ACC slaan toe op senior Namcor beamptes, ook Mulunga - July 8, 2025
Ondersoekers van die Teenkorrupsie Kommissie het Namcor se voormalige besturende direkteur, Imms Mulunga, en drie ander senior beamptes in hegtenis geneem. Dit gaan oor vermoedelike korrupte transaksies by die nasionale oliemaatskappy. Volgens berigte word ‘n voormalige finansiële hoof gekoppel aan ‘n ongemagtigde oliebloktransaksie van 100 miljoen Namibiese dollar in Angola. ‘n Voormalige logistieke bestuurder word […]
Trump-tariewe op SA gaan Namibië raak, goed of sleg - July 8, 2025
Die heffing van 30 persent se Trump-tariewe teen Suid-Afrika vanaf 1 Augustus kan ook ‘n beduidende impak plaaslik hê. Volgens landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher moet die buurland se regering onmiddellik met onderhandelings begin omdat die tariewe werksverliese tot gevolg kan hê. Hy sit die risiko’s so vir Kosmos 94.1 Nuus uiteen.
Meer inligting oor Lafrenz-transitoroof bekend - July 8, 2025
Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na die transito-rowers wat verlede week by die Lafrenz Total-diensstasie in Windhoek toegeslaan het. NamPol woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi sê die verdagtes word gesoek in verband met aanklagte van roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en kwaadwillige eiendomskade. Die gewapende verdagtes het twee sekuriteitsbeamptes van Southern […]
Houthi-rebelle hervat aanvalle in Rooi See - July 8, 2025
In ander nuus is ‘n beskadigde vragskip in die Rooi See aangeval nadat Houthi-rebelle van Jemen ‘n maandelange stilstand in hul aanvalle in die noodsaaklike seeroete beëindig het. Die Liberiese massa-draer Eternity is aangeval kort nadat die Irans-gesteunde Houthis aanspreeklikheid aanvaar het vir ’n vroeëre aanval op ’n ander vragskip, die Magic Seas. Hulle sê […]
Stad Windhoek stel sy kant van saak oor skuld - July 8, 2025
Die Stad Windhoek het 409,9 miljoen Namibiese dollar in agterstallige rekeninge aan skuldinvorderaar RedForce oorhandig. Woordvoerder Lydia Amutenya sê die oorhandiging is deel van die 944 miljoen dollar wat teen Mei 2025 aan die stad verskuldig was. Kosmos 94.1 Nuus het met Amutenya gepraat.
Kaapstad vier rekord-plesierbootseisoen - July 8, 2025
Drie-en-tagtig plesierbote het in die 2024/25-seisoen in Kaapstad vasgemeer. Elf skepe het die Moederstad die eerste keer besoek en die aantal passasiers en bemanningslede het met 16-persent toegeneem. Die seisoen het 1,32-miljard Suid-Afrikaanse rand tot die plaaslike ekonomie bygedra en 2 000 werksgeleenthede ondersteun. Cruise Cape Town het in Maart 22 skepe aangemeld, wat die […]
Trump stuur meer wapens na Oekraïne - July 8, 2025
President Donald Trump se misnoeë met sy Russiese eweknie Vladimir Putin raak al hoe duideliker en hy het bevestig dat die VSA meer wapens na die Oekraïne sal stuur. Dit kom na hy ‘n besending in Pole teruggehou het. Trump sê die wapens is hoofsaaklik vir verdediging.
Jofra Archer gereed vir terugkeer teen Indië - July 8, 2025
Krieket: Engeland se afrigter, Brendon McCullum, sê die snelbouler Jofra Archer is beskikbaar vir insluiting in die span vir die derde toets teen Indië wat Donderdag op Lord’s begin. Die 30-jarige Archer het in Februarie 2021 laas in ‘n toets gespeel weens ‘n reeks beserings aan sy elmboog en lae-rug. Die reeks is gelykop nadat […]
Teenkorrupsie Kommissie bly gereed vir kubermisdade - July 8, 2025
Die Teenkorrupsie Kommissie versterk sy digitale veiligheid-kapasiteit en personeelontwikkeling om kuberverwante korrupsiesake beter te bestuur. Die kommissie se direkteur-generaal, Paulus Noa, sê die instelling belê in nuwe instrumente en deurlopende opleiding om tred te hou met bedreigings soos kuberkrakery en gepeuter met data. Hy sê dat kubermisdaad voortdurend ontwikkel, en dat ondersoekers moet voorbly deur […]
Polisie-portefeuljekomitee takel ernstige bewerings - July 8, 2025
Die voorsitter van die parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê ingewortelde korrupsie verlam die SAPD en die regstelsel. Dit volg ná die KwaZulu-Natalse Polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se uitlatings oor sameswering in wetstoepassing en die regbank. Cameron vra vir ‘n onafhanklike ondersoek, ‘n Parlementêre debat en dat dossiere van politieke moorde bevries word. Hy […]