Trump verloor goeie wil met sy optrede - July 8, 2025

Reaksie word ontvang op Amerikaanse president Donald Trump wat sê ‘n bykomende 10 persent invoertarief sal gehef word op enige land wat hom by die BRICS-groep se “anti-Amerikaanse beleide” skaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder van Suid Afrika, wat sê Trump se optrede laat heelwat goeie wil verlore […]

Read More

Ondangwa nader NHE met agterstand van 7 000 huise - July 8, 2025

Die Ondangwa-stadsraad staar ‘n behuisingskrisis in die gesig, met 7 000 mense op hul waglys uit informele en semi-formele gebiede. Dit is volgens die raad se uitvoerende hoof, Ismael Namgongo, tydens ‘n ondertekening van ‘n memorandum van verstandhouding met die Nasionale Behuisingsonderneming. Die voorsitter van die onderneming se raad, Toska Sem, het die sukses van […]

Read More

ANC probeer kaderontplooiing verdoesel – DA - July 8, 2025

Die DA sê die ANC verdedig die onverdedigbare deur volledige en onvoorwaardelike steun te gee aan minister Nobuhle Nkabane van Hoër Onderwys en Opleiding, wat krimineel ondersoek word. Die DA beskuldig Nkabane dat sy die Parlement bedrieg het om kaderontplooiing te verdoesel. Karabo Khakhau van die party waarsku dat sulke ondersteuning aanspreeklikheid ondermyn en demonstreer […]

Read More

Lula kap terug teen Trump, sê wêreld kort nie ‘n keiser nie - July 8, 2025

Ontwikkelende nasies het die beskuldiging van president Donald Trump dat hulle “anti-Amerikaans” is, van die hand gewys, met Brasilië se president wat sê die wêreld het nie ‘n keiser nodig nie. Trump het die blok met ekstra tariewe gedreig. Aan die einde van die BRICS-beraad in Rio de Janeiro was Lula uitdagend toe joernaliste hom […]

Read More

Modric sal by AC Milan aansluit - July 8, 2025

AC Milan se afrigter, Massimiliano Allegri, sê Kroasië se kaptein, Luka Modric, sal na die Klub-Wêreldbekertoernooi by die Italiaanse klub aansluit vanaf Real Madrid. Modric, wat in September 40 word, het in 2012 van Tottenham na Madrid verskuif en word sedert verlede maand verbind met ‘n skuif na die Italiaanse klub nadat hy aangekondig het […]

Read More

ACC knap vaardighede op vir kubermisdaad - July 8, 2025

Die Teenkorrupsie-kommissie is tans besig om sy digitale sekuriteitskapasiteit en personeelontwikkeling te versterk om kuberverwante korrupsiesake beter te bestuur. Direkteur-generaal Paulus Noa sê hulle belê aktief in nuwe toerusting om tred te hou met die uitdagings. Volgens hom ontwikkel kubermisdaadbedreigings voortdurend, en ondersoekbeamptes moet voor bly. Die Kommunikasie Reguleringsowerheid, Cran het onlangs onthul dat ‘n gekombineerde […]

Read More

Enoch lê Tesourie se toewysing ter tafel - July 8, 2025

Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, sal vandag die Nasionale Tesourie se begrotingspos in die Parlement ter tafel lê. Dit kom weke nadat die derde nasionale begroting in die Nasionale Vergadering aanvaar is ná die goedkeuring van die fiskale raamwerk. Die Tesourie sê die begroting sal onder meer die departement se prestasies, vordering en jaarlikse […]

Read More

Man wat gyselaar gehou is, gesels oor Gaza-oorlog - July 8, 2025

Keith Siegel, ‘n Amerikaanse Israeli wat deur Hamas gevange gehou is, sê dat Amerikaanse president Donald Trump die mag het om die vrystelling van die oorblywende gyselaars te verseker en die oorlog in Gaza te beëindig. Siegel, 66, en sy vrou Aviva is by die Kfar Aza kibboets ontvoer op 7 Oktober 2023. Hy is […]

Read More

Sinner sê dis jammer Dimitrov moes onttrek - July 8, 2025

Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner van Italië is deur na die kwarteindronde by Wimbledon nadat die Bulgaar, Grigor Dimitrov, weens ʼn besering moes onttrek terwyl hy met 6-3, 7-5, 2-2 voorgeloop het. Die Serwiër, Novak Djokovic, het die Australiër, Alex de Minaur, naelskraaps geklop om sy 16de Wimbledon-kwarteindronde te bereik. Die Amerikaner Ben Shelton en Flavio […]

Read More

Ysland se ondersoek na Samherji sal nie die Fishrot-saak raak nie - July 8, 2025

Meer reaksie word ontvang op die Yslandse distriksaanklaer wat sy ondersoek na die visserye-maatskappy Samherji se aandeel in Fishrot voltooi het. Volgens ‘n Yslandse ondersoekende program, Kveikur, sluit misdade wat plaaslik gepleeg is in geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die plaaslike Fishrot-hofsaak is geskeduleer om in Augustus te begin. Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, […]

Read More