Dodetal styg bo 100 in Texas - July 8, 2025
Die dodetal in die Texas-vloede het tot minstens 104 gestyg, met ten minste 75 net in die Kerr-distrik. Beamptes sê die soektog na dosyne mense wat vermis word gaan voort, te midde van waarskuwings van meer reën. Camp Mystic, ‘n somerkamp vir meisies in die Kerr-distrik, het bevestig dat minstens 27 meisies en personeel onder […]
Goudraffinadery nie plaaslik ekonomies vatbaar - July 7, 2025
John Roos, landsbestuurder van B2Gold Namibia, sê ‘n plaaslike goudraffinadery is nie ekonomies lewensvatbaar nie. Hy het gereageer op die Bank van Namibië se plan om plaaslike goud vir reserwes te gebruik. Roos verduidelik.
Caitlin Bosman wen MS Global – Tiener kroon - July 7, 2025
Nog ‘n Namibiese skoonheid het haar naam in die geskiedenisboeke verewig. Namibië se Caitlin Bosman is vandag in Lima, Peru aangewys as die algehele wenner van die MS Global – Tiener afdeling. Sy was die eerste Namibiër wat aan die kompetisie deelgeneem het, en natuurlik ook die eerste Namibiese wenner. Sy het ook twee onderafdelings gewen, […]
Herwinningskopers moet registreer in Kaapstad - July 7, 2025
Die Stad Kaapstad raai alle herwinnings-terugkoopsentrums aan om voor 31 Julie vir akkreditasie te registreer om boetes te vermy. Dit is ondernemings wat herwinbare materiaal van afvalversamelaars en herwinningsdiensverskaffers koop. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê herwinningsentrums speel ‘n belangrike rol in Kaapstad se sirkulêre ekonomie:
Sanjog Gupta van Indië nuwe IKR uitvoerende hoof - July 7, 2025
Krieket: Sanjog Gupta van Indië is as die sewende uitvoerende hoof van die Internasionale Krieketraad aangestel. Hy volg die Australiër Geoff Allardice op, wat in Januarie bedank het. Die IKR het in Maart met ‘n internasionale werwingsproses begin om die perfekte kandidaat te vind, en het meer as 2 500 aansoeke uit 25 lande ontvang. […]
Old Mutual bevorder finansiële vaardighede met meestersklas - July 7, 2025
Old Mutual Namibia het ‘n gratis finansiële opvoedingsmeesterklas bekendgestel. Twee streke sal gekies word vir die eerste sessies in September en Oktober vanjaar. Die program is daarop gemik om finansiële vaardighede landwyd te bevorder en word volgende jaar na alle streke uitgebrei. Mignon du Preez, die volhoubaarheidsbestuurder by Old Mutual het meer.
Abed Shikongo bewys Afrikakampioen-status met uitklophou - July 7, 2025
Abed Shikongo het sy onoorwonne rekord behou toe hy Malawi se Byson Gwayani in die sewende rondte van hul geveg Saterdag uitgeslaan het. Shikongo, Namibië se WBA (E) Pan-Afrika Super Weltergewig-kampioen, se titel was nie op die spel nie, maar hy het gewys dat hy gereed is vir groter uitdagings. Shikongo se professionele rekord het verbeter […]
Risiko van bek-en-klou ‘nog nooit so hoog’ - July 7, 2025
Die veeartsenydirektoraat het biosekuriteitsbeheer by grensposte verskerp na ‘n toename in bek-en-klouseergevalle in buurlande, met die doel om Namibië se veebedryf teen potensiële uitbrekings te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat. Hy sê die risiko was nog nooit so hoog nie.
Infrastruktuur bemoeilik uitvoere, ook van SME’s - July 7, 2025
Namibië se deelname aan die Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom en daar was kritiek omdat SME’s nie werklik voordeel trek nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat oor die belangrikheid daarvan dat SME’s ook deelneem en dat waardetoegevoegde produkte uitgevoer word.
Minder water in laaste week uit damme onttrek - July 7, 2025
Die land se damme vertoon goed, met heelwat minder water wat in die laaste week onttrek is. Die sentrale bronne staan op 79,7 persent, met Swakoppoort op 92,6 persent. Von Bach is op 87,9 en die Omatako op 51,9 persent. In die Ooste is die Otjiverodam op 51,9 persent, die slikdam op 5,2 persent, die […]