Vance is positief oor skietstilstand in Gaza - October 22, 2025
Amerika se visepresident JD Vance is positief oor die Israel-Hamas-skietstilstand en sê dis op ʼn baie goeie plek. Hy is op besoek aan Israel om die brose skietstilstandooreenkoms te ondersteun. Die skietstilstand wankel onder herhaalde skendings sedert dit op 10 Oktober tot stand gekom het. Hamas het sedertdien twee Israelse soldate doodgeskiet en Israel het […]
Djokovic onttrek uit Parys Meester - October 22, 2025
Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het aan die komende Parys Meesters onttrek maar geen rede bekendgemaak nie. Die 38-jarige speler het Saterdag by die Six Kings Slam in Saoedi-Arabië onttrek aan sy uitspeelwedstryd vir derde plek teen die Amerikaner, Taylor Fritz. Djokovic sal na verwagting steeds volgende maand in die ATP-jaareindtoernooi speel, waar hy met […]
M-Pokke: So lyk ons gereedheid, of nie… - October 22, 2025
Namibië se tweede geval van M-pokke is in Swakopmund aangemeld. Gesondheidminister Esperance Luvindao, wat die aankondiging in die parlement gemaak het, is gevra of die streke voorbereid is en wat die begroting is om M-pokke te beveg. Luvindao het soos volg geantwoord, of nie…
Dorsland was dragtig - October 22, 2025
Meer inligting is bekend oor die stropery van Dorsland, die bekende swart renosterkoei oor die naweek. Die polisie sê sy is met ‘n klein kailber wapen geskiet. Sy is Sondag deur veldwagters van die Save the Rhino-trust in die Sorris Sorris-bewarea onder ‘n swart seil gevind. Sy was dragtig. Simson Uri-Khob van die trust het […]
Belastinghervormings eers volgende jaar gereed - October 22, 2025
Daar was verwagtinge dat belastinghervormings deel sou vorm van die middeltermynbegroting wat Dinsdag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is. Die finansminister het van die hervormings uitgelig… Maar, belastingbetalers sal moet wag tot Februarie volgende jaar.
Konstruksie sal dalk verligting kry met repokoers wat af is - October 22, 2025
Die onlangse repokoersverlaging sal na verwagting ‘n beskeie hupstoot aan konstruksie- en eiendomsbeleggings gee deur laer leenkoste en verbeterde kredietbekostigbaarheid. Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat strukturele teenwinde soos verhoogde konstruksie-insetkostes en ingevoerde materiale steeds uitdagend is en grootskaalse beleggings afskrik.
Simbrabul behaal N$650 000 by veiling - October 22, 2025
’n Nuwe Namibiese rekordprys van 650 000 Namibiese dollar is Dinsdagaand by die Sim Xtravaganza-veiling by die Bank Windhoek Agra-ring in die hoofstad behaal. Dié prestasie behoort aan teler Hardus Breedt en dekende Simbrabul Rumba Kelloggs. Hy was ook onlangs beide by die Grootfontein- en Windhoek Skou bekroon en was ook Grootfontein se Champion of […]
PDM dank sewe lede af - October 22, 2025
Die PDM het Dinsdag die lidmaatskap van sewe van sy lede met onmiddellike effek beëindig omdat hulle as onafhanklike kandidate in die komende verkiesings staan, of opposisiekandidate ondersteun. Die party se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, sê hulle optrede is direk in stryd met die PDM se grondwet. Volgens die grondwet verbeur partylede hul lidmaatskap wanneer hulle […]
Risikobepalings nodig na brandbestryders in Soweto aangeval is - October 22, 2025
Die UDM versoek die regering om personeelveiligheid eerste te stel deur dringende risikobepalings in munisipaliteite uit te voer. Die party sê brandbestryders is hierdie week aangeval toe hulle reageer het op ‘n brand in ‘n plakkershut in die Elias Motswaledi informele nedersetting in Soweto. Die UDM se waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê tot tyd en […]
Uganda stem op 15 Januarie - October 22, 2025
Uganda se verkiesingskommissie het Dinsdag, 15 Januarie as die datum vir die land se algemene verkiesing vasgestel, waarin die 81-jarige president Yoweri Museveni sal poog om sy bewind tot byna ‘n halfeeu te verleng. Museveni se regering het die grondwet twee keer verander om ouderdom- en termynbeperkings te verwyder, wat hom toegelaat het om sedert […]