Liberiese regering vra om verskoning vir burgeroorloë - July 8, 2025

Liberië se president, Joseph Boakai het ‘n formele verskoning aan die slagoffers van die land se twee burgeroorloë tussen 1989 en 2003 gerig. Hy sê die staat kon meer gedoen het. Na raming het 250 000 mense tydens die twee konflikte gesterf, met baie meer beseer of sielkundig geraak deur verkragting, slagtings, of omdat hulle […]

Read More

Epstein het geen privaat kliëntelys nie - July 8, 2025

Die Amerikaanse Departement van Justisie en die FBI sê hulle kon geen bewyse vind dat die finansier en seksoortreder, Jeffrey Epstein, ʼn lys met hoëprofielklante gehad het nie. Die departement sê hulle kon ook geen bewyse vind dat Epstein vermoor is nie, maar dat hy wel in 2019 in ʼn New Yorkse tronk selfdood gepleeg […]

Read More

Banyana skop Wafcon met ‘n wen af - July 8, 2025

Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het die Afrikabeker-vrouetoernooi op ʼn goeie noot afgeskop met ʼn 2-0-oorwinning oor Ghana in Marokko. Linda Motlhalo het met ʼn strafskop geslaag voordat Jermaine Seoposenwe die tweede doel in die eerste helfte bygevoeg het. Die Suid-Afrikaners begin dus die toernooi met die maksimum punte. Banyana Banyana kom Vrydag in Groep […]

Read More

Agribank dagvaar grootkop vir N$5,7m - July 8, 2025

Johannes Ndeutepo, die uitvoerende hoof van Nammic, die beleggingsmaatskappy van die Mynwerkers-unie en voormalige Omuthiya raadslid wat twee weke gelede afgedank is omdat hy in Windhoek woon, word deur Agribank gedagvaar. Die bank eis 5,7 miljoen Namibiese dollar by hom en wil beslag lê op plaas Oorblut in die Oshikoto-streek wat net meer as 3 […]

Read More

Skok oor verslag wat rassediskriminasie in gesondheid vind - July 8, 2025

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê daar is geen plek vir diskriminasie in die gesondheidsorgsektor nie. Dit volg ná ‘n Artikel 59-verslag deur Advokaat Tembeka Ngcukaitobi, wat mediese skemas soos Discovery en die mediese fonds vir staatsamptenare se rassepartydigheid teen swart gesondheidsorgverskaffers bevestig. Die Raad vir Gesondheidsorgbefondsers veroordeel die verslag as gebrekkig en onwetenskaplik. […]

Read More

Trump kondig eerste tariewe aan, dreig 25% as daar vergelding is - July 8, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het ‘n tarief van 25 persent op invoere vanaf Japan en Suid-Korea vanaf 1 Augustus aangekondig, terwyl hy die eerste twee van ‘n verwagte 12 briewe aan handelsvennote op sy Truth Social-platform onthul het. Hy het bygevoeg dat as hulle besluit om hul tariewe op Amerikaanse goedere te verhoog, sal daardie […]

Read More

Russiese vervoerminister dood aangetref kort na hy afgedank is - July 8, 2025

Die voormalige minister van Vervoer in Rusland, Roman Starovoit, is in sy privaat motor met ‘n skietwond aangetref. Die voorval volg nadat president Vladimir Putin hom uit sy rol verwyder het. Rusland se Ondersoekkomitee sê die omstandighede rondom die dood van die voormalige goewerneur van die Koersk-streek word ondersoek, maar dit wil voorkom asof hy […]

Read More

Namibia Berries brei uit  - July 8, 2025

Standard Bank het 40 miljoen Namibiese dollar in befondsing aan Namibia Berries verskaf, ‘n grootskaalse bloubessieboerderyprojek naby Divundu in die Kavango Oos-streek. Volgens The Brief is die finansiering gelyk verdeel tussen bedryfskapitaal en kapitaaluitgawes. Namibia Berries beoog om meer as 500 hektaar bloubessies in vier fases te ontwikkel. Tans is 90 hektaar onder produksie, met […]

Read More

Cosatu vra dringende ondersoek na KZN-aantygings  - July 8, 2025

Die vakbond Cosatu vra vir ‘n dringende onafhanklike ondersoek na aantygings oor ernstige korrupsie deur senior beamptes in die polisie, die regbank en korrektiewe dienste. Matthew Parks van Cosatu sê die aantygings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi kan die openbare vertroue in wetstoepassing ondermyn. Hy dring daarop aan dat sodanige ernstige aantygings vinnig […]

Read More

Al hoe meer IDF soldate praat oor gruweldade  - July 8, 2025

Die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede Francesca Albanese het gereageer op kommentaar op ‘n SkyNews-verslag van ‘n Israeliese soldaat wat sê hulle het opdrag gekry om burgerlikes in Gaza dood te maak, al is hulle nie ‘n bedreiging nie. Sy sê die tipe kommentaar raak al hoe meer algemeen. 

Read More