Stad Whk weet nog nie wanneer hy oor watertariewe sal vergader nie - July 9, 2025

Stad Windhoek kan geen uitsluitsel gee oor presies wanneer die stadsraad sal vergader om die watertariewe afwaarts aan te pas vanaf die huidige kategorie 4-droogtestatus. Luidens die vergadering van alle rolspelers wat reeds in Mei gehou is om die beskikbare waterbronne te bepaal, het die sentrale gebied se waterbronne genoeg water om vir twee reënseisoene […]

Read More

NamPol sê oor dobbelhuis-roof - July 9, 2025

Meer inligting is bekend oor die gewaagde roof van 324 700 Namibiese dollar en verskeie selfone by die Windhoek Lounge & Gambling House in Ausspannplatz, Windhoek. Die verdagtes, gewapen met messe, het hulself met geweld in die kantoor ingedring waar die kassier geld getel het voordat hulle met die kontant en fone gevlug het. Kosmos […]

Read More

Graanproduksie sal klein verbetering vanjaar toon - July 9, 2025

Graanproduksie in Namibië sal na verwagting vanjaar effe toeneem, wat bydra tot ‘n wyer streeksherlewing na verlede jaar se droogte. Die land se oes sal egter waarskynlik steeds onder die gemiddelde in kom, volgens die Julie verslag deur die Voedsel- en Landbou-organisasie. Die assessering toon ‘n gemengde herstel regoor Suider-Afrika, waar reënvalpatrone skerp tussen lande […]

Read More

Effe verligting van die erge koue - July 9, 2025

Dit lyk asof die bitter koue vir eers verby is, en sonnige toestande word oor die grootste deel van die land verwag. Die kus en dele van die Namib kan in die komende dae Oosweer en sandstorms te wagte wees. Kosmos 94.1 Nuus het met weerman Odillo Kgobetsi by die Windhoek Weerkantoor gepraat.

Read More

Namibië se kragbeperkings moet aangespreek word - July 9, 2025

Tydens ‘n gesamentlike konsultasievergadering tussen drie staande komitees is dringende kommer uitgespreek oor Namibië se energietoekoms. Swapo-LP, dr. Tobie Aupindi, het die behoefte aan vinnige en beslissende optrede oor die land se energie-uitdagings beklemtoon. Hy het ‘n beroep gedoen op doelgerigte en gekoördineerde oplossings vir die voortdurende kragbeperkings en hoë invoere.

Read More

Geslagsgeweld is nasionale krisis – ActionSA - July 9, 2025

ActionSA se vroueforum in Gauteng sê geslagsgeweld is ʼn nasionale krisis wat dringende, gekoördineerde en streng optrede vereis. Die party veroordeel die grusame moord op Letta Ndlovu, ʼn inwoner van Lawley in Johannesburg-Suid. Haar lewensmaat, Ayanda Mthimkhulu, het haar in ʼn voorval van geslagsgeweld vermoor. Die vroueforum se sekretaris, Mpumi Edward, sê Ndlovu se dood […]

Read More

Wes-Afrika sal 10% daling in komende kakao-oes sien - July 9, 2025

Wes-Afrikaanse kakaoproduksie, wat twee agtereenvolgende ondergemiddelde oeste in die gesig staar, sal waarskynlik nog ‘n afname van 10 persent in die komende seisoen aantekend, ten spyte van effens verbeterde weerstoestande. Die Ivoorkus en Ghana – die wêreld se twee voorste produsente – saam met Nigerië en Kameroen, is verantwoordelik vir meer as twee derdes van […]

Read More

Strafhof reik lasbriewe uit vir Taliban-leiers - July 9, 2025

Die Internasionale Strafhof het lasbriewe uitgereik vir senior Taliban-leiers in Afghanistan oor die onderdrukking van vroue. Die regters het in ‘n verklaring gesê daar was “redelike gronde” om te vermoed dat die Opperleier Haibatullah Akhundzada en hoofregter Abdul Hakim Haqqani hierdie misdade teen die mensdom gepleeg het. Die hof sê die beweerde misdade word sedert […]

Read More

Voedselprogram kort N$8,8m vir verdere bystand - July 9, 2025

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het 54 741 mense in Namibië in Mei vanjaar bereik deur middel van sy geteikende voedselsekerheidsintervensies, maar die agentskap benodig ‘n bykomende 8,8 miljoen Namibiese dollar om bedrywighede tot November te onderhou. Die befondsingstekort verteenwoordig 16 persent van die program se totale ses maande vereiste van 3,1 miljoen Amerikaanse dollar. […]

Read More

Trump se tariewe is rampspoedig - July 9, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA het kommer uitgespreek oor Amerika se invoertariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere wat op 1 Augustus ingestel word. Die Amerikaanse mark, met ondersteuning van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, het in 2024, 4 persent van die land se totale uitvoere uitgemaak. Bennie van Zyl van TLU SA sê […]

Read More