Archer en Atkinson moontlik vandag vir Engeland ingespan - July 8, 2025
Die snelboulers Jofra Archer en Gus Atkinson kan moontlik vir Engeland ingespan word in die derde toets teen Indië. Die besoekers het die tweede toets op Edgbaston met ‘n reuse-336 lopies gewen om die reeks gelykop te maak. Archer het die laaste van sy 13 toetse in Februarie 2021 gespeel voordat ‘n rits beserings sy […]
Plaaslike kankerregister ingesluit in wêreld kankeratlas - July 8, 2025
Namibië se Nasionale Kankerregister is ingesluit in die Globale Kankeratlas, ‘n belangrike dataprojek deur die Amerikaanse Kankervereniging, die Wêreld Gesondheidsorganisasie en die Internasionale Agentskap vir Kanker-navorsing. Die insluiting is ten spyte van plaaslike uitdagings soos die gebrek aan ‘n formele Kankerbeheerplan en dat kanker nie ‘n aanmeldbare siekte is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]
Tsumeb is gasheer vir derde been van tydren-kampioenskap - July 8, 2025
Die derde been van die 2025 Nasionale Tydren-kampioenskappe vind Saterdag op Tsumeb plaas. Inskrywings het Maandagaand gesluit en 12 spanne se name is op die lys. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
Namibërs leen ruim by mikroleners - July 8, 2025
Namfisa se oorsig van die eerste kwartaal toon dat amper 260 000 Namibiërs mikroleners 7,6 miljard Namibiese dollar skuld. Die owerheid sê daar is ‘n 6 persent daling teenoor die vorige kwartaal in die totale leningsboek maar ‘n 13 persent toename op ‘n jaargrondslag. Net in die eerste kwartaal is 1,4 miljard dollar se lenings […]
ECB vertraag implementering van nuwe kragtariewe vir Whk, Nored - July 8, 2025
Die Elektrisiteitsbeheerraad het nuwe tariewe vir 2025–2026 vir die Stad Windhoek en Nored goedgekeur, maar die implementering is opgeskort totdat hulle aan spesifieke regulatoriese voorwaardes voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ECB se woordvoerder, Ferdinand Molale, wat verduidelik.
Samesmelting van Ohorongo, Whale Rock, verwerp - July 8, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie het die samesmelting tussen Ohorongo-sement en Whale Rock Cement blokkeer, met verwysing na kommer oor potensiële teen-mededingende gevolge in die Namibiese sementmark. Die voorgestelde samesmelting sou behels dat Whale Rock Schwenk Namibia, die meerderheidsaandeelhouer van Ohorongo, verkry het. Die kommissie sê die monopolie sou vererger word deur ‘n tekort aan invoere wat […]
Ramaphosa reageer op Trump se BRICS-dreigement - July 8, 2025
President Cyril Ramaphosa het die Amerikaanse president Donald Trump se opmerkings gekritiseer waarin hy BRICS-lede met strawwe dreig. Trump het met ‘n bykomende 10 persent tarief gedreig teen lande wat hulself vereenselwig met wat hy bestempel as die “teen-Amerikaanse beleid van BRICS”. Dit volg nadat BRICS-lede gesê het hulle wil verder beweeg as ‘n VSA-geleide […]
Nam-dwelmmuil kry 8 jaar in Johannesburg - July 8, 2025
Die Namibiese dwelmmuil wat in September verlede jaar by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg in hegtenis geneem is met 68 pakkies kokaïen in haar maag, Pauline Mbangula, 30, se saak is afgehandel. Sy is in die Kemptonpark landdroshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir dwelmhandel en besit van dwelms, na sy skuldig gepleit […]
SA Toerisme se R100m tender laat lig die wenkbroue - July 8, 2025
Die DA sê hy is diep bekommerd oor onlangse onthullings van beweerde onreëlmatighede rondom ‘n tender ter waarde van 100-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat SA Toerisme aan Pomme Express toegeken het. Die party sê die maatskappy kon skynbaar nie sy ervaring bewys nie, en het vals en misleidende inligting as deel van sy tender voorgelê. Haseena […]
Kenia-betogings dood 10 - July 8, 2025
Minstens tien mense is landwyd in Kenia dood en 29 beseer na die polisie op betogers gevuur het. Die betogings was die 35ste herdenking van die historiese Saba Saba betogings van 7 Julie 1990, wat druk vir ‘n meerparty-demokrasie van stapel gestuur het. Die staatsbeheerde Keniaanse Nasionale Kommissie vir Menseregte het die polisie van buitensporige […]