Bibi sê sy doelwitte in Gaza bly staan - July 9, 2025
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy dink nie hulle militêre veldtog in Gaza is afgehandel nie, maar onderhandelaars werk beslis aan ʼn skietstilstandooreenkoms. Dit volg nadat president Donald Trump se gesant in die Midde-Ooste, Steve Witkoff, gesê het hy hoop hulle bereik hierdie week ʼn tydelike skietstilstand van 60 dae. Netanyahu het die […]
Wimbledon se uitbreiding draai in die hof - July 9, 2025
Die beplande uitbreiding van die Wimbledon-kompleks word tans in ‘n hofsaak in Londen beveg. Die groep Save Wimbledon Park doen regstappe nadat die All England Club beplanningstoestemming gekry het om die hoofterrein te verdriedubbel teen ‘n geraamde koste van 4,8 miljard Namibiese dollar. Dit sal 39 nuwe bane insluit en sal die daaglikse toeskouertal van […]
Demonstrasie teen Stad Windhoek op 28 Julie - July 9, 2025
Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat hulle ervaar met Stad Windhoek, veral met rekenings en ander bestuurskwessies. Hy verduidelik. ‘n Demonstrasie sal op 28 Julie gehou word. Die groep eis ‘n vergadering met die burgemeester.
Parlementêre komitee het groot kommer oor 30% tariewe - July 9, 2025
Die parlementêre gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel sê hy is bekommerd oor die 30-persent tariefverhoging wat die Amerikaanse regering op Suid-Afrikaanse uitvoere gaan instel. Die komiteevoorsitter, Sonja Boshoff, sê die tarief ondermyn die geskiedkundige handelsamewerking tussen Amerika en Suid-Afrika en is ʼn ernstige bedreiging vir strategiese sektore soos sitrus, makadamia, voertuigonderdele, staal en […]
Vrywillige mag in Nigerië afgemaai - July 9, 2025
‘n Gewapende bende het ‘n groep mans naby die dorpie Kukawa in Nigerië se Plateau-staat aangeval en minstens 50 mense doodgemaak. Die slagoffers was lede van ‘n vrywillige mag wat in die lewe geroep is om dorpenaars teen strooptogte te beskerm. Die BBC se Afrika-korrespondent, Will Ross, verduidelik.
Trump mag federale werkers afdank, sê hof - July 9, 2025
Die Amerikaanse Appèlhof het ‘n laerhofbevel opgehef wat die omvangryke afleggings van federale werkers deur president Donald Trump se administrasie geblokkeer het. Die besluit kan lei tot honderde duisende werkverliese, insluitend by die departemente van die Tesourie, Landbou, Handel en Gesondheid. Regter Ketanji Brown Jackson was die enigste lid van die regbank van nege regters […]
Gesondheid reageer op hoë selfmoordsyfer - July 9, 2025
Die gesondheidsministerie sê hy integreer en desentraliseer geestesgesondheidsdiente in reaksie op die toenemende voorkoms van selfmoord. Volgens die ministerie se syfers het daar 542 gevalle van selfmoord in die 2023-24 boekjaar plaasgevind waaronder 449 mans, 80 vroue, agt seuns en vyf meisies. Tussen Januarie 2021 en Mei 2022 is 679 selfmoorde in die land aangeteken. […]
VW, Volvo en Toyota herroep modelle - July 9, 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie sê Volkswagen, Volvo en Toyota herroep sekere voertuie as gevolg van veiligheidskwessies. Volkswagen herroep Golf 8 modelle as gevolg van ‘n fout met ‘n sitplekgordel wat beserings in ‘n botsing kan veroorsaak. Volvo herroep sekere XC90 hibriede-voertuie vir ‘n remprobleem teen afdraandes. Phetho Ntaba van die kommissie vra eienaars wat geraak word, […]
Katar vra nog tyd vir Gaza-onderhandelings - July 9, 2025
Katar sê onderhandelings oor ‘n wapenstilstand tussen Israel en Hamas duur voort, maar tyd word benodig nadat die Amerikaanse president Donald Trump optimisme uitgespreek het oor ‘n moontlike deurbraak. ‘n Nuwe ronde gesprekke het Sondag begin, ná 21 maande van gevegte in Gaza. Die ministerie van Buitelandse Sake in Katar se woordvoerder, Majed al-Ansari, het […]
Europa moet oorafhanklikheid op VSA, China afskud - July 9, 2025
Die Franse president, Emmanuel Macron, sê Europese lande moet hul oorafhanklikheid van Amerika en China afskud. Hy het Dinsdag die Verenigde Koninkryk se Parlement toegespreek as deel van sy staatsbesoek aan die land. Macron sê die Europese demokratiese model word bedreig deur buitelandse inmenging, die manipulering van inligting, gesonde verstand wat deur negatiewe emosies oorheers […]