bryan Eiseb 96,9 miljoen dollar wat verdag voorgekom het, is bevries.
SA polisieminister ontken kontak met tenderpreneur - July 9, 2025
Polisieminister Senzo Mchunu sê hy het die tenderpreneur, Vusimusi “Cat” Matlala wat in Mei vir poging tot moord aangekeer is, nog nooit ontmoet of met hom gepraat nie. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, beweer hy het bewyse op Matlala se foon gevind wat die minister verbind met ongemagtigde kommunikasie deur ‘n vennoot, Brown Mogotsi. Die […]
20 mense, ook 6 kinders, sterf in Gaza-lugaanvalle - July 9, 2025
Die burgerlike verdedigingsagentskap van Gaza sê 20 mense, insluitende ses kinders, is dood in twee Israelse lugaanvalle. Die Israelse Weermag stel ondersoek in. Die aanvalle het plaasgevind nadat die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, en die Amerikaanse president, Donald Trump, in Washington gepraat het oor die deurlopende veldtog om Hamas in Gaza te verslaan. Nethanyahu […]
Bavuma lei benoemings vir Krieket SA-toekennings - July 9, 2025
Krieket: Kaptein Temba Bavuma, wat die Proteas na hul eerste Wêreld-toetskampioenskapstitel gelei het, is vir drie Krieket Suid-Afrika-toekennings benoem. Hy is saam met Kagiso Rabada, Marco Jansen, Ryan Rickelton en Keshav Maharaj benoem as Manspeler van die Jaar. Bavuma is ook benoem as Toetsspeler van die Jaar en Ondersteuner-speler van die Jaar. Annerie Dercksen, Marizanne […]
Unam en Nust berei voor vir gratis onderrig - July 9, 2025
Terwyl die regering se plan om gratis tersiêre onderwys in 2026 in te stel, vorm aanneem, het Unam en Nust begin om interne strukture in plek te stel terwyl hulle wag op finale leiding van die nasionale taakmag wat deur die lynministerie daargestel is. Beide universiteite neem aktief deel aan die nasionale konsultasies terwyl hulle […]
Tariewe skep gefragmenteerde wêreldhandelstelsel - July 9, 2025
Die Amerikaanse tarief van 30-persent is nie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie nie en die moontlike negatiewe ekonomiese impak moenie onderskat word nie. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se sakeskool. Hy sê die realiteit in die wêreld is dat die aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid ‘n gefragmenteerde wêreldhandelstelsel skep wat […]
Texas-goewerneur sê alles word ingespan om oorlewendes te vind - July 9, 2025
Texas se goewerneur, Gregg Abbot, sê 161 mense word steeds vermis ná die verwoestende kitsvloede wat dele van die staat verlede naweek getref het. Onder die vermiste persone is vyf kinders en een berader van Camp Mystic, waar minstens 27 mense in die oorstroming dood is. Ongeveer 109 mense is in die ramp dood waarvan […]
China se vrystellings daal effe - July 9, 2025
China se koolstofvrystellings het met 1,6-persent in die 12 maande tot Mei 2025 gedaal, terwyl die wêreld alles uithaal om vrystellings te verminder in sy stryd teen klimaatsverandering. Die land is tans verantwoordelik vir sowat 30-persent van die wêreldwye vrystellings. Volgens die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug is die verskuiwing grootliks te […]
Telecom doen onderhoud in Suide, onderbrekings sal ervaar word - July 9, 2025
Telecom Namibia sal tot 19 Julie daagliks onderhoud aan mobiele en vaste dienste uitvoer, tussen 10-uur saans en vier-uur soggens. Die werk het reeds Dinsdag begin. Kliënte in Keetmanshoop, Nautedam, Grünau, Karasburg, Velloorsdrif, Warmbad, Noordoewer, Aussenkehr en Ariamsvlei kan kortstondige diensonderbrekings ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ndapewa Neshila, eksterne kommunikasiepraktisyn by Telecom Namibia.