Reuse-huisroof by 77-jarige pensioenaris  - July 9, 2025

Die Erongo-polisie sê twee handwapens en 50 000 Namibiese dollar is by ‘n 77-jarige pensioenaris op Usakos gesteel. Rondom 80 000 dollar se juweliersware is ook gesteel. Volgens die mag het die inbraak in haar kluis in haar huis tussen Donderdag 3 Julie en Maandag 7 Julie plaasgevind. Die inbrekers het toegang gekry deur haar […]

Read More

Steenhuisen lê planne uit vir landbou  - July 9, 2025

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê samewerking met die privaat sektor en nie staatsbeheer nie, sal die volle potensiaal van die landbousektor ontsluit. Hy het die departement se begroting in die Parlement ter tafel gelê en planne uiteengesit om ‘n klimaatslim, jeuggedrewe en inklusiewe voedselstelsel te bou. Steenhuisen sê belangrike ingrypings sluit in, ‘n […]

Read More

Texas steier onder gevolge van kitsvloede  - July 9, 2025

Die dodetal van die oorstromings in sentraal-Texas het Dinsdag tot minstens 107 mense gestyg en rondom 161 word vermis. Die meeste van die sterftes was in die Kerr-distrik, waar amptenare sê 87 liggame is tot dusver gevind, waaronder 56 volwassenes en 30 kinders. Identifikasie was hangende vir 19 volwassenes en sewe kinders. Die boeties Ruffin […]

Read More

Jota het bestuur, te vinnig gery  - July 9, 2025

Die Spaanse polisie sê bewyse dui daarop dat Diogo Jota sy kragtige supermotor, ‘n Lamborghini Huracan, self bestuur het tydens verlede week se ongeluk waarin die sokkerspeler van Liverpool en sy broer dood is. Die owerhede meen ook daar is bewyse dat hy baie vinniger as die spoedgrens gery het. Die multimiljoenêr sokkerspeler was per […]

Read More

Trump is sat vir Putin  - July 9, 2025

Amerikaanse president Donald Trump is sat vir president Vladimir Putin en sê hy oorweeg bykomende sanksies teen Moskou. Trump, wat as presidentskandidaat belowe het om die oorlog in Oekraïne binne ‘n dag te beëindig, kon dit nie doen nie en pogings deur sy administrasie om vrede te bemiddel was onsuksesvol. Trump het Dinsdag sy ergernis […]

Read More

Burger is trots op sy span  - July 9, 2025

Die Welwitschias het hul onoorwonne rekord teen Senegal behou met ‘n 55-17 oorwinning by die 2025 Rugby Afrika-beker toernooi. Hulle gaan daarmee deur na die halfeindrondte van die toernooi wat in Kampala, Uganda gespeel word en draf Sondag teen Algerië, wat 41-6 teen Ivoorkus gewen het, uit. Die direkteur van Namibiese Rugby en tussentydse afrigter […]

Read More

Namcor was sy hande van arrestasies - July 9, 2025

Namcor sê in ‘n verklaring dit neem kennis van mediaberigte oor die inhegtenisneming van voormalige werknemers. Hy bevestig dat geen van die betrokke individue in enige hoedanigheid by Namcor in diens is nie. Die maatskappy is nie in ‘n posisie om te spekuleer of kommentaar te lewer oor die besonderhede van die aanklagte of deurlopende […]

Read More

Groot hoeveelhede dwelms in Junie gevind - July 9, 2025

Al hoe meer dwelms word in die land gevind en die Namibiese polisie sê Junie was geen uitsondering nie. Die mag het 696 kilogram dagga gekonfiskeer. ‘n Totaal van 331 Mandrax-tablette, 7,2 gram kokaïenpoeier, 128 eenhede crack-kokaïen en 14 strooitjies tik is ook gedurende die maand gevind. Daar is 137 verdagtes gearresteer waaronder 129 Namibiërs […]

Read More

Modi kom vandag in Namibië aan - July 9, 2025

Die eerste minister van Indië, Narendra Modi, kom vandag in Namibië aan. Dit is die eerste besoek deur ‘n Indiese eerste minister sedert onafhanklikheid in 1990. Die besoek is deel van sy vyfnasie-toer en sal fokus op die versterking van samewerking in diamanthandel, digitale uitvoere en belangrike minerale soos litium en uraan. Namibië se Hoë […]

Read More

Cyril gee opdrag vir dringende onderhandelings met VSA - July 9, 2025

President Cyril Ramaphosa het die regering se handelsonderhandelingspan opdrag gegee om dringend met die VSA in gesprek te tree op grond van die raamwerkooreenkoms wat Suid-Afrika in Mei aan Amerika voorgelê het. Dit volg nadat die VSA vanaf 1 Augustus ‘n tariefverhoging van 30-persent op alle Suid-Afrikaanse goedere gaan instel. Ramaphosa sê die raamwerkooreenkoms spreek […]

Read More