Bibi benoem Trump vir Nobel-prys vir Vrede - July 8, 2025

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het president Donald Trump van Amerika vir die Nobel-prys vir Vrede benoem. Die twee leiers het gister in Washington ontmoet, die eerste keer sedert Amerika se aanvalle op Iran se kernprogram. Netanyahu het Trump se pogings geloof om vrede in die Midde-Ooste te bewerkstellig en sê hy […]

Read More

NFA juig oor samewerking met Botswana-sokkervereniging - July 8, 2025

Die sportministerie het ‘n vennootskap tussen die Namibiese en Botswana sokkerverenigings aangekondig, wat die Brave Warriors toelaat om internasionale tuiswedstryde in Francistown, Botswana, aan te bied. Dit ondersteun voortgesette kompetisie terwyl Namibië sy sportinfrastruktuur opgradeer. Cassius Moeti, die waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging, het meer.

Read More

Ondonga koning se aartappel projek behoort 200t te lewer - July 8, 2025

Die King’s Project, geleë in Okashana Kuukongo waNehale in die Oshikoto-streek, sal na verwagting ongeveer 200 ton aartappels in sy eerste seisoen oes. Die inisiatief word ondersteun deur die Ondonga koning, Fillemon Shuumbwa, en het grond van ongeveer 100 hektaar omskep en 100 werksgeleenthede verskaf. Die aartappels sal in die plaaslike mark verkoop word en […]

Read More

Mbalula vaar uit teen die media - July 8, 2025

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê sekere joernaliste het hulle rol as onafhanklike verslaggewers prysgegee om na bewering politieke agendas te bevorder. Terwyl die party mediavryheid verdedig, mag dit nie met straffeloosheid verwar word nie. Mbalula beweer hierdie soort gekaapte joernalistiek ondermyn die publiek se vertrou en die waarde van mediavryheid, en op […]

Read More

IDF is aanspreeklik meen oud-woordvoerder - July 8, 2025

Oud-woordvoerder van die Israelse weermag en navorser by die Stigting vir Verdediging van Demokrasieë, Jonathan Conricus, het met Britse media gepraat oor aantygings dat Israelse soldate oorlogsmisdade in Gaza pleeg. Hy sê dit gebeur maar, daar is aanspreeklikheid.

Read More

Man deurboor in Spanje tydens bulwedloop-fees - July 8, 2025

‘n Man is vandag, die tweede dag van Pamplona se San Fermin-fees, deurboor en sewe ander beseer. Daar is duisende mense in die stad se nou strate vir die eeue-oue tradisie van om met bulle te hardloop. In die fees se bulwedlope, word vegbulle in die strate losgelaat. Dinsdagoggend het een van die bulle in die middel […]

Read More

Toename in ongelukke wek kommer - July 8, 2025

Die MVA-fonds het ‘n beduidende toename in padongelukke, sterftes en botsings in 2025 aangeteken sedert verlede jaar, wat ernstige kommer wek oor padveiligheid landwyd. Kosmos 94.1 nuus het met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder vir ongeluk- en beseringsvoorkoming gepraat.

Read More

Voorvalle van diefstal van voedselhulp duur voort - July 8, 2025

Die voortdurende diefstal van voedselhulp wek groot kommer. Die jongste voorval het in Otjozondjupa plaasgevind en volgens wat berig word is twee Otavi-amptenare, wat verantwoordelik is vir die verspreiding van die voedsel reeds gearresteer is en vry is op borg. Dit kom na ‘n voorval in Kavango Oos waar ‘n 48-jarige man betrap is waar […]

Read More

Sinomine-afleggings: Minister verklaar dispuut - July 8, 2025

Arbeidsminister Wise Immanuel wil die vrywillige aflegging van 650 werkers by Sinomine Resources staak en sal ‘n versoener deur die kantoor van die arbeidskommissaris aanstel om die dispuut te hanteer. Immanuel het nie toegang tot die myn verkry nie en het met die werkers, die Arbeidskommissaris en die vakbond by die Arbeidskantoor in Tsumeb vergader. […]

Read More

Auas-Kokerboom II geniet weer aandag - July 8, 2025

NamPower het konstruksie van sy 2 miljard Namibiese dollar Auas-Kokerboom II-transmissielyn hervat na vertragings wat veroorsaak is deur befondsing tekorte. Die projek vorm deel van die maatskappy se finansiële prioritiseringsstrategie en is daarop gemik om die betroubaarheid en kapasiteit van Namibië se nasionale netwerk te verbeter. Die projek behels die konstruksie van ‘n 400 kiloVolt […]

Read More