Borgaansoek vir vermeende daggaboere tot môre uitgestel - July 9, 2025

Die borgaansoek van die vermeende Hochveld-daggaboere, David van der Linden en Armand Schultz, en ‘n werker, Johannes Kamati, is in die Okahandja landdroshof tot môre uitgestel. Dit was weens onvoorsiene omstandighede, volgens plaaslike media. Die drie word tans in die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit aangehou. Gemeenskapslede van Okahandja het ‘n petisie met meer as 3 000 […]

Read More

Daar’s voordele aan Wêreldbank-klassifikasie - July 9, 2025

Nog reaksie is ontvang op Namibië se Wêreldbank-klassifikasie wat van die boonste middelinkomste- na die laer middelinkomste-kategorie aangepas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad gepraat, wat die voordele hiervan beklemtoon.

Read More

BOSA eis verantwoordelike ambassadeur vir VSA - July 9, 2025

BOSA vra president Cyril Ramaphosa om vinnig ‘n geloofwaardige, gekwalifiseerde en gerespekteerde ambassadeur in Washington aan te stel. Die Amerikaanse president Donald Trump het gister aangekondig daar sal van 1 Augustus af ‘n 30-persent tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA gehef word. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê hierdie soort straftariewe sal ‘n […]

Read More

Paolini dank afrigter af na sy vroeg by Wimbledon uitgeskakel is - July 9, 2025

Die wêreld-nommer-vier, Jasmine Paolini, het haar afrigter, Marc Lopez, afgedank nadat sy vroeg uitgeskakel is op Wimbledon. Die 29-jarige Italianer was verlede jaar in die eindstryd, maar het nou in die tweede ronde teen Kamilla Rakhimova van Rusland vasgeval. Die Spanjaard het Paolini in April begin afrig. Lopez is ‘n voormalige wêreld-nommer-drie in die dubbelspel […]

Read More

Gewapende rowers teiken Windhoekse dobbelhuis - July 8, 2025

Twee gewapende rowers het sowat 325 000 Namibiese dollar buitgemaak by ‘n dobbelhuis in Ausspannplatz, Windhoek. Hulle het die personeel vasgebind maar niemand is beseer nie. Hulle het in ‘n motor weggejaag, maar die maak en kleur is nie bekend nie. Inligting is nog skraps en sal opdateer word soos dit ontvang word.

Read More

SA sitrusboere soek wyd vir meer markte - July 8, 2025

Sitrusboere in Suid-Afrika probeer om hul oorsese markte te vergroot om die land se volle uitvoerpotensiaal te benut. Die uitvoerende hoof van die Sitrusprodusentevereniging, Boitshoko Ntshabele sê onderhandelings word reeds gevoer met Japan, Suid-Korea, en Saoedi-Arabië om nuwe markte te bekom. Suid-Afrika, as die wêreld se tweede grootste sitrusuitvoerder na Spanje, genereer 34-miljard Suid-Afrikaanse rand […]

Read More

Oorskot van kinders by Katolieke tehuise word geïdentifiseer - July 8, 2025

Owerhede in Tuan, in Galway County werk had om die oorskot van 802 kinders wat dood is by ‘n tehuis wat deur die Katolieke Kerk vir ongehude moeders bestuur is, te identifiseer. ‘n Ondersoek is reeds ‘n dekade terug geloods en daar word beraam dat by die netwerk van tehuise in Ierland, meer as 9 […]

Read More

Moontlike promotor gekies vir SA se F1 Grand Prix-bod - July 8, 2025

Motorsport: Suid-Afrika se Formule Een-reëlingskomitee het die keuse van ‘n moontlike promotor afgehandel terwyl die land sy bod voorberei vir sy eerste Grand Prix sedert 1993. Die komitee sê die keuse is gemaak na ‘n gestruktureerde en regverdige veelfasige proses. Een van die vereistes vir suksesvolle registrasie was ‘n volledig-terugbetaalbare deposito van tien-miljoen Suid-Afrikaanse rand. […]

Read More

Mense met gestremdhede sal ook baat by nuwe paaie - July 8, 2025

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa het tydens die bekendstelling van Winnie Madikizela Mandela-rylaan in die hoofstad gesê dat nuwe paaie mense met gestremdhede sal akkommodeer. Dit is ‘n beduidende uitdaging regoor die land. Hy het ook burokrasie en vertragings in hervestiging blameer vir stadige infrastruktuurvordering. Byna ‘n miljard Namibiese dollar word in Windhoek-paaie […]

Read More

Welwitschias draf Senegal 55-17 kaf by 2025 Rugby Afrika-beker - July 8, 2025

Die Welwitschias het hul onoorwonne rekord teen Senegal behou met ‘n 55-17 oorwinning by die 2025 Rugby Afrika-beker toernooi. Hulle gaan daarmee deur na die halfeindrondte van die toernooi wat in Kampala, Uganda gespeel word. Drieë deur Johan Retief en Jurgen Meyer in die eerste helfte is gevolg deur meer deur André van der Berg, […]

Read More